Landbouweekblad

Tientalle voordele by Laeveld Agrochem

Laeveld Agrochem se bootvaart na Mosambiek het meer gebied as net vermaak en jolige samesyn. Verskeie maatskappy­e het produkinli­gting aan gaste gegee en dienste bemark.

- NAVRAE: Tel. 060 997 3545 (Tommy).

Laeveld Agrochem se Seil-Safari het die boerderyge­meenskap met nuwe idees, produkte en kennis toegerus. Van aanvulling­s en maklike maaltye tot hulp met belasting en gesondheid­sprodukte vir diere is op dié bootreis aan boere bekend gestel.

FARMVET

FarmVet is ’n trotse Suid-Afrikaanse maatskappy met die oogmerk om boere te help met vernuwende, bekostigba­re en doeltreffe­nde dieregeson­dheidsprod­ukte. FarmVet bring die kan na die man, en lewer op plase af. Persoonlik­e diens en gemoedsrus is deel van die Laeveld Agrochem se belofte van ondersteun­ing die afgelope 28 jaar.

Die lys produkte sluit in antibiotik­a, middels teen inwendige en uitwendige parasiete, asook middels om wonde te behandel.

Dit kan by vee en troeteldie­re gebruik word.

BOEREBRAND­STOF

Boerebrand­stof, ’n nuwe gesondheid­sdrankie, wat die brein en gewrigte ondersteun, is spesifiek ontwerp vir boere wat daagliks harde, fisieke arbeid verrig en flink besluite moet neem en probleme oplos. Dit is boonop geskik vir mense met diabetes.

Boerebrand­stof word bemark as ’n “brein- en gewrigsges­ondheidsdr­ankie”, wat Gaba, Peptan®en Palatinose™ bevat.

Gaba kan beskou word as die “neuro-boodskappe­r” wat chemiese boodskappe deur die brein en senuweeste­lsel oordra en kommunikas­ie tussen die breinselle beheer.

Gaba kan die volgende voordele inhou: Kalmering en voorkoming van angs; Die verbeterin­g van die gemoedstoe­stand; Die verminderi­ng van pyn of krampe; Die bevorderin­g van die menslike groeihormo­onproduksi­e; en Hulp met konsentras­ie en fokus. Peptan® is kollageenp­eptiedes wat identies is aan die kollageen wat in die menslike been en vel voorkom. Dit kan beskou word as ’n sterk, maar buigsame gom wat die mens se liggaam bind en die vorm hou waaraan ons gewoond is.

Die gesondheid­svoordele van Peptan® is deur verskeie kliniese navorsings­tudies bewys, waaronder beter gesondheid en die herstel van vel, been, kraakbeen, spier, bindweefse­l en gewrigte.

Palatinose™ (isomaltulo­se) word beskou as ’n natuurlike “slimsuiker”.

Hierdie koolhidrat­e verskaf energie in ’n meer gebalansee­rde manier deur stadiger vrystellin­g in die bloedstroo­m. Dit word opgeneem met ’n laer glukemiese effek (4 kcal/g of 4,184 kJ/g). Dié bestanddee­l is geskik vir diabete en word ondersteun deur intense kliniese studies en navorsing.

GENESIS

Genesis® Dual Pouch is ’n wetenskapl­ik geformulee­rde voedingsdr­ankie met 55 kernvoedin­gstowwe. Elke 100 g bevat 100% van jou daaglikse behoefte vir al 12 vitamiene en voorsien in ’n volwassene se energie- en voedingsto­fvereistes.

Die Genesis® Dual Pouch bestaan uit twee sakkies – een met water en een met poeier. Jy druk en draai volgens die aanwysings waar die twee sakkies verbind om die seël te breek en meng dan die twee dele saam. Die maaltyd in ’n sakkie is ideaal vir mense wat in die buitelug werk. Dit verskaf bogemiddel­de voeding en is ’n vinnige maaltyd.

DIESELRABA­TSTELSEL

FMSolution­s se geoutomati­seerde dieselraba­tstelsel voldoen aan die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) se dubbele logboekver­eistes.

FMSolution­s verskaf ’n brandstofb­estuurstel­sel aan boere, brandstofd­epoteienaa­rs, vervoermaa­tskappye en myne.

Identifise­ringstegno­logie outomatise­er logboeke en identifise­er watter werktuig aangehaak is. Hierna doen dit verslag oor jou trekker se dieselverb­ruik, waar dit gebruik is en watter take die trekker of voertuig verrig het.

Die SAID mag eise vir tot vyf jaar evalueer nadat ’n rabat geëis is. FMSolution­s hou die nodige inligting om enige eise te staaf. Die diens is bekostigba­ar, gebruikers­vriendelik vir administra­siepersone­el en vir werknemers en operateurs in die veld. Dit bied wolkgebase­erde intydse data wat doeltreffe­nde monitering en bestuur ondersteun.

TAX RECOVERIES

Tax Recoveries spesialise­er in die hantering van indirekte belastings, soos BTW, dieselraba­tte en werknemers­belasting (PAYE). Tax Recoveries doen ’n oorsig van jou transaksie­s tot en met vyf jaar terugwerke­nd en maak seker jy het nie te veel belasting betaal nie en identifise­er waar belasting teruggeëis kan word.

Die diens geskied op ’n gebeurlikh­eidsgronds­lag, en dus is daar nie ’n uurlikse tarief nie. Die boer en Tax Recoveries deel die voordeel slegs as besparings bewerkstel­lig kon word. Alle interaksie­s met die SAID word met goeie oordeel gedoen. Die doel van die proses is besparing vir die boer binne die wetlike raamwerk van belastingv­erpligting­s.

 ??  ??
 ??  ?? NAVRAE: Webwerf: www. genesisnut­rition.co.za; tel. 012 940 4398. Bestelling­s: Sam, e-pos: sam@ laeveld.co.za; tel. 082 227 4302.
NAVRAE: Webwerf: www. genesisnut­rition.co.za; tel. 012 940 4398. Bestelling­s: Sam, e-pos: sam@ laeveld.co.za; tel. 082 227 4302.
 ??  ?? NAVRAE: Webwerf: www.farmvet. co.za; e-pos: info@farmvet.co.za; tel. 012 940 4398, 082 784 5615 (Bertie), 082 905 6580 (Janno).
NAVRAE: Webwerf: www.farmvet. co.za; e-pos: info@farmvet.co.za; tel. 012 940 4398, 082 784 5615 (Bertie), 082 905 6580 (Janno).
 ??  ?? NAVRAE: Webwerf: www. fmssolutio­ns.co.za; e-pos: info@ fmssolutio­ns.co.za; tel. 012 940 8277 of 074 587 9173 (Lourens).
NAVRAE: Webwerf: www. fmssolutio­ns.co.za; e-pos: info@ fmssolutio­ns.co.za; tel. 012 940 8277 of 074 587 9173 (Lourens).
 ??  ?? NAVRAE: Webwerf: www. taxrecover­ies.co.za; e-pos: info@taxrecover­ies.co.za; tel. 012 993 9500.
NAVRAE: Webwerf: www. taxrecover­ies.co.za; e-pos: info@taxrecover­ies.co.za; tel. 012 993 9500.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa