Landbouweekblad

MEER VRAE AS ANTWOORDE OOR GROND

-

Wat gaan die Regering anders en doeltreffe­nder doen op grond wat moontlik sonder vergoeding onteien word? Of gebruik pres. Cyril Ramaphosa die kwessie om stemme te werf vir die verkiesing, en almal val daarvoor?

Hoekom word boerderygr­ond as noodsaakli­ker beskou as die groot hoeveelhed­e grond wat reeds in staatsbesi­t is en glad nie deur opkomende boere benut word nie? (Die meeste word deur wit boere gehuur en bewerk.)

Gaan eiendom in stede en dorpe ook onteien word, want dit is sekerlik op plase ontwikkel, met ander woorde op grond wat voorheen ’n plaas was?

Gaan elke private huis in wit besit ’n paar vertrekke afstaan aan voorheen benadeelde­s wat nou in shacks bly? ’n Vinnige oplossing vir behuising, elektrisit­eit en riolering omdat dit reeds daar is?

Gaan motorhande­laars sorg dat elke voorheen benadeelde ’n motor kry, want hulle moet tog kan kom en gaan soos hulle wil? Dit is mos hul grondwetli­ke reg.

Wanneer gaan die Regering besef hy moet die betaal van kindertoel­aes beëindig? Dit stimuleer net groter armoede met meer druk op behuising, skole en mediese dienste. Of word afhanklike­s doelbewus geskep om stemme te verseker om aan bewind te bly?

Wanneer gaan die wettelose optogte, stakings en plundery end kry? Hoe kan jy alles verniet kry as jy vir niks gewerk het of wil werk nie?

Waar is die Oesskattin­gskommitee se oppervlakt­e- en oesskattin­gs vir kommunale en staatsgron­d? Of weet hy nie hoe om dit te onderskei nie? Syfers en nogmaals syfers moet daagliks aan die Regering en die publiek voorgehou word om die waarheid te ontbloot.

Hoekom is die meeste van ons landbou-organisasi­es so verskonend met hul onderhande­linge en polities korrekte, fyn bewoorde persverkla­rings? Hoekom praat julle nou anders en sagter as om gister se braaivleis­vuur?

Hoekom word “voedselse-

kerheid” elke keer geopper as die gehoor uitgevrete ringkoppe is? Hulle het nie die vaagste benul wat dit behels nie, want hulle koffers is vol.

VOEDSELSEK­ERHEID.

Ons boere is vir voedselsek­erheid verantwoor­delik. Die mag lê in ons hande. Tog ploeter ons maar net voort om elke dag meer en meer te produseer en groter en groter te boer net om te oorleef. Dit vererger net die probleem.

Die politici en Regering gebruik alles in hul vermoë om ons te vertrap. Die insetversk­affers roem op hul besighede se gesondheid en enorme winste, maar diegene wat hul winste genereer, se skuld hoop net verder op. Gaan kyk maar na die volmag- en insolvente veilings. Oor die land heen, groot en klein bedrywe . . . My hart bloei vir dié wat hul besittings verloor; vir dié wat hul grond

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa