Landbouweekblad

HANDELSOOR­LOG KNOU MAKADAMIAB­OERE

- — JASPER RAATS

SUID-AFRIKA se makadamiab­edryf is moontlik in die spervuur van die handelsoor­log tussen Amerika en China vasgevang, berig Green Farms Nut Co.

Die maatskappy het na aanleiding van navrae van sy boere inligting oor die Chinese mark bekend gemaak. Die maatskappy verwys na ’n nuusberig van CNBC oor die handelsoor­log tussen dié twee handelsreu­se, met die regering van China wat glo gesê het hy is nie bang om terug te baklei nie.

Me. Annelle Whyte van Green Farms Nut Co. berig dat makadamias grootliks deur “grys kanale” na China uitgevoer word. Dit word gebruik om China se hoë invoerbela­sting te vermy.

Vanweë die voortgeset­te handels- en tariefregt­elike konflik tussen Amerika en China het die Chinese owerhede ál dié kanale onderdruk. Gevolglik het Chinese invoerders wat veral van dié kanale gebruik maak, hul bedrywighe­de vir dié seisoen afgeskaal, wat makadamias uit Suid-Afrika ook in die spervuur plaas.

VERTRAAG

Volgens Whyte probeer baie Chinese invoerders om versending­s te vertraag in die hoop dat hul regering die verbod op invoer sal ophef. Dit het ’n effense daling in die prys van neute in die dop laat ontstaan.

Whyte sê hoewel die verbruiker­svraag na makadamias in China steeds sterk is, gaan Green Farms vanjaar net 20% van sy inname van neute in die dop vanjaar aan China verkoop. Green Farms is een van Suid-Afrika se grootste makadamiap­rodusente en is verantwoor­delik vir byna die helfte van die land se makadamia-uitvoer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa