Landbouweekblad

Koester kleinboere om landbou te laat herleef

- — FREDALETTE UYS

GEE onprodukti­ewe, marginale plase aan markgerigt­e kleinboere. Dít is een van die oplossings wat prof. Ben Cousins van die instituut vir armoede-, grond- en landboustu­dies (Plaas) vir grondhervo­rming voorgestel het op die landbousak­ekamer Agbiz se konferensi­e in Port Elizabeth, wat elke twee jaar aangebied word.

Hy sê daar is tans sowat 250 000 markgerigt­e kleinboere wat produkte aan die informele markte lewer vir kontant. Daar word min navorsing oor hulle gedoen en min inligting is dus beskikbaar.

Daarby bestaan ’n groot en produktiew­e veesektor in die kommunale gebiede. “Dit is ’n groot hulpbron wat ons nie benut nie.”

Cousins stel voor dat onprodukti­ewe, marginale plase aan dié boere oorgedra word en dat die topboere alleen gelaat word sodat voedselpro­duksie in Suid-Afrika nie benadeel word nie.

NÓG MODELLE NODIG

Volgens Cousins sal buite die kommersiël­e model vir die landbou gekyk moet word om grondhervo­rming in Suid-Afrika aan te pak. “Die landbou en boerderye in Suid-Afrika word meestal deur die lens van die groot, kommersiël­e model vir lewensvatb­aarheid beskou asof dit die enigste manier is hoe die landbou suksesvol kan wees, al word grondhervo­rming tans op kleinboere gerig.

“Boerderyst­elsels is verskillen­d en daar is ’n hele spektrum van stelsels. Grootskaal­se, kommersiël­e boerderye wat hoogs tegnologie­s, produktief en op die uitvoermar­k gerig is, is net een punt op die skaal.”

Hy sê die debat wat tans gevoer word, gaan net oor hoe grond gekry kan word, maar nie oor wat daarmee gedoen gaan word nie.

Cousins sê klein boerderye in Suid-Afrika is uiteenlope­nd, en moet anders verstaan en ondersteun word. Onvoldoend­e steun aan kleinboere laat hulle met probleme ten opsigte van toegang tot krediet, opleiding, voorligtin­g, vervoer, tegniese dienste, veeartseny­dienste en toegang tot produksiem­iddele en markte.

Nog ’n rede daarvoor is dat die modelle wat vir hulle ontwerp is, nie gepas is vir hul omstandigh­ede nie.

UITGESLUIT

Cousins sê weens die afwesighei­d van ’n wyer stel regulasies oor verkryging en aansporing neig die oorheersen­de markspeler­s in die private sektor om kleinboere uit te sluit ten opsigte van hul praktyke en vereistes.

Hy sê die teikenstel­ling van begunstigd­es vir grondhervo­rming is ongelukkig ’n one size fits all-benadering en staatsampt­enare is nie bevoeg om aan te pas by die uiteenlope­nde aard van klein boerderye nie.

Voorts meen Cousins steunproje­kte aan kleinboere uit die private sektor is op ’n klein skaal en nie baie doeltreffe­nd nie. Hy stel voor dat ’n nuwe proses binne die volgende twee jaar begin word om ’n witskrif vir grondhervo­rming op te stel wat toon dat daar uit die foute van die verlede geleer is.

Cousins sê die nuwe politieke leierskap bied die geleenthei­d om grondhervo­rming te vernuwe. “Met die huidige hoë vlak van werklooshe­id is daar nie ’n volhoubare toekoms vir Suid-Afrika nie.

“Ek weet nie wat die oplossing vir landboubes­ighede is nie, maar as almal oor Suid-Afrika heen byeenkom en met mekaar in gesprek tree, glo ek daar sal oplossings gevind word.”

‘Boerderyst­elsels is verskillen­d en daar is ’n hele spektrum van stelsels.’

 ??  ?? Prof. Ben Cousins
Prof. Ben Cousins

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa