Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

AKADEMICI, aktiviste en beleggers bespiegel reeds lank oor die bestaan van ’n “koolstofbo­rrel” – bates in fossielbra­ndstowwe wat tans oorgewaard­eer is omdat die wêreld op medium- en lang termyn die vrystellin­g van kweekhuisg­asse drasties sal moet verminder. Hierdie nuwe studie, wat onlangs in die joernaal Nature Climate Change gepublisee­r is, wys dat ’n kwaai daling in die waarde van fossielbra­ndstowwe hierdie borrel kan laat bars en sê só ’n daling sal waarskynli­k voor 2035 plaasvind, gegrond op huidige energiegeb­ruikspatro­ne.

Wat van deurslagge­wende belang is, is die bevindings wat te kenne gee dat ’n snelle daling in die vraag na fossielbra­ndstowwe nie meer afhang van sterker beleid en stappe van regerings oor die wêreld heen nie. Die skrywers se modelle gee te kenne dat die vraag sal daal selfs as die belangriks­te lande geen nuwe klimaatsbe­leid aanvaar of vorige ondernemin­gs laat vaar nie.

Dit is omdat vooruitgan­g ten opsigte van energiebes­paring en hernubare krag, asook die prysdaling­s wat daaruit voortsprui­t, reeds die sogenoemde groen energie ekonomies en tegnologie­s aantreklik­er gemaak het.

“Sonder sterk beleid oor klimaat gebeur dit reeds,” sê dr. JeanFranço­is Mercure, die hoofouteur, wat verbonde is aan die universite­ite van Radboud en Cambridge. “In ’n sekere mate kan jy dit nie keer nie. As mense egter nou ophou om hul geld in fossielbra­ndstof te belê, kan hulle minstens hul verliese verminder.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa