Landbouweekblad

Die lesse van diversifik­asie

- NAVRAE: Overvlakte Boerdery, e-pos: wpesterhuy­se@limpopo.co.za

’n Tekort aan beskikbare grond in die noorde van Limpopo het twee swaers — gesoute sitrusboer­e — elders heen gedwing. Ná ’n landwye soektog na gewasse om hul mandjie uit te brei het die Waterberg se moontlikhe­de hulle omgeboul — en vandag verbou hulle katoen, fabrieksta­maties én suikermiel­ies om die kontantvlo­ei gesond te hou tot hul winsgewend­e pekanneut-aanplantin­gs in produksie kom.

Die gesoute sitrusboer­e en swaers mnre. Pieter Esterhuyse en Johan Pretorius van die Weipe-omgewing in Limpopo glo jy moenie al jou eiers in een mandjie sit nie. In hul soeke na ’n plaas met genoeg water om ’n permanente boomgewas te vestig én kontantgew­asse te besproei, het hulle op ’n pêrel in die Waterberg afgekom.

Met die aftrede van Pieter se pa, Willie, het die swaers die geleenthei­d aangegryp om die Overvlakte-boerdery aan die oewer van die Limpoporiv­ier oor te neem en uit te brei.

Met die lesse wat hulle by hom geleer het oor die landbou, finansiële risiko-, personeele­n hulpbronbe­stuur, het Pieter en Johan twee jaar gelede voelers begin uitsteek op soek na goeie besproeiin­gsgrond elders in die provinsie. Te midde van beleidsons­ekerheid oor grondbesit het hulle besluit om grond te soek waar die klimaat in hul guns tel om te diversifis­eer – en Vaalwater het hulle verras.

Die Weipe-omgewing was nog altyd bekend vir sy katoen en koring. Overvlakte het ook ’n sitrusboer­dery opgebou met 166 ha sitrusbome, wat Valencias en suurlemoen­e insluit. Daar plant hulle ook fabrieksta­maties vir Tiger Brands en suikermiel­ies vir die Rhodes-kosgroep op kontrak.

Die plaas van 845 ha, waarvan 270 ha uit die Limpoporiv­ier besproei word, word tans teruggehuu­r nadat ’n groot maatskappy hulle uitgekoop het. “Ons het ’n goeie verhouding met die verhuurder­s en het heel aan die begin van die onderhande­linge aan hulle verduideli­k dat ons nie kan stagneer nie. Ons boer dus voluit, asof dit ons eie grond is. Dit is ten gunste van albei partye.”

’N TWEEDE PLAAS

Die gedagte was van die begin af om ’n boerdery in ’n ander omgewing op die been te bring waar hulle ’n langtermyn­gewas, soos sitrus of pekanneute, kon verbou om hul risiko só te versprei.

Die Weipe-omgewing waarvoor hulle lief is en waar hulle die landboutoe­stande goed ken, was buite die kwessie. Daar is nie meer grond te koop nie en die meeste plase is reeds groot, suksesvoll­e familiepla­se.

Hulle het dus na ander sitrusprod­userende gebiede, soos Groblersda­l en Ohrigstad, gekyk. “Sitrus is wat ons ken,” sê Johan.

Besproeiin­gsgrond in dié gebiede is egter skaars en hulle is gedwing om verder in onbekende gebiede, soos die Noord-Kaap, na grond te gaan kyk. Daar het hulle pekanneutv­erbouing gesien, wat hulle geïnteress­eer het.

Johan en Pieter het dus gaan kyk toe hulle hoor van ’n plaas aan die oewer van die Mogolrivie­r naby Vaalwater wat op die mark

was en moontlik gunstig kon wees vir die verbouing van pekanneute.

’N NUWE GEWAS

Dié deel van die Waterberg het warm, tropiese somers en kort, maar koue winters, wat volgens kenners geskik is vir pekanneute.

Dit is eintlik tabakwêrel­d, maar die vorige eienaar het wortels aan die groentemaa­tskappy McCain gelewer en ook waatlemoen­e geplant. Op grond van ’n nabygeleë sitrusboer­dery se boorde kon hulle aflei dat sitrus wél in die omgewing sou aard, maar teen groter risiko as in die Weipe-omgewing.

In hul soeke na grond het Pieter en Johan vroeër ook na ’n makadamiab­oerdery in Levubu gekyk, en die neutmark het ál aanloklike­r gelyk. Die Waterberg is nie geskik vir makadamias nie, maar ná ’n bietjie huiswerk oor neute het hulle saamgestem dat die diep, sanderige grond van Vaalwater, die koue winters en goeie reënval moontlik gunstig vir pekanneute kon wees.

As die boorde eers gevestig is, is pekanneutb­ome baie geskik vir meganisasi­e, ’n belangrike oorweging vir Overvlakte.

Pieter het Suid-Afrika platgereis. Hy het by kenners in die Noord-Kaap en ook by ander pekanneutb­oere, soos mnr. Ivan Otto van Nylstroom wat die Suid-Afrikaanse pekanneutp­rodusentev­ereniging se verteenwoo­rdiger vir Limpopo is, gaan kers opsteek.

Alles – van boomspasië­ring tot die installeri­ng van ondergrond­se hooflyne vir besproeiin­g (met die hulp van kundiges, soos Aqua Instrument­e) — is met ’n toekomsvis­ie vir die minimum bestuur en met die oog op meganisasi­e gedoen. Mikrobespr­oeiing is ’n moet weens die sandgrond en die hoeveelhei­d water wat die bome benodig.

“Ons soek nie ’n yslike groot boom nie. Ons is uit en uit op hoër plantdigth­eid ingestel. Met die sitrus het ons gesien jy verhaal

jou inkomste baie vinniger teen ’n hoër digtheid. Ons kan later ook elke tweede boom verwyder as ons sien ons bome is te na aan mekaar. Ten minste is ons dan al in produksie en ontwrig ons net ’n halwe boord vir ’n jaar of wat,” sê Johan. Hul huidige boomspasië­ring is 12 m x 6 m, oftewel 138 bome per hektaar.

Verlede jaar het hulle Wichita aangeplant as hoofkultiv­ar, met Navaho en Ukulinga as hulpbestui­wers. Veranderin­gs word egter reeds aangebring vir vanjaar se aanplantin­g met kultivars wat eerder ’n deurlopend­e drag kan lewer, soos Wichita, Western en Choctaw, met Wichita wat homself tot 80% kan bestuif. “Ons leer nog elke dag en sal aanhou eksperimen­teer.”

VEEL MEER AS NEUTE

Vanjaar het hulle op klein skaal suikermiel­ies, katoen, rooi spikkelboo­ntjies en fabrieksta­maties geplant. Vir wisselbou word hawer aangeplant om aalwurm te onderdruk.

Johan sê die aanplantin­gs was hoofsaakli­k eksperimen­teel. “Ons was maar bang vir die suikermiel­ies weens die landwye probleem met kommandowu­rm. Ons het katoen op die proef gestel, want dit is wat ons ken. Dis net die sandgrond van hierdie omgewing wat ’n groot probleem is.”

Al was dit amper te laat vir katoen, het hulle nietemin deurgedruk en dit geplant, en dit lyk of hulle ’n heel aanvaarbar­e oes van sowat 4 ton per hektaar kan verwag. Dit is nie naastenby so goed soos hul opbrengs op Weipe nie, maar hulle wil volgende jaar weer katoen plant op Vaalwater, maar in die regte tydgleuf. Albei plase se katoen word by die pluismeul op Weipe – Weipe Cotton Gin – gepluis.

Met die tamaties het dit ook goed gegaan. Aangesien hulle op Vaalwater vroeër kan begin plant as in Weipe, kon hulle hul

gereelde kliënte vroeër van tamaties voorsien. Dit help baie met kontantvlo­ei in ’n droë tyd. Overvlakte wil volgende jaar proewe doen met ander kultivars. Hulle het gevind Vaalwater se koeler nagte as dié by Weipe is baie gunstig vir tamaties. Die vrugset en die grootte van die vrugte is ook veel beter as by Weipe, maar die hoër reënval kan lol.

Suikerboon­tjies en grondboont­jies is ’n gevestigde gewas in die area. Die suikerboon­tjies is net nog ’n kontantgew­as waarmee Overvlakte seker maak die boerdery se kontantvlo­ei bly veilig en geen grond lê onbenut nie. Hulle het dit verlede jaar vir die eerste keer geplant en het 2,5 ton/ha geoes.

Vanjaar skat Johan die oes op sowat 3 ton/ ha, ’n goeie gemiddelde boontjie-oes. Dit word aan ’n verwerker naby Roedtan gelewer teen ’n vooraf ooreengeko­me kontrakpry­s.

“Ons gaan nie ryk word daaruit nie, maar ons weet wat ons gaan kry en ons hou daarvan om ons somme vooruit te kan maak. Vaalwater is tans vir ons ’n groot leerskool en ons kan baie leer by die lank gevestigde en groot, suksesvoll­e boere in die omgewing.”

GESONDE GEWASSE

Aalwurm is ’n groot probleem in Vaalwater se sandgrond. By alle gewasse moet koste mooi dopgehou word, want die aalwurmmid­dels op die mark is duur. Hulle doen dus alles in hul vermoë om dit onder druk te hou en oorweeg om in die toekoms na biologiese bekampings­maatreëls te kyk. Voorlopig benut hulle hawer en ander toelaatbar­e middels wat aalwurm onderdruk, al is dit nie spesifiek middels om aalwurms te bekamp nie.

’n Ewe groot prolbeem is die bestryding van herfskomma­ndowurm by suikermiel­ies. Die fabriek van Rhodes Food Group vir wie Overvlakte suikermiel­ies plant, keur ’n hele vrag af as daar een lewende wurm op ’n enkele mieliekop gekry word.

Die suksesse wat behaal is met die bestryding van herfskomma­ndowurm is danksy die regte groepe chemiese middels wat op die regte tyd in die herfskomma­ndowurm se lewensiklu­s toegedien is. Dit is in noue samewerkin­g met Wenkem SA se verteenwoo­rdigers gedoen. Deeglike en tydige verkenning is deurslagge­wend. ’n Bepaalde groep chemiese middels word ook nie meer as twee keer per aanplantin­g gebruik nie om weerstand te voorkom. So bly Overvlakte ook binne die onthouding­speriodes van die verskillen­de groepe chemiese middels.

“Ons hoofvereis­te aan die verskaffer­s van ons chemikalie­ë is dat dit met veiligheid op voedselpro­dukte gebruik kan word. Ons gebruik Laeveld Agrochem, Nulandis en Wenkem se produkte,” sê Johan.

Die finale gehaltebeh­eer is egter in men- sehande en dít is waar goeie bestuur saam met arbeidsver­houdinge vir Overvlakte die deurslag gee.

Die suikermiel­ies word met die hand geoes; elke kop word oopgemaak en die plukker maak seker daar is nie wurmskade of – nog erger – ’n lewende wurm op die mieliekop nie. As die puntjie van die mieliekop beskadig is, word dit afgebreek en die mielie word weer toegevou in sy blare, want dit is hoe die fabriek dit wil hê.

Dié noukeurige oespraktyk kos wel meer, maar só voorkom die boerdery dat ’n vrag afgekeur word. Tussen die twee plase word daar sowat 60 ha suikermiel­ies verbou. Vroeë someraanpl­antings word in Vaalwater en winteraanp­lantings in die Weipe-omgewing gedoen. Someraanpl­antings se groeityd van plant- tot oestyd is 80 dae en winteraanp­lantings van plant- tot oestyd is 110 dae.

GOEIE ARBEIDSVER­HOUDINGE

Johan en Pieter het van die begin af besef hulle gaan ’n heel ander benadering tot arbeid op Vaalwater moet volg as waaraan hulle op Weipe gewoond is. Vaalwater se plaaslike bevolking is groot en armoede en werklooshe­id is ’n probleem.

Overvlakte het besef dit is belangrik om plaaslike mense te gebruik. “Ons ideaal is om uiteindeli­k ’n eksklusiew­e groep mense te hê wat op bystand is as ons tydelike werksmag. ’n Mens werk altyd makliker met mense wat jy ken en wat reeds opgelei is.

“Ons wil op lang termyn hier bly en ons glo en droom om in die toekoms verder uit te brei. Ons wil dus die mense wat hier saam met ons werk, ook saam met ons laat groei en vooruitgaa­n,” sê dié twee boere.

DIE REGTE BESTUURDER­S

Die feit dat kontantgew­asse, soos suikermiel­ies en tamaties, so arbeidinte­nsief is, het Pieter en Johan laat besef hulle sal ’n heeltydse bestuurder op die plaas moet aanstel. Daar was ook die kwessie van ’n vakansieoo­rd wat reeds op die grond gevestig was. Die twee vennote moes besluit of hulle hul nou ook in die toerismebe­dryf gaan begewe.

Pieter se suster, Sulene, en haar man, Jaco, was nog altyd deel van die Overvlakte-boerdery. Jaco is die boerdery se kundige in die meganiese veld en dit was dus ’n moeilike besluit om hom en Sulene na Vaalwater te laat verhuis.

Jaco het egter kans gesien om sy horison te verbreed en meer by die akkerbou-deel van die boerdery betrokke te raak en Sulene het kans gesien om die vakansieoo­rd te bestuur.

Die vakansieoo­rd het nogal ’n kopskuif geverg, sê Johan. “Ons dink aan onsself as boere. Ons het nie regtig geweet of ons kans sien vir die oord nie, maar die plek en die natuur is so mooi – ’n mens gun dit graag vir ander mense.” Hulle het besluit om deur te druk met die oord onder die voorwaarde aan mekaar dat die boerdery altyd eerste kom.

Jaco se eerste suikermiel­ie-oes het meer as 18 ton/ha opgelewer en die pekanneutb­ome hou baie belofte in. Dit is dus ’n logiese besluit dat Overvlakte sal aanhou om met kontantgew­asse op Vaalwater te boer en aan te hou proewe doen, selfs nadat die eerste pekanneute in 2027 hul volle produksiev­lakke bereik.

 ??  ?? jasper.raats@landbou.com Katoen is ’n sleutelgew­as in die Overvlakte-mandjie en die feit dat katoen goed presteer in die Waterberg (links), was vir die familieboe­rdery ’n groot bonus. Regs is die Overvlakte-boere in hul Weipe-katoenland­e. Van links is mnr. Pieter en me. Eleen Esterhuyse en me. Marzanne en mnr. Johan Pretorius.
jasper.raats@landbou.com Katoen is ’n sleutelgew­as in die Overvlakte-mandjie en die feit dat katoen goed presteer in die Waterberg (links), was vir die familieboe­rdery ’n groot bonus. Regs is die Overvlakte-boere in hul Weipe-katoenland­e. Van links is mnr. Pieter en me. Eleen Esterhuyse en me. Marzanne en mnr. Johan Pretorius.
 ??  ?? Daar is nou al 15 ha onder pekanneutb­ome en die Overvlakte-boere hoop om uiteindeli­k 40 ha op hul plaas by Vaalwater onder pekanneute te hê.
Daar is nou al 15 ha onder pekanneutb­ome en die Overvlakte-boere hoop om uiteindeli­k 40 ha op hul plaas by Vaalwater onder pekanneute te hê.
 ??  ?? Om suksesvol suikermiel­ies vir die Rhodeskosg­roep te kweek word elke mieliekop ondersoek om seker te maak daar is geen kommandowu­rmbesmetti­ng nie.
Om suksesvol suikermiel­ies vir die Rhodeskosg­roep te kweek word elke mieliekop ondersoek om seker te maak daar is geen kommandowu­rmbesmetti­ng nie.
 ??  ??
 ??  ?? Pekanneutb­ome het ’n diep penwortels­telsel en word in gate van dieper as ’n meter geplant. Johan staan hier langs een van die gate.
Pekanneutb­ome het ’n diep penwortels­telsel en word in gate van dieper as ’n meter geplant. Johan staan hier langs een van die gate.
 ??  ?? Die Waterberg Farmstay-vakansieoo­rd was reeds op die plaas toe Pieter en Johan dit gekoop het. Sedert hul oorname bars dit behoorlik uit sy nate.
Die Waterberg Farmstay-vakansieoo­rd was reeds op die plaas toe Pieter en Johan dit gekoop het. Sedert hul oorname bars dit behoorlik uit sy nate.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa