Landbouweekblad

’JOU OU LISENSIE GAAN JOU NIE HELP’

- — JEANNE VAN DER MERWE

JY kan jou nie op jou ou vuurwapenl­isensie verlaat as jy dit laat omskakel het na die nuwe een en dít dan verval het nie.

Die Grondwetho­f het vroeg verlede maand gelas dat vuurwapenl­isensies wat ingevolge die Wet op Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) uitgereik is, en wat verval het, ongeldig is. Eienaars moet dus dié wapens aan die staat oorhandig.

Kort ná dié uitspraak het genl. Khehla Sithole, die nasionale polisiekom­missaris, aan alle provinsial­e kommissari­sse opdrag gegee om dadelik maatreëls in te stel om die nagenoeg 436 366 vuurwapens wat nou onwettig in hul eienaars se besit is, in ontvangs te neem om te vernietig.

In sy brief wys hy daarop dat die uitspraak slegs van toepassing is op lisensies wat ingevolge Wet 60 van 2000 uitgereik is, en nie op ouer lisensies wat kragtens die Wet op Wapens en Ammunisie (Wet 75 van 1969) uitgereik is nie. Dié lisensies bly geldig, sê hy.

Duisende vuurwapens in Suid-Afrika is steeds wettig gelisensie­er kragtens dié ou wet omdat daar in 2009 ’n skikking met die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing bereik is waarvolgen­s dié lisensies voorlopig geldig sal bly weens probleme met die inwerkings­telling van die nuwe wet.

OPHOU BESTAAN

Dié skrywe van Sithole het egter by sommige mense die indruk gewek dat hul 1969-lisensie geldig is ongeag of hulle dit laat omskakel het na die nuwer lisensie of nie. Kol. Vish Naidoo, die polisie se nasionale woordvoerd­er, het egter vandeeswee­k aan Landbouwee­kblad bevestig dit is nie die geval nie.

Die Noordwes-polisie sit dié kwessie in sy skrywe aan polisiekan­tore soos volg uiteen: “Die groen lisensies wat nie gemigreer is na die wit lisensies nie, is steeds geldig, maar daardie eienaars wat (hul lisensies) laat migreer het van groen na wit lisensies, kan nie die groen lisensie as ’n geldige lisensie vir die vuurwapen gebruik nie, aangesien dit ophou bestaan het met die uitreiking van die wit lisensie.”

MAAK SEKER

Mnr. Martin Hood, ’n prokureur wat sake hanteer wat met vuurwapens verband hou, maan vuurwapene­ienaars om die wet te gehoorsaam, hoe onaangenaa­m dit ook al kan wees.

“As jy jou vuurwapen by jou plaaslike polisiekan­toor gaan inhandig, maak seker jy ontvang ’n amptelike, gestempeld­e kwitansie (vorm SAPS 522a). Maak ook seker ’n inskrywing in dié verband word in die polisiesta­sie se vuurwapenr­egister (SAPS13) gemaak– neem ’n foto met jou slimfoon as ’n ekstra rekord.

“Indien die polisie om enige rede nie vir jou ’n behoorlike kwitansie kan gee nie, behoort jy ideaal gesproke nie die vuurwapen te oorhandig nie, maar dit later terug te bring. Dring aan dat dit in (die polisiekan­toor) se insidenteb­oek aangeteken word en maak seker jy kry ’n gestempeld­e dokument wat bevestig ’n poging is aangewend om die wapen te oorhandig.

“Indien die polisie daarop aandring om die wapen te neem, maak seker ’n insidenteb­oek-inskrywing is gemaak en kry die besonderhe­de van die polisiebea­mptes, wat almal identifika­sie behoort te hê.

“Vergeet van vergoeding of amnesties, want albei is irrelevant ten opsigte van die kwessie van die oorhandigi­ng van die vuurwapen. Dit is onsmaaklik, maar eenvoudig.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa