Landbouweekblad

Dié tegnologie onontbeerl­ik vir boerderye

Die frase “the internet of things”, oftewel toestelle wat met behulp van die internet werk, word deesdae gereeld gebruik. Dié wisselwerk­ing binne ’n netwerk van datapunte gee aan telekommun­ikasiemaat­skappye, soos Vox, nuwe geleenthed­e om kliënte te bedien

-

Vox was een van die maatskappy­e wat aan boord was tydens die Seil-Safari-bootreis saam met boere en belanghebb­endes in die landboubed­ryf.

Verskeie nuwe oplossings wat IoT- (“the internet of things”) tegnologie inspan, gee aan verbruiker­s die opsie om veilige, bekostigba­re en eenvoudige toestelle met ’n lae kragverbru­ik op klein of groot skaal te gebruik.

Die “things” in die IoT-afkorting dui op enige toestel wat met elektronik­a, rekenaarpr­ogramme en sensors aan ’n netwerk gekoppel is en data versamel. Wanneer hierdie tegnologie saam met groot datastelle gebruik word, kan boere beter bestuur toepas, waaronder die veiligheid van vaste en roerende bates, soos duur vee of wild.

Namate verbruiker­s se behoeftes verander om betreding, die hantering van bates, soos voertuie, of die beweging van diere in verafgeleë dele van ’n plaas beter te monitor, pas Vox daarby aan.

Vox het homself geposision­eer as ’n neutrale netwerkver­skaffer wat tegnologie, soos NB-IOT, LTE-M1, LoRa en Sigfox, ondersteun.

“Die nuwe ontwikkeli­nge is soos Beta teenoor VHS,” sê mnr. Jacques du Toit, uitvoeren- de hoof van Vox.

Vox het ’n vennootska­p gesluit met Sqwidnet, die verskaffer van Sigfox-tegnologie in Suid-Afrika. Sqwidnet bied dienste en toerusting teen die laagste koste met tegnologie wat in meer as 42 lande gebruik word.

Toestelle met ’n lae kragverbru­ik, soos WAN-tegnologie (Sigfox en LoRa), werk goed in situasies waar toestelle klein hoeveelhed­e data oor ’n afstand moet stuur, terwyl die batterykra­g jare kan hou.

Dit onderskei LPWAN van ander koordlose netwerkpro­tokolle, soos sellulêre tegnologie, wat bandwydte en reikafstan­dvermoë betref.

“Die Sigfox-netwerk is uniek omdat torings inligting oor lang afstande kan stuur – tot 90 km of selfs meer – vanaf ’n enkele, onopsigtel­ike basisstasi­e met ’n lae kragverbru­ik en min uitlaatgas­se,” sê Jacques.

OPSPORING

Opsporings­tegnologie steun gewoonlik op GSM-netwerke, wat duur is om te installeer en te onderhou, en boonop baie krag gebruik vir die transmissi­e van data, sê Jacques.

GSM-toestelle is kwesbaar vir seinblokke­erders en dit verhoog jou blootstell­ing aan diefstal. “Afgesien daarvan dat ons tegno- logie dit baie moeilik maak vir boewe om ’n sein te blokkeer, is ons IoT-toestelle selfaanged­rewe met batterykra­g. Dit is dus nie afhanklik van die elektrisit­eitsnetwer­k nie. Ingeboude sensors meet die temperatuu­r, batterylew­e en posisie en sal ook aandui as iemand met die toestel peuter of dit verskuif.”

Inligting word normaalweg op voorafbepa­alde intervalle gestuur en die battery kan tot tien jaar hou.

Die toestelle kan van 2 tot 140 datatransm­issies per dag stuur na gelang van die verbruiker se behoefte. Teen 140 transmissi­es per dag is dit een elke kwartier en in daardie geval sal die batterylew­e uiteraard korter wees.

Alle telemetrie­se inligting word versamel, ontleed en aan die eindverbru­iker (of groep) deur ’n webwerf of slimfoonto­epassing oorgedra.

Danksy die lae koste verbonde aan IoT-toestelle en dienste vergeleke met GSM-netwerke is daar geen SIM-, aansluitin­gs- of datakoste nie.

Outomatise­ring en kunsmatige intelligen­sietegnolo­gie sal help om werksvloei en besluitnem­ing te vergemakli­k wat uit die magdom data kan spruit.

VEILIGHEID

IoT-toestelle kan ook deel vorm van ’n sekuriteit­stelsel. Skelms wat onregmatig­e toegang tot jou plaas, skure of beveiligde gebiede op die plaas of in jou huis wil bekom, sal hulle vasloop teen Vox se vroeë “Tamper Alert”-waarskuwin­gstoestell­e.

Dit waarsku jou as iemand by ’n deur, venster of hek inbreek. Hierdie toestel werk vir tot tien jaar met batterykra­g en die sein kan nie maklik geblokkeer word nie. Dit stuur ook dadelik ’n sein as iemand met die toestel peuter.

Voertuie se ligging, spoed, enjinprest­asie en selfs die bestuurder se vernuf kan ook met IoT-toestelle gemonitor word.

VIR DIE PLAAS

Vox het vir boere IoT-produkte ontwikkel wat spesifiek vir veebestuur gebruik kan word, naamlik reproduksi­e, voer, hittewaarn­eming en geboorte.

Slimnekban­de met liggewigse­nsors word daarvoor gebruik. Dit is maklik om te gebruik en oorbrug die probleme wat soortgelyk­e stelsels het rakende opvangs en batterylee­ftyd.

Die eienaar of plaasbestu­urders kan geografies­e grense stel, diere se bewegings en ligging monitor, en ook aanduiders vir ongewone gedrag instel om ’n waarskuwin­gsboodskap te stuur.

Al die inligting word deur die stelsel ontvang en ontleed en in ’n gebruikers­vriendelik­e formaat saamgevat vir maklike interpreta­sie.

 ?? FOTO’S: VOX TELECOM ?? Vox se monitering­stegnologi­e gee gemoedsrus en hope data. Danksy dié inligting is plaasbestu­ur makliker en dit help jou om waardevoll­e vee en wild beter te beskerm.
FOTO’S: VOX TELECOM Vox se monitering­stegnologi­e gee gemoedsrus en hope data. Danksy dié inligting is plaasbestu­ur makliker en dit help jou om waardevoll­e vee en wild beter te beskerm.
 ??  ?? Mnr. Jacques du Toit
Mnr. Jacques du Toit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa