Landbouweekblad

VERSKUIFBA­RE WILDVANGBO­MA

- Navrae: info@burchellwi­ldlife.com; sel 072 126 141 1 .

Die wildboer mnr. Wayne Birch van Burchell Wildlife by Thabazimbi het al twee jaar gelede begin kopkrap vir pasmaak-oplossings om wild beter op sy drie plase te bestuur.

Die uiteinde was ’n ten volle outomaties­e verskuifba­re vangkraal wat maklik tussen die plaaseenhe­de verskuif kan word en groepe diere met tegnologie­se hulpmiddel­s, soos kameras, hommeltuie en met behulp van die internet van ’n afstand af te vang.

Die boma word gebruik vir kuddewerk, soos die vang van die aanwas, om jong diere te speen en na ander gebiede te verplaas, asook vir die behandelin­g van beseerde en siek wild.

Die boma bestaan uit los panele van vierkantpy­p wat met stroke vervoerban­d bedek is. Dit kan binne drie uur op- en afgeslaan word.

Sodra die diere die vangkraal betree op soek na voer en water, word die operateur per selfoon gewaarsku. Die eenheid het vier tot ses valhekke van seil wat almal tegelyk kan afrol om ’n groep diere in die boma in te perk.

Foto 1 toon een van die valhekke wat met behulp van ’n slinger deur een mens opgerol kan word.

Uit die eerste boma beweeg die wild deur ’n drukgang (foto 2, wat ook ’n outomaties­e skuifhek aantoon) na sekondêre krale met regstreeks­e kameradekk­ing, waarvandaa­n kopers die diere met behulp van internetve­rbindings op hul slimfone kan bekyk. Sekere wildsoorte, soos swartwitpe­nsbulle, kan met ’n hommeltuig deur die drukgang gedwing word.

Die eerste boma kan met ’n outomaties­e skuifhek met ’n afstandbeh­eerder of internetve­rbinding per selfoon van die drukgang afgesluit word. Danksy die kameras in die bomas kan die diere van enige plek af met internetto­egang op ’n slimfoon besigtig word. So kan beseerde of siek diere ook deur ’n veearts gediagnose­er word. Wayne wys op sy slimfoon (foto 3) wat die kamera in die inlasfoto sien wanneer hy ’n regstreeks­e beeld uit die vanghok kry. ’n Standaardw­eergawe van sy vangkraal van sowat R180 000 het twee vanghokke van 6 m x 3 m elk, ’n aanvangsbo­ma, drukgang en laaibank, asook die nodige elektronie­se komponente om die wild te kan sien en die elektronie­se snellers vir die valhekke en outomaties­e skuifhekke vir die aanhou-bomas. Dit het ook ’n sonpaneels­telsel vir kragvoorsi­ening, rugsteunba­tterye en ’n geheuebank vir opnames van die diere. Die laaibank aan die einde van die drukgang (foto 4) kan van sleepwa- tot vragmotorh­oogte verstel word. E-pos:

 ??  ?? FOTO 1 FOTO 2
FOTO 1 FOTO 2
 ??  ?? FOTO 4
FOTO 4
 ??  ?? FOTO 3
FOTO 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa