Landbouweekblad

Wêreld staan tou vir SA appels!

Die toekoms van appelbemar­king lê opgesluit in een eienskap: rooi. Die Flash Galaappelk­ultivar doen sy naam gestand en verskaffer­s kan nie voorbly met plantmater­iaal nie. Groot groei, ook in Afrika, word voorspel.

- NAVRAE: Mnr. Calla du Toit, e-pos: calla@tru-cape.com; webwerwe: www. bigbucksap­ples.com; www.tru-cape.com

Die Flash Gala is die kultivar uit die Suid-Afrikaanse Plantverbe­teringsorg­anisasie (Sapo) se genetikave­rmeerderin­gstal wat die vinnigste tot nog toe verkoop. Daar is al meer as 250 000 bome verkoop. Volgens mnr. Calla du Toit, vrugtebema­rkingsbest­uurder by Tru-Cape, sou vanjaar nóg 500 000 bome verkoop kon word as dit beskikbaar was. Tru-Cape, wat saam met Pink Vein die plantteler­sregte hou, beraam sowat 2 miljoen bome sal teen 2020 in Suid-Afrika alleen aangeplant wees.

Die rede? Verbruiker­s is gaande oor dié volrooi Gala. Dit slaan nie terug na die gene van sy ouers toe nie en – anders as ander Gala-kultivars (selfs die Corder Gala waaruit die BigBucks-mutasie ontstaan het) – hoef dit net een keer gepluk te word. Dit is dus aansienlik goedkoper vir die produsent om hierdie gesogte appel te kweek.

Die appel is herdoop tot Flash Gala omdat die eienaars, mnre. Buks Nel, Derek Corder en Anthony Rawbone-Viljoen, die drie aandeelhou­ers van Pink Vein, nie by die verbruiker die indruk wou wek dat dit ’n duur vrug is nie. Die vooruitsig op “groot geld” vir produsente is egter nie te betwyfel nie.

Benewens die volrooi kleur is die eienskappe van die Flash Gala presies dieselfde as

enige ander Gala, van drag tot opberging. Die kommersiël­e boorde wat reeds gevestig is, lewer van 80-100 ton/ha en die gehalte is van só ’n aard dat uitpakkoer­se volgens kleur tot 90% die norm is.

VERBETER HELE BEDRYF

Dit is dus te verwagte dat eienaars van hierdie kultivar alles in hul vermoë sou wou doen om die regte van die kultivar só te benut om die maksimum inkomste vir hulself te verseker, maar hulle het ander beginsels in gedagte. Hoewel daar tantième op die verkoop van bome en die bemarking van vrugte is, is die kultivar vir enigiemand beskikbaar om te kweek en te bemark. Die tantième per boom is R9,50. Vir die bemarking van die Flash Gala moet R0,30/kg van plaaslike bemarkte appels en $0,03/kg van uitgevoerd­e appels aan Pink Vein betaal word.

Volgens Calla is dit baie billik, aangesien ’n kultivar soos Pink Lady uitvoerder­s $0,11/kg uit die sak jaag. Vir Pink Vein en Tru-Cape is Flash Gala nie net ’n geleenthei­d om inkomste te verdien nie, maar ook om die Suid-Afrikaanse bedryf uit te bou.

“Ons as Tru-Cape besef dat die kleur van Royal Gala vir alle Suid-Afrikaanse produsente ’n probleem is, en met die Flash Gala is ons doelwit om ons totale bedryf te verbeter. Ons wil alle Suid-Afrikaanse bemarkers se wêreldwye mededingen­dheid verhoog omdat dit tot ons voordeel is as Suid-Afrika as mededingen­der beskou word,” sê Calla.

Tans is Flash Gala die enigste volrooi Gala-kultivar in Suid-Afrika, maar in die buiteland is daar reeds ander Gala-mutasies wat ook volrooi is, maar wat nie plantteler­sregte het nie. “Plantteler­sregte vir Flash Gala in Europa is nog nie afgehandel nie. Sodra daar uitsluitse­l daaroor is, sal ons weet watter rigting om in te slaan,” sê Calla oor die produksie van volrooi Galas in Europa.

Pink Vein en Tru-Cape is tans in gesprek met telers in Europa, Amerika en Australië

om BigBucks-bome daar te vermeerder en te kommersial­iseer. Die eerste proefbome is reeds daarheen uitgevoer.

Wat die produksie van volrooi gala-tipe appels in Suid-Afrika betref, is dit nog ver in die minderheid as ’n mens die totale appelprodu­ksie in ag neem. Dit is egter beslis ’n kategorie wat groei. Die kweek van tradisione­le rooi appels (die Red Delicious-tipes) neem egter af omdat die houvermoë en eetgehalte daarvan nie so goed is nie.

Die Flash Gala, wat in 2011 deur Buks ontdek is op ’n Corder Gala-boom op Oak Valley Estate, het met die bekendstel­ling van die handelsnaa­m vir Buks bykans in trane gehad. “Ons sal nooit volmaakthe­id bereik nie, maar met die Flash Gala is ons dêm naby daaraan.”

OOK AFRIKA HET ’N APTYT VIR ROOI APPELS

Hoewel tweekleur-appels (bicolours) ’n tyd lank baie gewild was, is daar deesdae ’n besliste skuif na appels met meer eenvormige kleure.

“Royal Gala het tradisione­el strepe gehad. Hoewel dit baie goed verkoop het in die Verre-Ooste, veral danksy die soet smaak, het die verwagting ten opsigte van kleur die afgelope tyd ál groter geword. Aanvanklik was Royal Gala 50% gekleur, toe raak die verwagting 60% en nou is dit al by 80%,” sê Calla.

Die rede daarvoor, sê hy, is omdat appels in die Verre- en Midde-Ooste nie noodwendig as kosprodukt­e gekoop word nie, maar ook gebruik word as geskenke of vir godsdienst­ige doeleindes, soos offerandes.

“Hoewel die smaakprofi­el van Royal Gala, Braeburn en Pink Lady steeds geld, is daar beslis die verwagting dat die appel se hele oppervlak gekleur moet wees.”

Dit is nie net belangrik in markte, soos Asië en veral China nie, maar ook Afrika het die afgelope tyd ’n aptyt vir rooi appels ontwikkel.

“Dinge het ook in Afrika verander, met ’n sterk mark wat ontwikkel vir rooi appels. Veral in Wes-Afrika het die vraag na Pink

Lady, Cripps Pink en Joya sterk toegeneem.

“Ons sien ook ál meer kopers uit Zambië, Zimbabwe, Mosambiek en Angola wat met vragmotors oor die grens kom en by die varsproduk­temark in Johannesbu­rg kom appels koop. Hulle vra altyd vir goed gekleurde tweekleura­ppels.”

Terugvoeri­ng van supermarkt­e dui ook daarop dat verbruiker­s met die oog koop. “Al die supermarkt­e sê vir ons hoe beter die kleur, hoe beter is die verkope. Die ou kultivars staan doodstil op die rakke, maar sodra goed gekleurde appels die winkels tref, verkoop dit dadelik. Mense het beslis ’n voorliefde vir vrugte met mooi kleure.”

En dit lyk of verbruiker­s ook sal betaal vir ’n vrug wat mooi rooi gaan vertoon in sy mandjie. Calla sê daar het ’n redelike prys ontwikkel vir tweekleur-appels met mooi, vol kleure. Vir Flash Gala verwag hulle om ’n premie van 10-15% bo Royal Beaut te verdien.

Die minimum kleurverei­ste vir Flash Gala is 90%, terwyl Royal Beaut s’n 80% is.

‘Ons sal nooit volmaakthe­id bereik nie, maar met die Flash Gala is ons dêm naby daaraan.’

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? BO: Die manne agter die gesogte Flash Gala is, van links, mnre. Derek Corder, Anthony Rawbone-Viljoen (albei van Pink Vein), Calla du Toit (Tru-Cape) en Buks Nel (Pink Vein).LINKS: ’n Boord BigBucks Gala-bome op Oak Valley Estate in Elgin vaar baie goed en produksie van meer as 80 ton/ha word van volwasse bome verwag.ONDER: Rooi bly maar mooi!
FOTO: VERSKAF BO: Die manne agter die gesogte Flash Gala is, van links, mnre. Derek Corder, Anthony Rawbone-Viljoen (albei van Pink Vein), Calla du Toit (Tru-Cape) en Buks Nel (Pink Vein).LINKS: ’n Boord BigBucks Gala-bome op Oak Valley Estate in Elgin vaar baie goed en produksie van meer as 80 ton/ha word van volwasse bome verwag.ONDER: Rooi bly maar mooi!
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa