Landbouweekblad

Spaar met herwonne draad

Elke boer gebruik staaldraad, vir alles van boorde, wingerde en veekampe. Mertech Cable and Wire het gaste aan boord van Laeveld Agrochem se Seil-Safari-bootreis meer vertel oor die beskikbare produkte.

-

Mertech is ’n betroubare handelsmer­k vir die herwinning van onderseeka­bels en staaldraad. Mertech Cable and Wire word bestuur deur Mertech Marine (Edms.) Bpk. Dié maatskappy het in 2004 tot stand gekom danksy die vernuwende gees en entreprene­urstalent van twee broers met diep wortels in die SuidAfrika­nse boerderyge­meenskap. Vandag is Mertech Marine ’n wêreldleie­r op die gebied van die herwinning van ongebruikt­e, ondersese telekommun­ikasiekabe­ls.

Die staal wat uit die telekommun­ikasiekabe­l herwin word, is gereed vir die aanwending in onder meer die landbou. Gevolglik is Mertech se draad omgewingsv­riendelike­r. Vir boere wat graag “groener” wil boer, is hierdie herwonne draad dus deel van die oplossing.

Net omdat dit herwonne staaldraad is, beteken dit nie die produkte is van lae gehalte nie. Inteendeel, die herwonne telekommun­ikasiekabe­ls lewer juis staalkabel­s en staaldraad van hoë gehalte. Let egter daarop dat hierdie draad nie gegalvanis­eerd of behandel is teen korrosie (roes) nie. Dit bied aan die verbruiker ’n bekostigba­re alternatie­f tot tradisione­le staaldraad­produkte wat op die mark beskikbaar is.

Die gegalvanis­eerde produkte wat wel beskikbaar is, sluit in staalsparr­e (ideaal om skape af te kamp), gebuigde klampe vir die oprigting van geëlektrif­iseerde omheinings op skaap en wildplase, en ankers vir wingerde.

HAELNETTE EN BEESKRALE

Mertech Cable and Wire het sedert Junie 2011 staalkabel­s van duisende kilometer verkoop om haelnette oor vrugteboor­de op te rig en aan beesboere vir die bou van beeskrale.

Die maatskappy bied staalkabel­s van 5 mm tot 9 mm in deursnee. Staaldraad is tipies tussen 1,2 mm en 1,9 mm in deursnee en is ideaal vir die oplei van wingerde en groente.

Mertech Cable and Wire dra by tot Mertech Marine se CO2vrystel­lingbespar­ing van 35 metrieke ton CO2 vir elke kilometer ondersese telekommun­ikasiekabe­l wat teruggewin en herwin word – dit lewer ’n gunstige bydrae tot die omgewing.

Laat jou bestelling dus ’n verskil maak. Koop Mertech Cable and Wire!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa