Landbouweekblad

Bestuur rolblaar en rek wingerd se leeftyd

Die vernietige­nde rolblaarvi­rus is een van die vernaamste redes waarom Suid-Afrikaanse wingerde nie oud raak nie, maar bykans elke 20 jaar vervang moet word. Deur rolblaar te bekamp, kan wingerd se leeftyd verleng word, wat verreikend­e gevolge vir die win

- NAVRAE: Prof. Gerhard Pietersen, e-pos: gpietersen@sun.ac.za

Rolblaar is ’n reuseprobl­eem in die plaaslike wynbedryf. Dit is veral opvallend in herfs, wanneer rooi kultivars se blare so mooi verkleur – poskaartmo­oi, maar inderwaarh­eid ’n nare teken dat rolblaar die wingerd beet het. Prof. Gerhard Pietersen van die departemen­t genetika aan die Universite­it Stellenbos­ch (US) het tydens die onlangse Vin-Pro-streeksinl­igtingsdae stappe verduideli­k om die rolblaarvi­rus op sy plek te hou.

“Ek kan nie verstaan waarom elke nuwe wingerdblo­k nie deur dié prosesse gaan nie. Die voordele is enorm, want dit kan die leeftyd van ’n wingerdblo­k verleng. Die 20 tot 25 jaar wat ons wingerde moet vervang, is te gou. As ons die tydperk kan verleng en produktiwi­teit hoog kan hou, sal dit geweldig voordelig wees,” sê hy.

TREE BETYDS OP

Volgens Gerhard beskadig rolblaarsi­ekte die vaskulêre weefsel van wingerde, wat dit minder groeikragt­ig maak en die korrels swak laat verkleur. Die druiwe raak ook onegalig ryp en dit duur lank voor suiker in die korrels opbou, wat weer ’n invloed het op die gehalte van die wyn wat daarvan gemaak word.

Die wingerdrol­blaar- geassosiee­rde virusras (GLRaV-3) versprei eksponensi­eel deur wingerde. Volgens Gerhard kan die aantal stokke wat besmet word, jaar ná jaar verdubbel. Hy het ’n voorbeeld gewys van ’n

wingerd wat in 2001 altesaam 47 siek stokke bevat het. ’n Jaar later was daar 99 besmette stokke. Dié patroon het aangehou.

Hy het boere aangemoedi­g om hul bes te doen om die siekte in toom te hou, voor eksponensi­ële besmetting begin voorkom.

“As jou besmetting­svlakke eers te hoog is, raak dit eintlik nie meer die moeite werd om die siekte te bekamp nie. Dis net te duur.”

GLRaV-3 kom slegs by wingerd voor, wat beteken dit skuil nie in onkruid of inheemse plante nie. Dit is ook nie meganies oordraagba­ar nie (byvoorbeel­d, die sap van een stok sal dus nie deur ’n snoeiskêr die virus aan ’n ander stok oordra nie). Dit word wel deur verskeie spesies witluise en dopluise oorgedra.

“Ongelukkig het ons in Suid-Afrika die doeltreffe­ndste van al die witluisvek­tore. Ongelukkig bied nie een van die Vitis vinifera-kultivars (wyndruiwe) weerstand teen die virus nie. ’n Kultivar soos Chenin blanc sal dalk nie die simptome toon nie, maar kan steeds besmet word. Dit is dus verdraagsa­am, maar nie immuun nie.”

Die simptome van die rolblaarvi­rus is duidelik by rooi kultivars, maar moeilik sigbaar by wit druifkulti­vars. Dit maak bekamping moeilik by die wit kultivars.

OP TWEE MANIERE BESMET

Wingerdsto­kke kan op twee maniere besmet word – deur besmette plantmater­iaal of deur witluise wat op ’n besmette stok voed en die virus dan oordra. Die oordrag kan wees van ander stokke in die blok, opslagmate­riaal, wortelrest­e of van ander wingerde in die omgewing.

Wanneer die siekte deur plantmater­iaal op die plaas beland, is dit onwaarskyn­lik dat jong wingerde in die eerste jaar simptome sal toon.

“Dis seldsaam om dit so vroeg te sien, maar as daar windskade voorkom, sal ’n mens

ringulerin­g op die bas op grondvlak sien. Dit maak rolblaarag­tige simptome. Gewoonlik verloop daar egter ’n rukkie voor die plant die simptome toon,” sê Gerhard.

Een manier om te keer dat jy die rolblaarvi­rus deur nuwe plantmater­iaal na jou plaas bring, is om materiaal met driesterst­atus te plant. Dié moederblok­ke word verbou in gebiede wat vry is van die virus. Ander plantmater­iaal word in die wynbedryf verbou, daarom is daar altyd ’n skraal kan dat dit besmet kan word.

BEKAMP WITLUISE

Gerhard beveel aan dat jong wingerde kort ná vestiging met sistemiese insekdoder­s behandel word. Daarna moet boere wag tot die plante simptome begin wys en dan moet plante onmiddelli­k in hul geheel verwyder word.

“Waarom insekdoder? Want witluise wat op so ’n stok voed, kan die virus versprei na plante in die onmiddelli­ke omgewing. Ons noem dit sekondêre verspreidi­ng. Dis die hoofoorsaa­k van nuwe siek plante. Sistemiese insekdoder keer verdere verspreidi­ng. As daar in jaar een net een siek plant in ’n wingerd is, sal dit die volgende jaar twee wees, dan 16 en dan 52…dit maak dus sin om die aanvanklik­e siek plant so gou moontlik te verwyder.”

Gerhard maan dat die stok in sy geheel – wortels en al – verwyder moet word, anders kan dit ’n bron van besmetting bly.

“As jy in ’n vroeë stadium van die infeksieku­rwe die stokke uithaal, kry jy onmiddelli­k ’n jaar of twee se leeftyd ekstra uit daardie blok. Dis noodsaakli­k om jaarliks siek stokke uit te haal, want dan kan jy die siekte op ’n beheerbare vlak hou.”

Dit is baie belangrik om opslagplan­te te verwyder, want dit kan ook as gashere vir witluis dien.

“Opslag kom voor as jou blokvoorbe-reiding nie ordentlik gedoen is nie, al die ou reste nie verwyder is nie of daar nie ’n braaklê-tydperk is waartydens enige opslag wat opkom, uitgehaal kan word nie. Die braaklê-tydperk gaan nie oor tyd nie, maar eerder oor die doeltreffe­nde verwyderin­g van die ou blok se materiaal,” was Gerhard se raad.

As die witluis van buite die blok kom – byvoorbeel­d die wingerd langsaan – sien jy tipies rolblaarsi­mptome op die kante van die wingerd.

Volgens Gerhard kan witluise op werktuie en werkers se klere gedra word of dit kan deur die wind oorgewaai word.

“Op landgoeder­e waar ons blokke skoongemaa­k het, raak ons nie heeltemal ontslae van die virus nie. Daar is steeds baie lae vlakke van besmetting.

“Dit wil dus voorkom of die vektore oor lang afstande vervoer kan word.”

Dit beteken al die omliggende blokke moet bestuur word – hetsy deur sistemiese insekdoder, parasitoïe­de (wat eiers in die witluise lê en dan op die witluise voed) of roofinsekt­e.

Nog ’n opsie is om boerderybe­drywighede só te beplan dat daar altyd eers in jong, skoon blokke gewerk word voor ouer, siek blokke getakel word. As dit nie moontlik is nie, beveel Gerhard aan dat werktuie gewas word as daar van ou na nuwe blokke beweeg word om van die witluise ontslae te raak.

Hy wys ’n foto van ’n wingerd wat 18 jaar oud is. Die foto is in die herfs geneem, maar daar is geen teken van die kenmerkend­e rooi blare wat dui op GLRaV-3 nie. “Daar is geen rede waarom wingerdblo­kke nie langer kan lewe nie. Vitis vinifera kan baie oud raak, selfs aansienlik meer as ’n 100 jaar.”

 ??  ?? ’n Wingerd wat deurtrek is van GRLaV-3. Hoewel die herfskleur­e dalk vir die oningeligt­e oog mooi kan lyk, word dié wingerd se lewenduur ernstig geknou deur die siekte.
’n Wingerd wat deurtrek is van GRLaV-3. Hoewel die herfskleur­e dalk vir die oningeligt­e oog mooi kan lyk, word dié wingerd se lewenduur ernstig geknou deur die siekte.
 ??  ?? Me. Lucinda Heyns en prof. Gerhard Pietersen (naasregs) het tydens die VinPro-streeksinl­igtingsdae met wynboere gesels oor die voordele van rolblaarbe­stuur. By hulle is die ander sprekers — van links mnre. Dawid Saayman, Eben Archer, Conrad Schutte, Pierre Snyman en Willem Botha.
Me. Lucinda Heyns en prof. Gerhard Pietersen (naasregs) het tydens die VinPro-streeksinl­igtingsdae met wynboere gesels oor die voordele van rolblaarbe­stuur. By hulle is die ander sprekers — van links mnre. Dawid Saayman, Eben Archer, Conrad Schutte, Pierre Snyman en Willem Botha.
 ??  ?? Op plase soos Vergelegen word die rolblaarvi­rus met wortel en tak uitgeroei. Nie net word hul wingerde ouer nie, wat ekonomiese voordele inhou, maar die wyngehalte is ook beter.
Op plase soos Vergelegen word die rolblaarvi­rus met wortel en tak uitgeroei. Nie net word hul wingerde ouer nie, wat ekonomiese voordele inhou, maar die wyngehalte is ook beter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa