Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- BRON: Howell, C.J., Walker, Jane B. en Nevill, E.M. Bosluise, myte en insekte van huisdiere in Suid-Afrika. 1983. Wetenskapl­ike pamflet nr. 393, uitgegee deur die Afdeling Entomologi­e, Navorsings­instituut vir Veeartseny­kunde, Onderstepo­ort. Dr. Faffa Mala

VLEISVLIEË IN HUIS

Ek het al verskeie kere ’n brommer doodgemaak en wat my telkens opgeval het, is dat ’n magdom lewende larwes gelê word voor die brommer vrek. Die brommer is grys op die rug, met swart strepe van agter na voor oor die rug, en twee rooi ogies. In al die gevalle het ek die brommer binnenshui­s aangetref. Die wetenskapl­ike naam van die brommer is Sarcophaga haemorrhoi­dalis en sy algemene naam is die rooistert-vleisvlieg. Die vlieg se gashere is diere en soms mense. Die wyfies bring 30 tot 40 beweeglike larwes voort wat op mis, ontbindend­e karkasse, wonde of selfs vleis geplaas kan word. Die wyfies kan die larwes op vleis laat val terwyl hulle daaroor vlieg.

Die larwes het stekels wat in bande om al die liggaamseg­mente gerangskik is. Al drie die larfstadia kan binne vier dae voltooi word, waarna papies in die grond gevorm word. Die volwasse vlieë kan ná vier dae ontpop, dus kan die lewensiklu­s in gunstige toestande binne sowat agt dae voltooi word.

Hierdie vlieg is baie nou met die mens geassosiee­r en kom wydverspre­id voor. Dit word baie algemeen in Afrika suid van die Sahara, dikwels rondom menslike woonplekke, aangetref.

Die vleisvlieg veroorsaak soms miase by diere en mense (larwes dring die vel binne deur wonde), maar doen dit blykbaar nie so dikwels soos sommige ander Calliphori­dae-vlieë nie.

Dié vlieg kan deur goeie higiëne, veral die behoorlike verwyderin­g van mis, bekamp word.

Besmette wonde moet behandel word.

 ?? FOTO: JANET GRAHAM ?? Die rooistert-vleisvlieg kan larwes op vleis laat val terwyl hulle daaroor vlieg.
FOTO: JANET GRAHAM Die rooistert-vleisvlieg kan larwes op vleis laat val terwyl hulle daaroor vlieg.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa