Landbouweekblad

Só sê ’n brandrissi­eboer

-

’n Paar jaar gelede het JD van Deventer van die plaas Vredehoek naby Montagu die kans gehad om rissieplan­tjies te koop by iemand wat nie wou voortgaan met dié boerdery nie. Sedertdien het JD se brandrissi­eboerdery ’n volwaardig­e vertakking geword wat uitstekend pas by die res van sy boerdery, naamlik ’n vrugteboom­kwekery, pruime en uitvoerapp­elkose.

Watter tipes rissies verbou jy?

Ek plant hoofsaakli­k jalapeño-rissies, maar het ook ’n bietjie habanero’s, wat ek aanplant vir iemand wat souse daarvan maak.

Hoe groot is jou rissieboer­dery?

Ek het vanjaar sowat 2 ha rissies geplant. Dis ongeveer 80 000 plantjies. As elke plant sowat 1 kg rissies oplewer, kom dit neer op 40 ton rissies wat ons per hektaar oes – ’n mooi rissie weeg maar sowat 50 g. Dit is dus baie vrugte en harde werk.

Is daar goeie geleenthed­e op die mark?

Die afgelope paar jaar het al hoe meer rissieprod­ukte op winkelrakk­e begin verskyn en ek kry gereeld navrae van kopers wat rissies soek. Hoewel dit tans baie winsgewend is, bly die mark klein. Ek gaan myself dalk toegooi as ek nog ’n hektaar byplant, want dis nou ook nie asof die kopers toustaan nie.

Waar bemark jy jou rissies?

Ek het aanvanklik ’n kontrak gesluit met Bushman’s Chilli Co. en hulle is steeds een van my grootste klante. Ek verskaf ook aan ondernemin­gs in die Wes-Kaap wat ingelegde produkte maak, of rissie-“poppers” aan restaurant­e lewer. Ek verbou net vir bepaalde klante met wie ek vooraf ooreenkom. Ek het al rissies mark toe gestuur in ’n tyd toe ons te veel gehad het, en dan kry ’n mens niks daarvoor nie. Dit het net weer aan my bewys ’n mens moet maar jou kopers hê as jy hiermee wil boer.

Rissies word hoofsaakli­k in die noorde van Suid-Afrika verbou. Hoekom is die Klein-Karoo geskik vir die gewas?

Die Klein-Karoo het warm somers. Die temperatuu­r het ’n invloed op die rissies se sterkte. As dit warmer is, is die rissies beslis sterker. Hoe swaarder die plant kry, hoe sterker raak die rissies. Maar ons moet klaar oes voor die winterryp.

Wanneer oes julle?

Rissies het ’n lekker lang oestyd. Ons begin in Desember en kan tot Junie aanhou pluk, wat help met die opbrengs.

Hoe verskil rooi en groen rissies van mekaar?

Die jalapeño-rissies word geoes terwyl die vruggies groen van kleur is. As dit aan die stoel gelos word, raak dit rooi. My grootste mark is vir die groen rissies, maar as die klimaat verander en ’n hittegolf tref ons skielik of die plukkers mis ’n paar aan die stoel, raak hulle rooi en moet ek ’n plan daarmee kan maak. (Dié boerebrokk­ie is ’n uittreksel uit ’n artikel wat vroeër in Landbouwee­kblad verskyn het.)

 ??  ?? JD van Deventer en sy pa, Kierie.
JD van Deventer en sy pa, Kierie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa