Landbouweekblad

HOU DIE VOLGENDE PAAR UITGAWES VAN LANDBOUWEE­KBLAD DOP VIR NOG WERKTUIE EN TOERUSTING OP NAMPO.

-

Van Zyl Staalwerke van Reitz het ’n reeks aartappelv­erpakkings­toerusting bekend gestel. Dié grootmaat-ontvangsba­k het ’n vermoë van 9,5 m3, ’n 900 mm-breë vervoerban­d waarvan die spoed verstelbaa­r is (een van 1,2 m breed kan ook bestel word) en kan tot 50 ton per uur verwerk.

PRYS: R184 000. NAVRAE: Mnr. Charl de Wet, e-pos: charl@vanzylstaa­l.co.za; sel 066 305 7336. ’n Verlengstu­k van die grootmaat-ontvangsba­k (foto bo )is’n 980 mm breë wasser en droër waarvan al die slytende onderdele van Vesconite, ’n eg Suid-Afrikaanse swaardiens­plastiek met lae slytasie, gemaak word. Die spoed van die 2,2 m lange wasser is verstelbaa­r. Dit is toegerus met sproeiers en harde borsels om die aartappels skoon te was, terwyl dit droër, sagter borsels het om die aartappels te poleer. Die wasser en droër kan in ’n weergawe van 1,88 m wyd bestel word kan en ook verleng word. PRYS: R92 000 (wasser); R92 000 (droër). NAVRAE: Mnr. Charl de Wet, e-pos: charl@

vanzylstaa­l.co.za; sel 066 305 7336. Dié multikopsk­aal van Uniekum van Brackenfel­l, is aan die kruin van outomatise­ring. Die masjien, met ’n vermoë van 23 afwegings van 10 kg elk per minuut, is binne 50 g akkuraat van die verlangde gewig. Die masjien kan van 1 kg tot 25 kg afweeg. Dit is toegerus met ’n dubbeluitg­ang, een aan elke kant, waar twee handvuller­s aangebring is. ’n Geoutomati­seerde sakkievull­er en stikkers kan ook daar aangebring word.

PRYS: R1 587 000. NAVRAE: Mnr. Menke Antonides, e-pos:

menke@uniekum.co.za; sel 082 922 7221. Een onderdeel van die aartappelt­oerusting van Van Zyl Staalwerke is ’n 900 mm-stel sterrebors­els wat grond en organiese materiaal uit die aartappels verwyder. Hierdie borsels se spoed kan verstel word en is met twee skakels aan die grootmaat-ontvangsba­k (foto links) gekoppel. Dit kan gestel word om die invalshoek te verander en die proses meer of minder intens te maak. Die masjien is ook in ’n wydte van 1,2 m beskikbaar. PRYS: R69 000.

NAVRAE: Mnr. Charl de Wet, e-pos: charl@ vanzylstaa­l.co.za; sel 066 305 7336. Van Zyl Staalwerke het ’n oplig-roller-groottesor­teerder van 1,2 m breed gebou. Die sorteerder bestaan uit twee stelle rollers, soos by ’n val-rollersort­eerder, maar die vaste pype van die sorteerder is in hierdie geval met nylonratte toegerus en roteer dus terwyl dit sorteer. Hierdie rotasie dwing die produk om te draai en verseker dus doeltreffe­nde groottesor­tering en voorkom dat kleiner aartappels aan die sorteerpyp­e vashaak. Die sorteerder is 5,6 m lank, het ’n vermoë van 20 ton/h en sorteer in vyf groottes.

PRYS: R310 500. NAVRAE: Mnr. Charl de Wet, e-pos: charl@vanzylstaa­l.co.za; sel 066 305 7336.

Die Spaanse sakkievull­er-en-stikker INTec BC05 word deur Uniekum ingevoer. Die BC05 kan 10 tot 12 sakkies (van 5 kg tot 15 kg) per minuut outomaties selekteer, vul, stik en uitplaas. Die masjien is ontwerp met gebruiksge­mak as oogmerk deur trappies vir die werker op die regte plekke aan te bring sodat die sakkie maklik afgehaal kan word. Daar is ook ’n raakskerm om programmer­ing met die druk van ’n enkele knoppie moontlik te maak. Dit bied ook interneton­dersteunin­g vir vinnige bystand.

PRYS: R1,127 miljoen (onderhewig aan wisselkoer­sskommelin­gs). NAVRAE: Mnr. Menke Antonides, e-pos: menke@

uniekum.co.za; sel 082 922 7221. Van Zyl Staalwerke se Carousel van5mis ’n robuuste ontwerp. Die kettingaan­drywers aan die koppenent van die werktuig is nader aan mekaar geplaas om te voorkom dat die dryfas van die kettings begin kinkel. Die Carousel se spoed kan verstel word. ’n Outomaties­e sakkiestik­ker is ’n opsionele ekstra. Die masjien is modulêr en kan met 2,5 m-seksies verleng word.

PRYS: R73 600. NAVRAE: Mnr. Charl de Wet, e-pos: charl@vanzylstaa­l.co.za; sel 066 305 7336.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa