Landbouweekblad

KRIPTOSPOR­IDIUM MAAI WEER ONDER KLEINVEE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE voorkoms van kriptospor­idiose onder kleinvee het sulke afmetings afgeneem dat sommige boere besluit het om eerder hul skaapboerd­erye te laat vaar.

Dít was die ontnugtere­nde boodskap van dr. Ariena Shepherd, ’n veearts van Bergville in KwaZulu-Natal, op die Herkouerve­terinêre Vereniging (RuVASA) se kongres in Johannesbu­rg. Sy sê kriptospor­idiose het veral groot skade aan boerderye in KwaZulu-Natal en die Vrystaat aangerig.

“Die kriptospor­idium-protosoa is uiters gehard en kan in die moeilikste toestande oorleef. Die protosoa vermeerder teen ’n vinnige tempo en kan binne ’n paar dae vrektes by jong diere veroorsaak.”

Kriptospor­idiose het boonop die geneigdhei­d om ’n dier se

gesondheid te laat agteruitga­an, selfs nadat die dier behandel is.

“In die verlede is daar verskeie behandelin­gs voorgestel, waaronder om elektrolie­te, multivitam­iene en probiotika aan die diere toe te dien, maar dit is nie altyd geslaag nie. Verskillen­de middels is ook voorgeskry­f, maar ook met gemengde sukses.”

VOORKOMING IS BETER AS GENESING

Die beste verweer teen die siekte is in strategies­e voorkoming­saksies, soos om lamhokke en stalle met chloordiok­sied of formalien en ’n skropborse­l skoon te maak.

Biosekerhe­idsmaatreë­ls moet toegepas word en diere moet die regte inentings op die regte tye kry.

“Hoewel daar nie ’n entstof teen kriptospor­idium bestaan nie, lê die geheim daarin om diere se gesondheid en hul immuniteit so sterk as moontlik te hou. Dit beteken ook dragtige diere mag geen mineraalte­korte hê nie, wat beteken dat rantsoene ook ’n belangrike rol speel.”

Shepherd waarsku ook teen die wangebruik van antibiotik­a.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa