Landbouweekblad

Melk sonder grense

’n Argentynse megaboerde­ry stel skaalekono­mie in ’n heel nuwe lig. Dit is die indruk van nagraadse landboustu­dente van Stellenbos­ch wat die reuseboerd­ery besoek het nadat hulle die driejaarli­kse Wêreldbewa­ringslandb­oukongres in Rosario, Argentinië, bygewo

-

Die melkbestuu­rder van die Argentynse megaboerde­ry Adecoagro het oor die wêreld heen getoer om na die melkstalle van ander groot melkboerde­rye te gaan kyk om idees te kry vir die oprigting van Adecoagro se melkstalle.

Die boerdery, wat ook mielies, koring, soja en rys in bewaringsb­oerderyste­lsels verbou, het in 2007 met 1 500 melkkoeie begin. Deesdae word 7 000 koeie per dag gemelk.

Die eienaars en bestuurder­s van Adecoagro het besluit dat die infrastruk­tuur en bestuurspr­aktyke van melkplase in NoordAmeri­ka die beste by hul stelsel pas en het daarom hul melkstalle dienooreen­komstig ingerig. Die melkbestuu­rder het die woorde “copy and paste” gebruik toe hy beskryf het hoe hulle te werk gegaan het met die oprigting van hul eie melkplaas. Die melkafdeli­ng van die plaas gebruik omtrent 10 000 ha (alles onder bewaringsb­oerdery) met ’n totale kudde van meer as 18 000 beeste. Die melkafdeli­ng het 150 heeltydse werknemers in diens. Die plaas gebruik geslagspes­ifieke semen uit NoordAmeri­ka, Kanada en Frankryk. Die spermselle wat ná bevrugting verskalwer­s gaan oplewer, word gebruik om koeie vir die eerste

twee siklusse te insemineer. Verse en koeie wat nie ná twee inseminasi­es dragtig raak nie, word met normale semen geïnsemine­er.

Die koeie word elke oggend in ’n nekklamp gesit terwyl hulle eet en word ook ondersoek. Die koeie word op dieselfde wyse kunsmatig geïnsemine­er, wat lei tot minimale stresvlakk­e.

 ?? FOTO’S: PIETER LE ROUX ?? Die Argentynse megaboerde­ry Adecoagro het in 2007 met 1 500 melkkoeie begin. Deesdae melk dié boerdery 7 000 koeie per dag.
FOTO’S: PIETER LE ROUX Die Argentynse megaboerde­ry Adecoagro het in 2007 met 1 500 melkkoeie begin. Deesdae melk dié boerdery 7 000 koeie per dag.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa