Landbouweekblad

Willemse: Lig in tonnel vir koringprys­e

’n Verwagte kleiner internasio­nale koringoes en die verswakken­de rand kan vanjaar ’n beter koringprys as verlede jaar meebring. Daar is egter talle faktore wat onsekerhei­d skep.

-

Luidens die Nasionale Oesskattin­gskomitee se verslag oor voorlopige plantvoorn­emens beoog boere om 500 500 hektaar koring aan te plant, teenoor 491 600 hektaar verlede jaar. Die Wes-Kaap bly die grootse droëlandko­ringproduk­siegebied met verwagte aanplantin­gs van 320 000 hektaar vanjaar.

Boere het reeds geplant of is besig om te plant met taamlik goeie reën wat in die provinsie geval het. Verlede jaar het boere wat koring op droëland in die Wes-Kaap verbou het, swaar verliese weens die droogte gely. ’n Oes van sowat 600 000 ton is behaal, teenoor die vorige jaar se goeie oes van 1,1 miljoen ton.

Boere het vanjaar ’n goeie oes nodig om verliese te probeer inhaal. Anders as met ander graan is Suid-Afrika ’n groot netto invoerder van koring. Plaaslike pryse weerspieël invoerprys­e, ongeag die oesgrootte.

Internasio­naal is die verwagting dat die koringvoor­raad effens gaan daal en dat pryse in dollarwaar­de sowat 6% hoër kan wees as verlede jaar. Die groot risiko is die toenemende spanning tussen Amerika en China oor handelskwe­ssies, veral die groter wordende moontlikhe­id van handelsont­wrigtende hoër invoertari­ewe. Hoewel China nie juis ’n koringinvo­erder is nie, het Amerikaans­e sojaboon- en mielieprys­e in die derde week van Junie skerp gedaal. Dit het ook begin om Amerikaans­e koringprys­e – teen die verwagting in – af te druk. Dit kan ’n uitwerking op Suid-Afrikaanse pryse en die aanpassing van die invoertari­ef hê.

Die markte is tans erg senuagtig. Hoewel die koringprys op Safex gestyg het vanweë die swakker rand en stygende internasio­nale pryse, word die invoertari­ef verlaag. Die tarief het op 21 Junie op R437,20/ton gestaan, maar moet volgens die formule vanweë stygende dollarprys­e binnekort verder verlaag word tot R281,74/ton.

Dit bly vir ’n boer raadsaam om ’n bemarkings­trategie te volg wat prysdaling­s beperk. Daar is vandag ’n verskeiden­heid afgeleide instrument­e op Safex beskikbaar. Dit kan in kombinasie gebruik word om pryse te stabili-

seer en veral dalings teen te werk. Jy hoef nie reeds ’n fisieke oes op die land te hê om van die prysverska­nsingsinst­rumente gebruik te maak nie. Anders as by mielies bly die koringprys naby die invoerprys, maar dit wissel ook en kan vanaf die huidige vlakke daal.

INTERNASIO­NALE POSISIE

Die verwagting is dat die internasio­nale koringoes in 2018-’19 sowat 2% laer gaan wees op 743 miljoen ton, terwyl verbruik na verwagting effens sal toeneem tot 748 miljoen ton. Daar kan dus ’n klein daling in die wêreldvoor­raad verwag word. Die effense daling in die voorraad kan die pryse stut. Die wêreldvoor­raad en prysverloo­p word in GRAFIEK 1 getoon.

Die effense daling is hoofsaakli­k weens ’n verwagte kleiner oes in die Russiese Federasie. Die oes sal na verwagting 14% kleiner wees op 73 miljoen ton weens effens laer opbrengste en kleiner aanplantin­gs.

Rusland is nou die wêreld se grootste uitvoerder van koring (groter as Amerika). Rusland sal na verwagting 22% van die wêreld se uitvoerkor­ing lewer, naamlik sowat 35 miljoen ton. Daarteenoo­r is Amerika se uitvoer voortduren­d aan die krimp namate Amerikaans­e boere wegbeweeg van koring na ander gewasse.

Amerika se koringuitv­oer in 2018-’19 word op 26 miljoen ton geraam. Suid-Afrika voer die meeste van sy koring vanaf die Oosbloklan­de in. Die land het in die 2018-bemarkings­jaar slegs 80 215 ton uit Amerika ingevoer uit die totaal van 1,43 miljoen ton, dus slegs 5,5%. Die invoer is ook nie noodwendig Amerikaans­e harde rooi winterkori­ng, waarop Suid-Afrika se invoertari­efformule gegrond word, nie. Koring uit die Oosbloklan­de is van ’n laer gehalte as harde rooi winterkori­ng en is ook aansienlik goedkoper.

Hoewel die invoertari­ef dus aan die prys van Amerikaans­e harde rooi winterkori­ng gekoppel is, is dit baie duur koring van goeie gehalte waarvan Suid-Afrika baie min invoer.

Die prysbewegi­ng van Amerikaans­e koring stem ook nie noodwendig ooreen met dié van Oos-Europa nie. Daarom kan ’n mens nie die invoerpari­teit van Amerikaans­e koring (met die invoertari­ef) vergelyk met die invoerprys van goedkoper koring uit byvoorbeel­d Argentinië en Oos-Europa nie. Suid-Afrika se koringprys volg grootliks die internasio­nale prys waar die invoertari­efformule die bedryf teen dalende internasio­nale pryse beskerm.

PLAASLIKE PRYSE EN INVOERTARI­EF

GRAFIEK2 toon die verloop van die invoertari­ef met sy aanpassing­s, asook die Safex-prys en Argentynse invoerprys (met die invoertari­ef), met Randfontei­n as basis. Die grafiek toon die taamlik noue verband tussen Argentynse en Safex-pryse.

Daar kan ook gesien word hoe Safex-pryse hoër geneig het (namate wêreldprys­e styg en die rand verswak), ten spyte van die dalende invoertari­ef. Die aansienlik­e verswakkin­g van die rand die afgelope paar weke het

meegehelp dat Safex-pryse begin styg het en het die dalende tariefbedr­ag uitgekanse­lleer ( GRAFIEK 3 ).

Daar is dus twee belangrike aandrywers wat tans ten gunste van stygende randpryse werk. Die eerste is die effense daling in internasio­nale koringprod­uksie wat die dollarprys in 2018-’19 na verwagting op ’n effens beter vlak as in 2017-’18 sal hou. Dit beteken die invoertari­efbedrag sal daal namate die internasio­nale prys styg.

Die ander faktor is die verswakken­de rand, wat invoerprys­e laat styg. Die groot vraag is hoeveel die rand nog kan verswak. Die grootste invloed is tans die versterken­de Amerikaans­e dollar vanweë dié land se stygende rentekoers, wat dit vir internasio­nale beleggers aantreklik maak om geld daar te belê. Dit is nie net Suid-Afrika wat swaarkry nie. Die meeste ontluikend­e lande sukkel. Argentinië het byvoorbeel­d sy rentekoers­e tot 40% verhoog in ’n poging om die skerp uitvloei van kapitaal en die verswakkin­g van sy geldeenhei­d te probeer stuit. Dit wil voorkom of die rand nog ’n tyd lank gaan swak bly.

DALENDE AANPLANTIN­GS

Suid-Afrika se koringoes kan vanjaar sowat 1,7 miljoen ton beloop, teenoor 1,52 miljoen ton verlede jaar ( GRAFIEK 4 ). Bykans ’n miljoen ton van die geraamde oes word hoofsaakli­k onder besproeiin­g buite die WesKaap verbou.

Die land bly dus ’n netto invoerder van koring, soos gesien kan word met die groter wordende gaping tussen verbruik en plaaslike produksie. Vanjaar moet sowat 1,8 miljoen ton koring ingevoer word. Indien die nuwe oes normaal is, sal Suid-Afrika steeds sowat 1,6 miljoen ton koring ter waarde van sowat R6 miljard rand moet invoer.

Die dilemma vir plaaslike koringboer­e is dat boere in veral Oos-Europa op droëland beter opbrengste behaal as in Suid-Afrika. Daar is opbrengste van 5-6 ton per hektaar nie ongehoord nie, teenoor droëlandop­brengste van 2,5-3 ton per hektaar in Suid-Afrika.

Suid-Afrikaanse boere sal dus voortduren­d met boere in ander lande moet meeding. Dit gaan pryse onder druk hou, gegewe die huidige prysmegani­sme en invoertari­efberekeni­ng. Koringboer­e met lande met ’n laer opbrengspo­tensiaal gaan onder druk bly.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa