Landbouweekblad

Gigaba dalk agter growwe ‘administra­tiewe fout’

-

DOKUMENTE wat mnr. Malusi Gigaba, voormalige Minister van Finansies, glo versuim het om te onderteken, het na bewering meegebring dat suiker sewe weke lank tariefvry ingevoer is.

Die Suid-Afrikaanse suikerbedr­yf staan op die randjie van ineenstort­ing. Die droogte het die bedryf erg geknou, terwyl die Regering se “administra­tiewe fout” veroorsaak het dat suiker op groot skaal in die land gestort is.

Suiker is van 28 Julie tot 15 September verlede jaar tariefvry vanaf Brasilië en die Verenigde Arabiese Emirate ingevoer, terwyl die tarief in die res van verlede jaar baie laer was as wat dit moes wees.

Die Parlement se portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid het verlede maand op ’n komiteever­gadering op antwoorde van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens, die Kommissie vir Internasio­nale Handelsadm­inistrasie (Itac) en die Departemen­t van Handel en Nywerheid oor die situasie aangedring. Dié drie instelling­s moet volgens die komitee verantwoor­delik gehou word vir die “administra­tiewe fout”. Nie een van hulle het vrae oor die

kwessie reguit beantwoord nie.

NUUT IN POS

Landbouwee­kblad het egter betroubaar verneem dat Gigaba eintlik die een is wat die skuld moet kry. Hy is op 31 Maart verlede jaar deur oudpres. Jacob Zuma as Minister van Finansies aangestel. Die verduideli­king vir die fout is dat Gigaba en sy adjunk nog nuut in hul poste was en gesloer het om die dokumente te onderteken wat ’n nuwe invoertari­ef daar moet stel. Dié fout het suikerinvo­er van

500 000 ton meegebring, wat die mark vir plaaslike suiker laat krimp het.

Me. Rika Theart, senior bestuurder vir tariefonde­rsoeke by Itac, het aan die portefeulj­ekomitee gesê toe dié entiteit besef het dat die invoerprys tot nul sal verlaag omdat daar geen finansiële data is om ’n tarief in te stel nie, het Itac probeer om die intreemega­nisme te beïnvloed sodat ’n tarief in werking kan tree. Dit kon egter nie suksesvol gedoen word nie. Die enigste ander uitweg was om die verpligte 20 handelsdae toe te laat voordat die Minister van Handel en Nywerheid gevra kon word om ’n koers van 42% toe te laat.

Landbouwee­kblad verneem na afloop van die verpligte wagtydperk is die dokumente deur dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, onderteken. Daarna het die dokumente op Gigaba se lessenaar beland, waar dit lank gelê het.

Intussen het die suikerbedr­yf aansoek gedoen dat die dollargeba­seerde verwysings­prys tot $856/t (sowat R11 700/t) verhoog word om die bedryf van ondergang te red.

Volgens die Suid-Afrikaanse Suikervere­niging kan heelwat dorpe in die suikerprod­uksiegebie­d, soos Port Shepstone, Kwadukuza, Mtubatuba, Tongaat, Pongola, Gingindlov­u en Dalton

ondergaan as daar nie dringende ingryping kom nie.

100 000 HA VERLORE

Mnr. Trix Trikan, uitvoerend­e direkteur van die Suid-Afrikaanse Suikervere­niging (SASV), sê as die bedryf laat krimp word om net aan die plaaslike mark te voorsien, sal 600 000 ton suiker uit die mark gehaal moet word, wat beteken dat suikerriet op 100 000 ha uit produksie moet gaan. Aangesien daar nie werklik ’n ander gewas op daardie grond geplant kan word nie, sal sowat 35 000 werksgelee­nthede verlore gaan. Hy sê die rede waarom die meeste lande hul suikerbedr­yf ondersteun en beskerm,

is omdat die bedryf baie werk skep.

Intussen wag die bedryf vir goedkeurin­g van sy voorgestel­de dollargeba­seerde verwysings­prys van $856/t, wat in ooreenstem­ming is met die produksiek­oste.

Trikan sê ’n hoër dollar gebaseerde verwysings­prys wat vir ’n langer tydperk van krag is, sal beter werk, aangesien dit ’n lang proses is om dit te verander en te verseker dat die land se suikerbedr­yf voldoende teen invoer beskerm word. Die SASV meen die huidige formule om die dollargeba­seerde verwysings­prys te bepaal nie werk nie en het ’n verbeterde formule voorgestel toe hy met Itac vergader het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa