Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Vandeeswee­k eet ons lekker warm eenpot-treffers. Maklik om te maak en propvol geur en smaak.

-

die bobotie vir ongeveer 35 minute tot die eiervla ferm en die tunamengse­l deurgebak en vuurwarm is. Sit voor met blatjang, gestoomde rys en slaaie van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

Soetsuur hoender met gebakte patats

8 hoenderpor­sies (boudjies en dye) Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml olie 3 middelslag­patats, in skywe gesny 125 ml druiweasyn 80 ml soet rissiesous 45 ml sojasous 3 ml komyn Sap en fyn gerasperde skil van 1 lemoen 45 ml bruinsuike­r of heuning Vars tiemie, om oor te strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoender met sout en peper. Verhit die olie in ’n pan en braai die hoenderpor­sies daarin tot bruin alkante. Skep uit in ’n oondbak.

Rangskik die patatskywe tussen die hoender en geur weer liggies met sout en peper. Meng die asyn, rissiesous, sojasous, komyn, lemoensap en -skil en bruinsuike­r (of heuning) goed en skep dit egalig oor die hoender. Bedek die bak met foelie en bak vir 40 minute. Verwyder die foelie, skep van die sous oor die hoender en patats en bak oop vir nog 20-30 minute tot die hoender en patats baie sag en die hoender se vel bros en gekaramell­iseer is. Sit voor met rys of koeskoes en groente van jou keuse. Lewer 6-8 porsies.

Kerriemaal­vleispaste­i

Maalvleis bly ’n weeksaand-staatmaker. Dit word vinnig gaar en is voedsaam en ekonomies.

Vulsel

2 uie, fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 30 ml olie 7 ml kerriepoei­er 3 ml fyn koljander 500 g maalvleis 5mlsout 15 ml elk worcesters­ous en blatjang 60 ml elk tamatiesou­s en water Ekstra sout en vars gemaalde swartpeper 1 rol (400 g) skilferkor­sdeeg 1 eier, geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C. Braai die uie en knoffel in die olie tot sag. Voeg die kerriepoei­er en koljander by en braai vir ’n paar sekondes tot lekker geurig. Voeg die maalvleis en sout by en braai tot die maalvleis bruin is. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit tot kookpunt. Laat prut vir ongeveer 10 minute of tot die vulsel nie meer waterig is nie. Skep in ’n pasteibak (of individuel­e bakkies).

Rol die skilferdee­g effens dunner uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en sny ’n groot genoeg stuk uit om die bak (of kleiner bakkies) te bedek. Bedek die vulsel met die deeg, verf liggies met geklitste eier en bak vir 15-20 minute tot die deeg goudbruin en deurgaar is. Sit die pastei(e) voor met slaai of groente van jou keuse. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa