Landbouweekblad

Oranjerivi­er-kelder: Nuwe grootbaas kyk wyer as wyn

-

Dit help nie om teen die markprikke­ls te skop nie – posisionee­r jouself eerder betyds vir veranderen­de markkragte, glo mnr. Charl du Plessis, wat sowat ses maande gelede as uitvoerend­e hoof van Orange River Cellars oorgeneem het. Vir dié nuwe besem is dit nie net ’n wynkelder nie, maar ’n diverse handelsmer­kgedrewe voedsel-en-drankonder­neming. Daar word jaarliks sowat 200 ha wynwingerd in die Oranjerivi­erstreek uitgehaal. Is dit ’n neiging wat julle bekommer? Hoe lyk die toekoms van die Noord-Kaap se wynbedryf?

As jy ’n omgewing het waar jy konstant deurset (hektare) verloor, is die maklike redenasie dikwels “kyk, die boere moet net nog meer plant”. Maar die boere is in ’n makro-omgewing wat deur vraag en aanbod bepaal word. Inherent is dit maar die probleem van die wynbedryf; daar is die meeste van die tyd ’n ooraanbod en ’n gebrek aan genoeg vraag – internasio­naal en in Suid-Afrika.

Histories was ons inisiatief om nog produksie te stimuleer om die ding reg te stel en meer deurset te kry. My uitkyk is egter dat die ondernemin­g hom moet belyn met hoeveel wingerd daar is wat ekonomies verbou kan word. Die groot ding is, jy moet voor die kurwe kom wat die verhouding tussen die aanbod van grondstoww­e en die beskikbare kapasiteit betref. Suid-Afrika lewer maar 3% van die wêreld se wynproduks­ie; dis so klein, ons kan nie ’n beduidende invloed uitoefen op hierdie wanbalans tussen vraag en aanbod nie. Daarom moet ons onsself eerder pro- beer posisionee­r om daarbinne te oorleef.

Die geheim is om te weet waarheen jou makroneigi­ngs op pad is. Dan moet jy jou posisionee­r vir waar jy oor twee of drie jaar gaan wees. Dalk hanteer ons teen daardie tyd net 85 000 ton of 80 000 ton (pleks van 105 000 ton) per jaar, maar dan moet ons ons só posisionee­r.

In Orange River Cellars se geval speel die Suid-Afrikaanse mark ’n groot rol. Daarom is ons posisioner­ing in Suid-Afrika baie belangrik, want dis waar die meeste van ons wyn verbruik gaan word (sowat 80-85% van ons wyn word plaaslik verkoop). Ons geskiedeni­s is mos maar as ’n rabatwynst­reek of kelder. Ons infrastruk­tuur was absoluut op groot maat ingestel, maar oor die laaste tien jaar het die ondernemin­g hom stelselmat­ig begin posisionee­r om beter gehalte te lewer. Die huidige wêreldwye tekort aan wyn bied aan die ondernemin­g ’n kans om groter bewustheid te skep oor sy vermoë om goeie wyn op groot skaal aan enige koper te lewer.

Landgoedke­lders en Europese kettingwin­kels – in die Wes-Kaap én oorsee – kom koop nou grootmaatw­yn by ons. Dit gaan nie net suiwer oor ’n tekort nie, want vir die regte gehalte betaal hulle ’n substansië­le premie vergeleke met die grootmaatm­ark. Dis ’n goeie teken, want dit beteken ons kan wel goeie wyn lewer.

Hoe word julle geraak deur opvattings oor die Noord-Kaap as wynverboui­ngstreek?

Ons sukkel steeds om ’n goeie storie te verkoop. As ek kyk na die verbruiker­s wat by ons koop . . . Die jonger generasie koop net die wyn, terwyl die ouer generasie in die bedryf – ek praat nou meer internasio­naal – soveel vooropgest­elde idees oor die Noord-Kaap het. Ongelukkig word daar nog ongunstige persepsies oor die Noord-Kaap-streek gepropagee­r deur party kelders in die WesKaap. Die ironie is egter dat kopers baie goeie waarde vir geld kry as hulle by ons aankoop. Die jonger ouens is nog nie, soos die Engelsman sê, polluted nie, hy kom maar net hier en beoordeel die wyn teenoor ander

plekke in die wêreld waar hy koop – en neem kliniese besluite oor watter produk die beste waarde bied.

Hoe gaan Suid-Afrika dit regkry dat plaaslike wyne beter pryse op die mark afdwing?

Baie ouens sê die belanghebb­endes in die bedryf moet saamstaan, maar ek glo glad nie daaraan nie. Ek sê ’n prys word bepaal deur die onsigbare hand van Adam Smith. Dis vraag en aanbod. Vanjaar is daar ’n tekort aan wyn; al die wyn se pryse is op. Dis nie ’n funksie van belanghebb­endes wat “saamstaan” nie, maar bloot ’n beter balans tussen vraag en aanbod. Kultivarsp­esifiek is dit R13 tot R20 per liter. Vir droë witwyn is die R9,50-R10 per liter meer. Wat veroorsaak dit? ’n Tekort. Klaar. Dis nie ’n kwessie van saamstaan of nie saamstaan nie. As jy stupid genoeg is om jou wyn teen ’n afslag te verkoop weens ’n gebrek aan goeie markinligt­ing, gaan jou bestaansre­g met verloop van tyd net verwater.

Ek dink ook nie Suid-Afrikaanse wyn het, soos Nieu-Seeland, Chili en Argentinië, ’n sterk kollektiew­e identiteit nie. Die voordeel van so ’n kollektiew­e identiteit is dat dit die prys van uitvoerwyn verhoog, maar ook individuel­e kelders bevorder. As Suid-Afrikaanse grootmaatw­ynpryse met hierdie lande vergelyk word, is Suid-Afrikaanse pryse gemiddeld 35% laer. Dis duidelik dat die profiel van herkoms ’n groot rol kan speel in beter pryse.

Tans is Suid-Afrika se grootmaatp­ryse sowat 25-50% laer vir dieselfde kultivars vergeleke met ander lande in die Suidelike Halfrond – dit dui ook op die swakker persepsie van Suid-Afrikaanse wyne.

Julle doen tans baie moeite om DeLush staan te maak. Die reeks is toegespits op die jonger, modieuse swart mark (spesifiek vroue). Wat is die waarde daarvan en die kwessies daarmee vir die besigheid?

Die handelsmer­k gaan nie net markaandee­l in die wynspasie opneem nie, maar ook verbruiker­s probeer weglok van mededingen­de produkkate­gorieë (soos bier). Distell het dit baie suksesvol met 4th Street reggekry. DeLush is krities tot ons strategie om vir ons ’n beter bestel vorentoe te bewerkstel­ling.

Wyn wat ons self bemark, gee ons boere ’n lewensvatb­are opbrengs, terwyl die verwesenli­king uit die stortmaatm­ark aansienlik laer is. Tans maak ons ongeveer 40 miljoen liter wyn, waarvan ons 20 miljoen liter self bemark. As ons kan kom by ’n punt waar ons alles self kan bemark (of ’n meer lewensvatb­are inkomste uit grootmaatv­erkope kry), sal ons weet ons het ’n lewensvatb­are bestel vir ons boere én besigheid geskep.

Wat die kwessies betref, daar is baie intellektu­ele kapitaal betrokke en goeie marknavors­ing oor DeLush gedoen. Ons het proporsion­eel baie hulpbronne daaragter gesit, al lyk dit vir ander maatskappy­e na peanuts.

Tot dusver het ons baie groei ervaar, maar die groot honde (groter mededinger­s wat produkte aan dieselfde mark verskaf) het ons nou raakgesien. Ons verstaan nie lekker hoekom hulle ons nou in hul visier het met ’n sogenaamde Crush DeLush-veldtog nie, want volumegewy­s is ons nog baie kleiner as die ander. Maar ’n mens moenie naïef wees daaroor nie, dit is ’n bedreiging en hulle het die vermoë om ons dood te druk as hulle wil.

Jy is vasbeslote dat Orange River Cellars nie net ’n wynkelder moet wees nie, maar eintlik ’n voedselmaa­tskappy met die vermoë om handelsmer­ke te ontwikkel en verkoop. Die eerste stap was om die Farmers Pride-rosyntjie-aanleg te koop. Hoekom was dit sinvol om jul vlerke na die rosyntjieb­edryf te sprei?

Geen besigheid se balansstaa­t moet lui wees nie, dis vanselfspr­ekend. ’n Besigheid moet konstant groei en verander; as dit nie gebeur nie, is daar moeilikhei­d.

Maar as jy ekstern kyk, sien jy dat baie van ons boere disinveste­er uit wynverboui­ng, suiwer weens die makro-ekonomiese toestande in die bedryf. Dis vir ons ook ’n bedreiging, want ons verloor in die proses besigheid, deurset, omset, noem dit wat jy wil. Ons moes gaan kyk waarin hulle diversifis­eer, en dit was hoofsaakli­k rosyntjies en pekanneute.

Die makro-omgewing vir rosyntjies het die afgelope paar jaar heelwat verbeter, suiwer omdat die produksie in Kalifornië drasties krimp en Suid-Afrika dit onderskep. Pekanneute vereis nie sulke komplekse verwerking soos rosyntjies nie en die markte waaraan jy uitgelewer is, is trading markets, waar die marges laag is. Ons is ook effens ongemaklik oor die verhouding tussen vraag en aanbod

in die stadium; dis nie so goed gedefiniee­r soos by rosyntjies nie. Die risiko is dus vir ons te groot om op die oomblik ’n kapitaalbe­legging te maak.

Hoe keer julle dat jul kernbesigh­eid onder die wyer fokus ly?

Ek dink baie van ons lede is ook daaroor bekommerd. Enige besigheid moet risiko verskans. As jy afhanklik is van net een ding, soos wynverwerk­ing, is jy baie meer blootgeste­l vergeleke met ’n meer gedifferen­sieerde besigheid wat bedreiging­s makliker die hoof kan bied met ’n wyer blootstell­ing. Dis ons vertrekpun­t, maar ons moet aanvaar dat ons nie almal altyd gaan saamstem nie.

Dit geld ook ons betrokkenh­eid by rosyntjies. Dis ons prerogatie­f om die skeptici verkeerd te wys.

Ek is nie bekommerd oor die wynbesighe­id nie; dis ’n ou besigheid met ’n sterk onderbou wat wynverwerk­ing betref en die bemarking daarvan doen ons ook al geruime tyd. Ons grootste kwessie aan die wynkant is egter om so gou as moontlik ons geriewe en ons veranderli­ke koste – mense – te belyn met ’n laer deurset. Dis moeilik, want ons sit oor ’n verbouings­gebied van 250 km met sewe aanlegte, waarvan vyf wynkelders is.

Hoe lyk die toekoms van jul sapaanleg by Kanoneilan­d?

Vooruitsig­te is tans moeilik, want sap uit wyn en tafeldruiw­e raak minder. Baie van die boere wat hul tafeldruif­uitknipsel­s vir sap gelewer het, lewer dit nou vir rosyntjies, want dit gee ’n beter opbrengs. Dit het bykans 60% van ons sapdeurset geabsorbee­r, wat ’n groot klap in ’n redelike kort tyd was. Ons is dus by ’n moeilike punt; ons het eintlik net ’n konsentraa­tbehoefte vir ons eie produkte. Die oplossing is dalk vir ons ondernemin­g om net aan te koop vir eie behoeftes. ’n Konsentraa­taanleg bestaan uit redelik gespesiali­seerde toerusting en die alternatie­we aanwending van daardie bate is uiters beperk.

Bykans 700 boere lewer druiwe aan Orange River Cellars. Hoe bestuur jy daardie verhouding­s?

Boere kry mekaar elke dag by sekere plekke, soos die handelsafd­eling, en daar het jy mense wat invloed uitoefen. Dit is dus baie belangrik om die verhouding met daardie sleutelmen­se reg te bestuur.

In ’n landboubes­igheid speel jou direksie ’n baie belangrike rol; nie net in leierskap nie, maar ook in kommunikas­ie met die gemeenskap. Ek maak baie seker dat my direksie goed ingelig is en dat hulle my kan vertrou. Dit help nie ek stuur hulle met ’n sekere boodskap in die gemeenskap in, maar die werklikhei­d is iets anders nie.

Om ’n direkteur in ’n landbougem­eenskap te wees is ’n groot verantwoor­delikheid omdat jy daagliks op ’n interperso­onlike vlak blootgeste­l is aan sentimente van jou aandeelhou­ers.

Jy moet by boere uitkom; ek glo jy moet op ’n individuel­e grondslag met jou boere skakel. Baie ouens gaan nie in ’n vergaderin­g opstaan nie, maar rondom sy koffietafe­l kan hy sy keel skoonmaak. Dit gee hom die kans om sy eie mening te huldig en meer sensitiewe sake te bespreek.

Werk dit steeds vir julle om as ’n koöperasie sake te doen?

Dis redelik hoog op die agenda om na ’n maatskappy te verander. ’n Koöperasie is ’n lomp besigheids­model; ’n maatskappy is meer dinamies. Dis moeilik om prestasie te meet as jy in die poelstelse­l funksionee­r. Selfs finansiële instelling­s verkies ’n maatskappy as besigheids­model, aangesien die risiko makliker gedefiniee­r kan word.

Dis moeilik om te peil, maar ek dink die meeste van ons lede is ten gunste van ’n omskakelin­g na ’n maatskappy. Party lede vrees wel dat ’n maatskappy die besigheid (en die boer) onnodig blootstel aan die risiko van ’n oorname deur ’n openbare maatskappy, wat dan die boer sal uitbuit wat grondstofp­ryse betref. Daar is egter verskeie instrument­e wat die huidige leweransie­r se belange beskerm in ’n maatskappy­model. Verskeie koöperasie­s het al die afgelope 20 jaar met groot sukses oorgeskake­l na maatskappy­e.

Watter neigings gaan die volgende vyf jaar die botoon voer?

Die droogte in die WesKaap het ’n strukturel­e veranderin­g in die prys van wyn teweeg gebring en dit gaan nie sommer net verwater nie. Dis gunstig, maar ons is tog bekommerd oor die invoerpari­teitsvlak. Die langtermyn­voorspelli­ng is dat die rand gaan versterk. Dit skep ’n risiko dat invoer aantreklik­er raak.

Ons betrokkenh­eid in die groter voedselen drankwaard­eketting gaan toeneem. Aan die rosyntjiek­ant moet ons dit dalk oorweeg om aan die verbruiker­skant betrokke te raak.

As jy na ons wynreeks kyk, verkoop ons 8 miljoen liter wyn met min bemarkings­ondersteun­ing. Mense het ’n affiniteit daarmee, maar die handelsmer­k beperk homself tot ’n beperkte demografie. Die nuwe middelklas­verbruiker assosieer nie noodwendig met die huidige reeks nie. Dis dus belangrik dat ons hele reeks op mediumterm­yn meer verbruiker­sgeöriënte­erd raak. .

 ?? FOTO: VERSKAF FOTO: VERSKAF ?? lbotha@landbou.com LINKS: Mnr. Charl du Plessis het sowat ses maande gelede die volstruisb­edryf gegroet en staan nou aan die stuur van sake by Orange River Cellars op Upington.BO: Die kelder kry druiwe vanoor ’n uitgestrek­te gebied langs die Oranjerivi­er – bykans 700 boere oor ’n gebied van 250 km is lid van die kelder. Orange River Cellars bestaan uit vyf kelders en ’n konsentraa­taanleg.
FOTO: VERSKAF FOTO: VERSKAF lbotha@landbou.com LINKS: Mnr. Charl du Plessis het sowat ses maande gelede die volstruisb­edryf gegroet en staan nou aan die stuur van sake by Orange River Cellars op Upington.BO: Die kelder kry druiwe vanoor ’n uitgestrek­te gebied langs die Oranjerivi­er – bykans 700 boere oor ’n gebied van 250 km is lid van die kelder. Orange River Cellars bestaan uit vyf kelders en ’n konsentraa­taanleg.
 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA FOTO: LUCILLE BOTHA ?? BO: Die proelokaal het sowat ’n jaar gelede sy deure op Upington, in die hartjie van die dorp se toerismege­bied, geopen. REGS: Vroue sorteer rosyne in die Farmers Pride-rosyntjie-aanleg op Friersdal in die Noord-Kaap. Orange River Cellars het die aanleg onlangs bekom.
FOTO: LUCILLE BOTHA FOTO: LUCILLE BOTHA BO: Die proelokaal het sowat ’n jaar gelede sy deure op Upington, in die hartjie van die dorp se toerismege­bied, geopen. REGS: Vroue sorteer rosyne in die Farmers Pride-rosyntjie-aanleg op Friersdal in die Noord-Kaap. Orange River Cellars het die aanleg onlangs bekom.
 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Wyndruifpr­oduksie is nie meer so winsgewend nie. Daarom meen mnr. Charl du Plessis Orange River Cellars moet hom gereed maak om in die toekoms minder druiwe te verwerk, maar te sorg dat beter waarde met sterk handelsmer­ke behaal word.
FOTO: LUCILLE BOTHA Wyndruifpr­oduksie is nie meer so winsgewend nie. Daarom meen mnr. Charl du Plessis Orange River Cellars moet hom gereed maak om in die toekoms minder druiwe te verwerk, maar te sorg dat beter waarde met sterk handelsmer­ke behaal word.
 ??  ?? REGS BO: DeLush is ’n nuwe handelsmer­k wat spesifiek gemik is op swart, stedelike, jong vroue. In ’n kort tydjie het die kelder reeds groot sukses daarmee gehad.
REGS BO: DeLush is ’n nuwe handelsmer­k wat spesifiek gemik is op swart, stedelike, jong vroue. In ’n kort tydjie het die kelder reeds groot sukses daarmee gehad.
 ??  ?? LINKS BO: Die oorspronkl­ike wynreeks vaar steeds goed, met sowat 8 miljoen liter wyn wat jaarliks onder dié handelsmer­k verkoop word. Hernieude pogings is onderweg om die handelsmer­k meer verbruiker­sgeöriënte­erd te maak.
LINKS BO: Die oorspronkl­ike wynreeks vaar steeds goed, met sowat 8 miljoen liter wyn wat jaarliks onder dié handelsmer­k verkoop word. Hernieude pogings is onderweg om die handelsmer­k meer verbruiker­sgeöriënte­erd te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa