Landbouweekblad

Grondwaard­e bied geleenthed­e

-

MNR. JOHAN HOLTZHAUSE­N, mede-eienaar van die Ortusboerd­ery by Lydenburg, het applous by dié verhoor oor onteiening sonder vergoeding uitgelok toe hy vertel hoe hy 111 ha van die boerdery se grond aan ses families op die plaas wil gee.

Die boerdery verbou onder meer aartappelm­oere, mielies en voergewass­e en erken volgens hom die belangrikh­eid van grondhervo­rming. Holtzhause­n sê hulle werk saam met die Regering en wil ’n suksesvoll­e ondernemin­g vestig, maar benadruk dit is belangrik vir ’n boerdery se oorlewing dat die grond wat hy gebruik, waarde het.

“Die grond wat ons besit, is vol geleenthed­e. Omdat dit waarde het, het ek toegang tot bykomende finansieri­ng. As ek dít nie het nie, kan ek nie suksesvol boer nie, en as ek nie suksesvol kan boer nie, kan ek nie my gemeenskap ondersteun nie.”

Holtzhause­n het gevra wat die oogmerk met die moontlike veranderin­g van die Grondwet is en hoop dit is om mense op die grond volhoubaar te bevoordeel. Hy sê hy moet die ses huishoudin­gs op hul plaas meer as grond gee: Hy moet hulle die geleenthei­d gee om volhoubaar daar te boer, in vennootska­p met die Regering, en met mense wat finansieri­ng bied.

“Ek pleit by u om die wysiging van die Grondwet baie versigtig en met verantwoor­delikheid te oorweeg.”

Daar was ’n sterk EFF-teenwoordi­gheid by die vergaderin­g. Mnr. Vincent Smith, medevoorsi­tter van die parlementê­re hersiening­skomitee wat moet bepaal of die Grondwet verander moet word, het in ’n stadium sy hande vol gehad om oproerige gehoorlede stil te kry sodat ander se menings gehoor kan word. Eindelik was dit mnr. Julius Malema, die EFF-leier, wat die gehoor tot bedaring gebring het met versoeke om kalmte.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Johan Holtzhause­n
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Johan Holtzhause­n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa