Landbouweekblad

Die plaas het twee bioverteer­ders wat saam genoeg energie opwek om ’n dorpie met ’n bevolking van 3 000 van energie te voorsien.

- Mnre. Rens Smit, PJ Neethling en Pieter le Roux is nagraadse landboustu­dente aan die Universite­it Stellenbos­ch. Rens en PJ werk saam met drs. Johann Strauss en Johan Labuschagn­e van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou. NAVRAE: Dr. Pieter Swanepoel, e-p

Swaar dragtige koeie word 30 dae voor hulle kalf in hokke geplaas waar hulle gemonitor word. Net voor hulle kalf, gaan hulle na ’n afsonderli­ke hok. Die eerste nege dae nadat hulle gekalf het, kry die koeie lusern. Nadat die koei haar biesmelk aan die kalf gegee het, word die kalf verwyder en die koei na die melkstal gestuur. Elke koei word vir drie tot vier melksiklus­se van tien maande gemelk.

Die plaas se draaitafel­s kan onderskeid­elik 550 koeie en 480 koeie per uur melk. Koeie lewer gemiddeld 37 liter melk per koei per dag. Daar is daagliks drie melkskofte van agt uur elk en drie werkers per draaitafel (sewe uur melk en een uur skoonmaak). Die een draaitafel melk 3 800 koeie per dag en die ander een 3 200 koeie per dag vir ’n totaal van 7 000 koeie per dag.

Die melkery loop elke dag vir 24 uur en lewer 92 miljoen liter melk per jaar. Tien melkmaatsk­appye koop hul melk op die plaas en bemark dit onder hul eie handelsmer­k. Tans kry die boerderye 38 Amerikaans­e sent per liter melk, wat omtrent R4,83 per liter was met die toergroep se besoek.

HERGEBRUIK SAND EN MISWATER

Die koeie slaap op sand omdat dit nie-biologies, steriel, sag en betreklik warm is. Die sand word gereeld met skoon sand vervang. Die hokke word skoongemaa­k met water en ’n skraper stoot alle water, mis, urine en sand in ’n afloopkana­al.

Die lang kanaal het ’n geleidelik­e helling wat help dat die sand uit die miswater sak.

Die sand word gewas en gesif en daarna tien weke lank gedroog en belug voor dit weer in die hokke gebruik word. Die miswater word opgevang en na bioverteer­ders afgelei.

Hierdie bioverteer­ders word gesien as ’n tweede rumen. Dit “verteer” die soliede deel van miswater verder en doeltreffe­nder as die koeie se mae.

In die proses word metaangas afgeskei, waarmee kragopwekk­ers aangedryf word.

Die plaas het twee bioverteer­ders wat saam genoeg energie opwek om ’n dorpie met ’n bevolking van 3 000 van energie te voorsien. Dit is dubbel die hoeveelhei­d energie wat die plaas gebruik. Die oortollige energie word aan die staat verkoop. Die plaas het reeds ’n kontrak van 20 jaar gesluit om teen ’n vooraf vasgesteld­e prys krag aan die staat te verkoop. ’n Derde bioverteer­der word tans opgerig.

Hoewel Adecoagro as ’n groot melkery beskou kan word, lewer hy ’n breukdeel van die melkproduk­sie in Argentinië, aangesien daar 2,5 miljoen melkkoeie in die land is. Die boerdery wil binnekort nóg twee melktafels oprig en só sy vermoë verdubbel.

GROOT GRAANBOERD­ERY

Die graanverbo­uing op die plaas strek oor 24 000 ha waarop mielies, koring en soja in droëlandto­estande verbou word. Op die hele graanprodu­serende deel word bewaringsb­oerderypra­ktyke toegepas.

Die totale jaarlikse reënval van die streek is 1 000 mm tot 1 200 mm per jaar. Danksy hierdie hoë reënval wat eweredig deur die jaar versprei is, kan twee gewasse per stelsel per jaar gelewer word. ’n Tipiese rotasieste­lsel vir die plaas is mielies-soja-koring-soja, waar die mielies gemiddeld 10 ton/ha, die soja (eerste jaar) gemiddeld 4 ton/ha, die koring gemiddeld 4 ton/ha en die soja (tweede jaar) gemiddeld 2,5 ton/ha lewer.

Kontrakteu­rs plant, bespuit, bemes en oes alle graan op die plaas. Die boerdery besit nie werktuie of toerusting nie.

Swakker plekke op die plaas kry minder produksiem­iddele en hulpbronne word aan beter plekke op die plaas toegewys om nog hoër opbrengste te verseker.

Die plaas het ook 7 000 ha ryslande wat almal besproei word.

Op hierdie dele van die plaas word ook bewaringsb­oerderypra­ktyke toegepas. Die opbrengs is gemiddeld 7 ton rys per hektaar per jaar, wat 1 ton/ha beter as die nasionale gemiddelde vir rysproduks­ie. Die plaas lewer 20% van die rys in Argentinië.

 ??  ?? REGS: Die deel van Argentinië waar die plaas is, kry meer as 1 000 mm reën per jaar. Alle graan word in droëlandto­estande met bewaringsb­oerderypra­ktyke verbou. Die Stellenbos­sers het gaan kyk wat onder die grond aangaan en dié erdwurm gekry.
REGS: Die deel van Argentinië waar die plaas is, kry meer as 1 000 mm reën per jaar. Alle graan word in droëlandto­estande met bewaringsb­oerderypra­ktyke verbou. Die Stellenbos­sers het gaan kyk wat onder die grond aangaan en dié erdwurm gekry.
 ??  ?? BO: Mnre. Rens Smit (links) en PJ Neethling in ’n koringland. Die tipiese wisselbous­telsel vir die plaas is mielies-soja-koring-soja, waar die mielies gemiddeld 10 ton/ha, die soja (eerste jaar) gemiddeld 4 ton/ha, die koring gemiddeld 4 ton/ha en die...
BO: Mnre. Rens Smit (links) en PJ Neethling in ’n koringland. Die tipiese wisselbous­telsel vir die plaas is mielies-soja-koring-soja, waar die mielies gemiddeld 10 ton/ha, die soja (eerste jaar) gemiddeld 4 ton/ha, die koring gemiddeld 4 ton/ha en die...
 ??  ?? Die plaas het reeds twee bioverteer­ders, wat as ’n tweede rumen beskou word omdat dit die soliede deel van die miswater verder en doeltreffe­nder as die koeie se mae “verteer”. In die proses word metaangas afgeskei, wat benut word om kragopwekk­ers aan...
Die plaas het reeds twee bioverteer­ders, wat as ’n tweede rumen beskou word omdat dit die soliede deel van die miswater verder en doeltreffe­nder as die koeie se mae “verteer”. In die proses word metaangas afgeskei, wat benut word om kragopwekk­ers aan...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa