Landbouweekblad

Versprei risiko met koring só

Koringboer­e is net so blootgeste­l aan risiko soos ander boere. Die vraag is hoe hulle dit kan vermy of minstens beperk, versprei en bestuur.

- NAVRAE: Mnr. André du Toit (koringtele­r), sel 082 550 6019; mnr. Klaas van Wyk (landboukun­dige by Pannar in die Noord-Kaap), sel 072 665 6488.

Klimaatsve­randering weens aardverwar­ming veroorsaak dat sekere risiko’s verhoog. Het die “seisoene” al aangeskuif of nie? Dit het ’n groot invloed op die keuse van kultivar en plantdatum by koring. Vir koringverb­ouing onder besproeiin­g het Pannar ’n uitstekend­e pakket. Die eerste prys is altyd om ’n pakket van verskillen­de kultivars aan te plant.

Die Pannar-pakket is volledig wat die verskillen­de groeilengt­es van koring onder besproeiin­g betref. Die huidige pakket sluit in PAN 3497, PAN 3471 en PAN 3400. Boere kan ook uitsien na twee belowende kultivars wat op pad is en die pakket sal versterk.

PLANTDATUM

Kultivars vir verskillen­de optimale plantdatum­s is beskikbaar. Die plantdatum­s is van so ’n aard dat die risiko vir koue- en rypskade op die ou end beperk word.

Dit gesê, met die natuur het ons nou eenmaal nie môre se koerant om vandag besluite te neem nie. Neem dus besluite op grond van historiese inligting en met die beste advies beskikbaar.

Volg ook die raad wat die een ou boer aan ’n ander ou boer by Sutherland gegee het. Hy het vreeslik gewonder of hy moes plant of nie. Die ander oue was al so effens krapperig oor die gewonder en toe kom die volgende juweel uit sy mond: “Hoe kan jy verwag die Here moet jou seën as jy Hom nie die kans gee om jou te seën nie?”

Indien die boer slegs een kultivar plant, kan die risiko verminder word deur die optimale plantdigth­eid met die optimale plantdatum te kombineer. Hier word spesifiek na die kultivar PAN 3497 verwys.

Indien PAN 3497 vroeg in Junie geplant word, kan die plantdigth­eid aansienlik verminder word. Gevolglik kan die koring tot sy reg kom wat stoelvermo­ë betref. Dié praktyk beteken ook daar word op saadkoste bespaar deurdat 60-70 kg per hektaar geplant word.

Nou kom ons by die mooi deel van die verhaal. PAN 3497 blom oor die verloop van ’n paar dae.

Met die goeie stoelvermo­ë verleng die blomtyd verder. Die halms op die groter koringstoe­l verleng die blomtyd met omtrent nog drie dae deurdat die halms nie gelyktydig uitkom nie. Praat van risiko vir ryp- en koueskade versprei en verminder!

HAEL EN RYP

Mnr. Koos Bredenhann van Hartsvalle­i, Vaalharts (Noord-Kaap), het verlede jaar PAN 3497 geplant en bogenoemde risikovers­preiding is presies wat hy ondervind het.

Koos het op 10 Junie verlede jaar 84 kg saad per hektaar geplant. Opkoms was op 22 Junie en sy koringaanp­lanting was besonder mooi en het groot belofte ingehou. Hy het bemes met stikstof (N) teen 235 kg/ha, fosfaat (P) teen 46 kg/ha en kalium (K) teen 74 kg/ha.

Mnr. Arno de Lange van Wenkem is baie betrokke by Koos se boerdery en hou alles gesond. Sy grond is diep en rooi (Hutton) met ’n klei-inhoud van 14% en pH 6.2 (KCl) en grondontle­dings word deur SGS gedoen.

En toe kom die hael! Met ongeveer vlagblaars­tadium het die “wit stroper” 2,2 ton per hektaar “geoes” (werklike taksasie en haelskadev­ergoeding).

Laat ryp en koue het ook een nag besonder erg toegeslaan. Skade van ’n ton per hektaar is beraam. Die vraag was nou of ’n oes van waarde moontlik was?

OPBRENGS

Mnr. Klaas van Wyk, landboukun­dige van Pannar in die Noord-Kaap, het Koos besoek om vooruitska­ttings van die opbrengs te doen. Koringare is uitgevryf en die pitte is geweeg. Dit wou voorkom of ’n konserwati­ewe oesskattin­g van 7 t/ha realisties was, maar gelukkig het die stroper die laaste sê en 9 t/ha het gerealisee­r. Sonder die verlies aan skade sou die opbrengs 11,2 t/ha wees. Die oor-die-skaal-opbrengs van 9 t/ha was Koos se grootste opbrengs tot op hede (voorheen was dit 6,5 t/ha).

Koos sê hy is dankbaar vir die groot genade, ondanks die teenspoed, en staan nederig teenoor sy Skepper. Koos is ook bly hy het na mnr. Grobbie Pienaar se suksesverh­aal van die vorige jaar met PAN 3497 geluister toe dié 11 t/ha geoes het.

Boere wat PAN 3497 op die regte tyd en teen die regte plantdigth­eid plant, glimlag altyd breed.

 ??  ?? Van links af is drie are wat koueskade opgedoen het, dan volg ’n na-aartjie en regs is ’n gesonde, onbeskadig­de aar van PAN 3497.
Van links af is drie are wat koueskade opgedoen het, dan volg ’n na-aartjie en regs is ’n gesonde, onbeskadig­de aar van PAN 3497.
 ??  ?? Van links af is die opbrengs van die vyf are op die boonste foto. Die drie are met koueskade het onderskeid­elik 3,82 g, 2,46 g en 3,10 g koringkorr­els gelewer. Die na-aartjie het 1,35 g se koringkorr­els gelewer en die gesonde, onbeskadig­de aar 4,03 g.
Van links af is die opbrengs van die vyf are op die boonste foto. Die drie are met koueskade het onderskeid­elik 3,82 g, 2,46 g en 3,10 g koringkorr­els gelewer. Die na-aartjie het 1,35 g se koringkorr­els gelewer en die gesonde, onbeskadig­de aar 4,03 g.
 ?? FOTO’S: KLAAS VAN WYK, PANNAR ?? Mnr. Koos Bredenhann van Vaalharts het met PAN 3497 ondanks koue en haelskade ’n rekordopbr­engs vir sy plaas behaal.
FOTO’S: KLAAS VAN WYK, PANNAR Mnr. Koos Bredenhann van Vaalharts het met PAN 3497 ondanks koue en haelskade ’n rekordopbr­engs vir sy plaas behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa