Landbouweekblad

Willemse: Gooi nou wal teen Trump se handelsoor­log

-

Die ooreengeko­me internasio­nale handelsreë­ls binne die Wêreldhand­elsorganis­asie loop deur onder ’n ernstige, eensydige afbreekpro­ses wat Amerika begin het. Dit ontwrig reeds landboumar­kte en gaan vinnig uitkring. Suid-Afrika se landbou is bloot nie sterk genoeg om teen die groot spelers in die bedryf staande te bly nie. Bedrywe moet nou al besin oor hoe om plaaslike boere te beskerm teen dié ontwrigtin­g en met die staat begin onderhande­l.

Daar is al baie debatte gevoer oor die nodigheid dat die staat sy steun aan die landbou in Suid-Afrika moet vergroot. ’n Mens hoor soms op kongresse nog versoeke dat die staat sekere dinge moet subsidieer. Natuurlik is daar sekere dinge wat ’n regering behoort te doen. Een daarvan is om ’n gesonde beleidsraa­mwerk daar te stel met duidelike doelwitte en watter aksieplann­e gevolg gaan word om dié doelwitte na te streef.

Die tweede aspek is dié van ’n ramphulpby­standskema vir die landbou wat nie na willekeur deur staatsampt­enare toegeken word nie.

Derdens is daar die staatsbegr­oting wat as deel van die staat se funksies ’n begroting vir die departemen­t van landbou het wat sekere administra­tiewe en beheerreël­ings moet toepas. Dit raak aspekte, soos die bekamping van siektes, inspeksies en nog meer. In Suid-Afrika sluit dit ook bedrae in vir navorsing en voorligtin­g.

Die vraag is dan: Hoe vergelyk SuidAfrika met ander lande wat suksesvoll­e kommersiël­e landbousek­tore het? Het plaaslike boere soortgelyk­e staatsonde­rsteuning of is hulle op hulself aangewese?

Die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng (OESO) doen jaarliks ’n studie waar staatsteun aan die landbou in 51 lande gemeet word en bepaal word of die steun toe- of afneem.

In die laat 1980’s is in die sogenoemde Uruguay-ronde onderhande­lings binne die nuwe Wêreldhand­elsorganis­asie (WHO) gevoer. Daarvolgen­s het lande ooreengeko­m om staatsteun aan hul landboubed­rywe te verminder. Die besluit is ook geneem om veral eerder na onregstree­kse steunmaatr­eëls te beweeg, pleks daarvan om ontwrigten­de subsidies aan hul landboubed­rywe te gee wat gekoppel is aan produksie en/of uitvoer.

Daar is ook ooreengeko­m hoe tariewe ver-

laag moes word (ook in Suid-Afrika se geval). ’n Duidelike stel internasio­nale handelsreë­ls is ingestel om handel vryer te maak.

TYD VIR HERBESINNI­NG OOR HANDELSBEL­EID IN SA?

Ek dink hierdie debatte raak weer belangrik, want Amerika is besig om eensydig die internasio­nale reëls en ooreengeko­me grondslag waarop handel gedryf en dus meegeding word, te verander met dreigement­e van ’n sogenoemde tariefoorl­og.

Amerika besluit eensydig watter nuwe en verhoogde invoertari­ewe moet geld om sy bedrywe teen mededingin­g te beskerm en lande wat na Amerika uitvoer, in die proses te straf. Amerika se sekretaris van landbou het ook bekend gemaak hy oorweeg dit om ekstra subsidies aan sy boere te gee as China voortgaan om tariewe teen Amerikaans­e landboupro­dukte in te stel, wat Amerikaans­e boere finansiële verliese sal laat ly.

Dit is strydig met die ooreengeko­me WHO-reëls en verdrae. Dit raak elke dag duideliker dat die afgelope twee dekades se beweging na ’n vryer handelstel­sel en minder ontwrigten­de steun aan die landbou besig is om te verval. Dit is ’n nuwe bedreiging vir ’n land met ’n onbeskermd­e handelstel­sel soos Suid-Afrika en sy landbou.

Dit help nie die landboubed­ryf vra die Suid-Afrikaanse Regering om meer regstreeks­e subsidies aan die landbou te gee nie. Ons weet immers die staat se kas is leeg.

GRAFIEK 1 toon die verloop van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se begroting as persentasi­e van Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk (BBP). Die dalende neiging is duidelik te sien.

Dit beteken egter ons moet vroegtydig debat begin voer oor die regte beleidsmaa­treëls wat Suid-Afrika behoort in te stel, want internasio­nale reëls word tans op groot skaal verbreek. As die Regering wil voortgaan om baie nuwe boere te vestig wat kan meeding teen die verwagte en stygende handelstar­iewe en -subsidies, asook die daarmee gepaardgaa­nde verwringin­gs in markpryse, sal hy vroeg al baie meer aandag daaraan moet gee om die tariefbele­id en beskerming aan te pas teen die ontwrigten­de mededingin­g.

Amerika steur hom beslis nie aan die WHO se reëls nie. Daar is ’n lang lys ander produkte, maar kyk byvoorbeel­d na Amerika se sojaboonpr­yse wat reeds in Junie met bykans 22% gedaal het. Dit is weens China se verwagte instelling van ’n nuwe invoertari­ef van 25% (as strafmaatr­eël teen Amerika se optrede) op sowat 40 miljoen ton sojabone wat Amerikaans­e boere jaarliks na China uitvoer.

Suid-Afrika se sojaboonpr­yse word regstreeks gekoppel aan pryse op die Chicagogra­anbeurs. Dit beteken plaaslike sojabone verhandel ook teen aansienlik laer pryse as wat dit hoort. Dit benadeel plaaslike saaiboere finansieel baie en het niks met normale markkragte te doen nie. Dit is weens regstreeks­e staatsinme­nging deur Amerika en China teen die WHO-reëls.

Daar kan nie van plaaslike boere verwag word om in reeds moeilike marktoesta­nde met baie min staatsteun ook die nuwe ontwrigten­de handelsomg­ewing aan te durf nie.

Dit is ontstellen­d dat die Departemen­t van Handel en Nywerheid byvoorbeel­d nagelaat het om suiker-invoertari­ewe af te kondig. Dit het die plaaslike suikerbedr­yf groot skade berokken omdat goedkoop suiker ingevoer is uit lande wat staatsteun kry.

STAATSTEUN AAN LANDBOU

Die OESO-studie het bevind Amerika bestee ongeveer $620 miljard per jaar aan landbouste­un, wat meestal regstreeks na sy boere gaan. Dit is die ekwivalent van sowat 15% van die bruto waarde van sy landboupro­duksie. Dit beteken die boere het regstreeks­e staatsteun ter waarde van 15% van hul omset gekry.

Die ondersoek het ook bevind sowat twee derdes van die ondersteun­ing versteur die werking van markkragte en beïnvloed besluitnem­ing.

GRAFIEK 2 toon die maatstaf wat alle steun saamvat ten opsigte van die landbou en nie net dít wat regstreeks op boere betrekking het nie. Dit sluit byvoorbeel­d die staatsbegr­oting vir steun aan die landbou in, asook tariefbesk­erming en ander maatreëls wat nie noodwendig die regstreeks­e oorbetalin­g van geld is nie.

Daar is bevind dat die steun aan die landbou sedert die middel-1990’s stadig afgeneem het van sowat 1,3% van die BBP van die OESO-lidlande tot sowat 0,7% in 2015-’17.

Daar is ook uiteenlope­nde neigings, waar party lande se steun aan die landbou toegeneem het.

Die OESO-verslag het bevind daar was drie lande waar die totale steun aan die landbou (wat ook gesien word as ’n las op die ekonomie) die kwaaiste gedaal het, naamlik Colombia, die Russiese Federasie en Suid-Afrika. Daar is lande, soos die Oekraïne en Argentinië, wat by tye meer belasting uit hul landbou verhaal (byvoorbeel­d met uitvoerbel­asting) as die steun wat die landbou kry.

Effens ontstellen­der is China wat sy steun aan sy landbou skerp laat toeneem het van sowat 1,4% van sy BBP in die laat 1990’s tot 2,3% in die 2015-’17-periode. Onthou, dit sluit ook maatreëls, soos invoertari­ewe en ander subsidies, in om uitvoer te stimuleer.

Die grafiek illustreer duidelik dat Suid-Afrika onder die lande tel met die laagste totale staatsteun (al die lande kan nie getoon word nie). Daar is net drie lande waar minder steun aan die landbou gegee word, naamlik die Oekraïne, Viëtnam en Australië. Kanada se landbouste­un is effens meer as dié van die Suid-Afrikaanse landbou.

Mense wat dink die Australies­e regering steun sy landboubed­ryf, moet hul vergewis van die feite. Boere daar is net so uitgelewer aan internasio­nale markkragte en droogtes. Die groot verskil is natuurlik dat Australië ’n baie stabiele beleid het, wat andersins die landbou steun.

Die uitvoer-infrastruk­tuur is byvoorbeel­d van wêreldgeha­lte, die koste daarvan is laag en dit is uiters doeltreffe­nd omdat sowat 80% van hul landboupro­duksie uitgevoer word. Dit geld ook navorsing, waar bedrywe toegelaat word om heelwat verpligte heffings by boere in te vorder en dit te bestee aan navorsing en markontwik­keling.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa