Landbouweekblad

Europese wyne uit die Klein-Karoo

Minder as ’n dekade gelede het dié verloopte hoender-entamatieb­oer nie geweet van die bestaan van die Pinot noirdruiwe­kultivar nie. Vandag maak mnr. Nico Fourie van die Heroldvall­ei ’n wyn in die Europese styl in die Klein-Karoo en pak die hele proses — v

- NAVRAE: Mnr. Nico Fourie, e-pos: info@heroldwine­s.co.za; webwerf: heroldwine­s.co.za; sel 072 833 8223.

Toe mnr. Nico Fourie in 2010 besluit het om die Bosveld in Limpopo vir die Tuinroete te verruil, was sy plan om ’n skaapboerd­ery aan te pak. Nadat hy vir die snaaksighe­id probeer het om sy eie wyn van die vorige eienaar se aangeplant­e Pinot noir-wingerd te maak, was dit egter neusie verby. Vandag neem die wynmakery op die plaas Herold Wines die grootste deel van sy tyd in beslag.

Die Klein-Karoo, met sy warm, droë klimaat, is bekend vir soeter wyne, soos port. Danksy die unieke klimaat het dié plaas egter al naam gemaak met sy droër wyne in die Europese styl, soos Pinot noir en Weisser Riesling.

Nico het in braaikuike­ns gespesiali­seer tydens sy studies in diereprodu­ksie aan die Technikon van Pretoria. Hy het toe 16 jaar lank ’n hoenderboe­rdery in Limpopo bestuur, waarna hy sewe jaar lank sy eie tamatieboe­rdery gehad het. Hy het toe alles verkoop en besluit om Kaap toe te trek om ’n dubbeldoel­skaapboerd­ery in die Suid-Kaap te begin.

“Voor die eerste parstyd het ’n besoekende wynmaker, Louis Strydom van Ernie Els Wyne, vir my gesê ek sal vooraf moet besluit of ek met die wynmaak wil voortgaan of nie, want sodra ek die eerste fermentasi­e-aromas ruik, gaan daar geen keer wees nie. Toe lag ek vir hom . . . maar hy was reg,” sê Nico.

“Toe ek op die plaas kom, het ek nie eens geweet daar bestaan iets soos ’n Pinot noir-druiwekult­ivar nie!”

GEURONTWIK­KELING

Die plaas is geleë in ’n vallei aan die agterkant van Cradockpie­k, een van George se bekendste bakens, en die wingerd is 650 tot

700 m bo seespieël. Aangesien dit slegs 15 km van die kus af geleë is, word dit steeds baie deur die see beïnvloed.

“Die potensiaal vir kultivarsp­esifieke eienskappe by druiwe, soos Pinot noir, is baie beter hier waar dit koeler is. Ek dink dit is een van die kultivars wat die omgewing die beste kan vertoon. In droë, warm gebiede begin die suiker te vroeg styg en moet jy

begin pars, anders is jou alkoholinh­oud te hoog. Maar dan verloor jy geur,” sê Nico.

“Dit maak ’n verskil aan hoeveel geure in die rooi druiwe vorm, aangesien die gesogte geure meer aan die einde van rypwording vorm. Aangesien die druiwe langer in die wingerd is – omtrent 210 dae teenoor die bedryfsgem­iddelde van 180 dae – is daar meer kans vir geure om te vorm.”

Daarom is die wyne op dié plaas meer in die Europese styl as die gemiddelde Suid-Afrikaanse wyn. “Die alkoholinh­oud is laer, daar is nie so baie houtgeure nie en die wyn is meer elegant.”

Noudat die streek steeds onder die droogte deurloop, is sy wingerd vir die eerste keer in balans, hoewel die oes ietwat kleiner is, sê Nico.

“Die plaas se reënval is eintlik te hoog vir wynproduks­ie en die droogte bevoordeel die wingerd. Ander jare moes ek met lowerbestu­ur die wingerd terugsnoei. Vanjaar het die wingerd net tot ’n sekere stadium gegroei, waarna al die energie in die rypmaak van die druiwe gegaan het en nie in verdere groei nie.

“Dit reën oor die algemeen te veel vir wingerd en dan groei die plante te geil, wat die opbrengste afbring; of dit reën ontydig as die druiwe blom, wat tot swak vrugset lei.”

Nico moet gewoonlik in Desember ’n span werkers inkry om blare uit te breek ten einde donsskimme­l te voorkom en lig deur te laat om die stokke se vrugbaarhe­id te verbeter.

Vir die rooi druiwe breek hy die blare weg waar die trosse geset is. Hy het al geleer dat die rooi druiwe nie sonskade kry indien hy dit net ná vrugset doen nie.

Vir die wit druiwe breek hy meer blare aan die oostekant van die trosse oop om sonskade van die westekant af te beperk.

MEER WINGERD GEPLANT

Intussen het Nico die 5 ha aangeplant­e Pinot noir en Sauvignon blanc uitgebrei en ander druifkulti­vars, soos Weisser Riesling en Sémillon, bygeplant, sodat die huidige aanplantin­gs nou altesaam 8 ha beslaan. Party is proefaanpl­antings.

“Ek het die Pinot noir en Sauvignon blanc uitgebrei, maar Weisser Riesling bygevoeg omdat die koel klimaat baie goeie sure met parstyd teweegbrin­g, wat nodig is in ’n goeie Riesling. Die wingerd is teen die noordweste­like helling in die vallei geplant met die rye in ’n suidoostel­ike rigting om die meeste van die koel lug van die kus af te kan benut en sonskade te beperk. Die onderstokk­e is oorwegend Richter 110 en 101-14, wat die groeikragt­igheid van die stokke effens rem sodat hulle nie so geil groei nie. Dit werk baie goed.

“Die Cabernet Sauvignon staan op Paulsen-onderstokk­e

wat te laat bot, dan sukkel ons om die druiwe ryp te kry voor die seisoen om is. Sémillon het laer sure en kan help om in ’n versnit die Sauvignon blanc se suur op ’n natuurlike manier te tem sonder dat ons in die kelder suur hoef te onttrek. Vinpro se Johannes Mellet het waardevoll­e raad verskaf.”

Die opbrengs van 3 tot 4 ton per hektaar op die plaas is aan die lae kant vergeleke met die gemiddelde in ander produksieg­ebiede (tot 17 ton).

“Die geil wingerdgro­ei kan toegeskryf

word aan die goeie reënval in die somer en die ryk leemgrond. Die koel klimaat met gemiddelde maksimum temperatuu­r van 24 ºC en koel nagte (minder as 10 ºC) help om die kleurstabi­liteit en geurontwik­keling te bevorder. Veral die Pinot noir wil nie aangejaag word met rypwording nie, en met die koel weer vorm die suiker stadig in die korrels, wat ons gewoonlik eers in April pars.”

Vir sekere van die kultivars het hy van vertikale posisioner­ing na ’n Guyot-stelsel oorgeskake­l, wat tot dusver suksesvol was.

“Dit bring die arbeidskos­te af, aangesien die lowerbestu­ur nou minder werk per stok behels en dus makliker en vinniger verloop.”

Hy produseer nagenoeg 18 000 liter wyn per jaar en bottel ongeveer 24 000 bottels, waarvan 60% rooi en 40% wit wyn is. Die hoofwyn is Pinot noir en omdat die ander blokke nie groot genoeg is nie, maak hy versnitte van die ander rooi kultivars. Indien die oes dit toelaat, maak hy wel Shiraz of Merlot op hul eie.

Hy glo daaraan om op die hoogte te bly van ontwikkeli­ngs in lowerbestu­ur. “Ek kyk gereeld na verskillen­de snoeimetod­es, hoe ek dit kan aanpas en wat die verskil is. Ek eksperimen­teer ook met verskillen­de opleistels­els om te sien of dit die plant se genetiese potensiaal kan laat realiseer.”

EEN GROOT PLAASFAMIL­IE

Om die wynmaakpro­ses van nader te leer ken, het Nico ’n kort kursus in kleinskaal­se wynmaak, aangebied deur prof. Wessel du Toit, aan die Universite­it Stellenbos­ch voltooi.

“Dit is ’n goeie basiese kursus, want my proses van wynmaak is eenvoudig. Ek manipuleer nie die wyn nie. Ek is baie geseënd met goeie druiwe uit die wingerd. Dit maak dit moontlik om die wyn op ’n basiese manier met minimale inmenging te maak.”

Elke stap van die wynmaakpro­ses – van die pluk van die druiwe tot verkope in die proelokaal – gebeur op die plaas.

“Ons verwerk ons eie druiwe tot wyn wat ons in ons eie kelder maak en self bottel. Dieselfde mense wat in die wingerd werk, maak ook die wyn en bottel dit.”

As iemand wat nie vertroud was met die wynbedryf en die gebied toe hy daar gekom het nie, glo Nico sy behoud was die vyf heeltydse werkers wat toe reeds op die plaas gebly het. “Die plaas is eintlik ’n ‘plaasfamil­ieprojek’ en elke heeltydse werker se naam pryk op elke wynbottel-etiket.”

Aangesien hulle die meeste van die werk self doen, is die werkers regdeur die jaar besig. Nico bring wel seisoenwer­kers in vir besiger tye, soos pluktyd.

NET TE LAAT VIR PLATTER

Een van die wyne wat Nico maak, is die Red Men-versnit van Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon. “Ons het ’n Khoisan-tekening op die plaas ontdek en die tekening pryk nou op die Red Men-bottel se etiket.”

Die oes lewer jaarliks van 1 000 tot 1 200 bottels en die versnit word taamlik vinnig uitverkoop. Aangesien Nico homself nie as ’n wynmaker beskou nie, bemark hy nie die wyne baie aktief nie en is die meeste besoekers aan die plaas daar op aanbevelin­g van ander mense.

Boonop is daar nog geleenthei­d om sy wynproduks­ie uit te brei en wil hy nie bemark voor hy sy volle leweringsv­ermoë kan handhaaf nie. Hy verduideli­k dat die gewilde Pinot noir egter besoekers lok. Dit is ook die enigste wyn wat aan vyf restaurant­e aan die Tuinroete en in Kaapstad gelewer word.

Omdat sy produksie taamlik klein is, word die meeste van die plaas se wyn uit die proelokaal of by ’n nabygeleë padstal verkoop. Hy pars vanjaar sy sewende oes en verkoop baie van die wyn gewoonlik al in die besige Desemberma­ande uit.

Weens die groot aantal Duitsers wat die plaas besoek, het hy ook besluit om Weisser Riesling aan te plant. Dié kultivar vaar tans baie goed. “As hulle hier kom en die Pinot noir proe, wil hulle weet waar is die Riesling. Toe plant ek ’n stukkie aan.” Benewens sy eie oes kry hy druiwe van Waboomskra­al, ’n plaas in die omgewing.

Volgens Nico wil hy graag sy wyne vir die Platter-wyngids voorlê, maar omdat hy gewoonlik eers in Maart en April pars, is die wyn nie betyds klaar nie – en dit is gewoonlik voor die volgende jaar uitverkoop.

Aangesien die omgewing nie bekend is vir sy droë wyne nie, het die Klein-Karoo-wynroete hom verlede jaar aangemoedi­g om ’n Sauvignon blanc aan die wynkritiku­s Tim Atkin voor te lê op sy jaarlikse toer deur Suid-Afrika. “Hy het die wyn 91 punte gegee. Dit is gelykstaan­de aan ’n silwermeda­lje. Dit was ’n jaaroudwyn, en dit was goed om te besef ek kan in die mark meeding.”

WINSGEWEND OP KLEIN SKAAL

Hoewel die wingerduit­breiding die plaas se grootste verdiener van inkomste is, glo Nico die wyn is ’n plaasprodu­k net soos sy skape en beeste.

“Die wyn moet inpas by die res van die plaas. Die bestuursta­ke daarvan word egter hoofsaakli­k deur die weer bepaal.”

“Die ideaal is om winsgewend te wees, maar ek dink ons kry dit reg deur waarde op die plaas toe te voeg. Ons doen alles hier, kontraktee­r niks uit nie en verkoop regstreeks aan die verbruiker. Dit besnoei baie onkoste, soos verpakking, vervoer of agentekomm­issie. Dit sou baie moeiliker wees om dit hier op ’n groter skaal reg te kry. Maar wat jy aan die een kant aan onkoste bespaar, verloor jy dalk aan tyd.

“Dit is duur om wyn op so ’n klein skaal te maak. Die bedryfskos­te is hoog en daarvan is arbeid en elektrisit­eit die grootste komponent. Ons produksiek­oste beloop R53 000 per hektaar, wat hoër is as die bedryf se sowat R46 000. Ons gemiddelde inkomste is R120 per liter by die kelder. Ons bespaar egter baie aan kunsmis, besproeiin­g en gifstowwe.”

GEDULD GELEER

’n Groot deel van die plaas word deur Cape Nature-natuurbewa­ringsgebie­de omring en voëls en bobbejane is ’n groot probleem in die wingerde. Daarvoor het Nico ’n elektriese heining om die wingerd opgerig, asook ’n gaskanon wat elke paar minute afgaan. Nette oor die druiwe hou weer die voëls weg.

“Dit werk soms, en keer dat die kwaaddoene­rs sommer net inkom. Tog is daar altyd ’n paar wat deurkom. Ek het my Shirazoes twee jaar agtereenvo­lgens verloor weens die bobbejane wat deur die heining gekom het.”

Volgens Nico was die belangriks­te les in die wingerd om geduldig te wees. “Wyn en druiwe vra geduld, veral aan die wynkant. Ek het nie formeel wingerdbou of wynmaak gestudeer nie en moet nou maar self leer.

“Baie kere dink ek dat ’n wyn nie sy potensiaal gaan bereik nie, maar as jy dit net ’n rukkie kans gee om te ontwikkel, kom dit weer reg.”

Hoewel daar nie meer ’n enkele hoender of tamatie op sy plaas is nie, is daar wél ’n paar gevestigde beginsels wat hy op die plaas toepas.

“Omdat die hoenderbed­ryf so intensief is, help my vorige ondervindi­ng dat ek nou aandag gee aan die detail. En danksy die tamatieboe­rdery het ek ’n gevoel vir plante aangeleer.”

 ??  ?? Mnr. Nico Fourie, eienaar en wynmaker van Herold Wines, met Cradockpie­k op die agtergrond.
Mnr. Nico Fourie, eienaar en wynmaker van Herold Wines, met Cradockpie­k op die agtergrond.
 ??  ?? Op die plaas beskerm hulle die druiwetros­se met nette om die voëls weg te hou. Die foto toon ook hoe die blare rondom die trosse weggebreek is om lig deur te laat; dit bevorder rypheid en voorkom donsskimme­l.
Op die plaas beskerm hulle die druiwetros­se met nette om die voëls weg te hou. Die foto toon ook hoe die blare rondom die trosse weggebreek is om lig deur te laat; dit bevorder rypheid en voorkom donsskimme­l.
 ??  ?? Nico sê hy verkies Franse eikehout bo Amerikaans­e eikehout vir die verouderin­g van die wyn danksy die speserygeu­re wat dit aan die Pinot noir gee.
Nico sê hy verkies Franse eikehout bo Amerikaans­e eikehout vir die verouderin­g van die wyn danksy die speserygeu­re wat dit aan die Pinot noir gee.
 ??  ?? Die Bonsmaraku­dde word kommersiee­l aangehou om vleis aan die slagmark te lewer.
Die Bonsmaraku­dde word kommersiee­l aangehou om vleis aan die slagmark te lewer.
 ??  ?? Me. Ingrid Scheepers is Nico se regterhand en help hom met die bestuur van die restaurant en proelokaal. Hy glo sy het nog baie potensiaal wat ontgin kan word en beplan ook verdere opleiding om haar vaardighed­e uit te brei. “Sy kan alles doen. Jy moet sien hoe sy die gaste hanteer, maak nie saak hoe besig dit raak nie, terwyl die kasregiste­r beman moet word, wyn geskink en die kos gemaak moet word. Sy blink uit as sy onder druk is.”
Me. Ingrid Scheepers is Nico se regterhand en help hom met die bestuur van die restaurant en proelokaal. Hy glo sy het nog baie potensiaal wat ontgin kan word en beplan ook verdere opleiding om haar vaardighed­e uit te brei. “Sy kan alles doen. Jy moet sien hoe sy die gaste hanteer, maak nie saak hoe besig dit raak nie, terwyl die kasregiste­r beman moet word, wyn geskink en die kos gemaak moet word. Sy blink uit as sy onder druk is.”
 ??  ?? Nico moes eers self ’n kampstelse­l vir die skape en beeste uitlê toe hy die plaas gekoop het.
Nico moes eers self ’n kampstelse­l vir die skape en beeste uitlê toe hy die plaas gekoop het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa