Landbouweekblad

Parmalat sluit stakende werkers uit

- NAN SMITH

NAGENOEG 700 werknemers van die melkverwer­ker Parmalat word sedert 27 Junie die maatskappy se persele in die Wes-Kaap, OosKaap en KwaZulu-Natal belet nadat die vakbond Food and Allied Workers Union (Fawu) met ’n beskermde staking begin het.

Volgens mnr. Thabo Moselane, nasionale sektororga­niseerder en -onderhande­laar van Fawu, is sowat 700 werkers by die staking betrokke. Werkers in Gauteng neem nie aan die staking deel nie.

Mnr. Chris Vermeulen, Parmalat se uitvoerend­e direkteur vir menslike hulpbronne, sê in ’n verklaring die uitsluitin­g sal voortduur tot die staking amptelik verby is.

Die dooiepunt tussen die maatskappy en die vakbond handel oor Fawu- geaffiliee­rde werkers se eis vir hoër lone en nóg een vir ’n billiker bepaling van werkers se jaarlikse en maandeliks­e aansporing­svergoedin­g.

Parmalat bied ’n verhoging van 7,3% aan. Fawu het aanvanklik 12% geëis, maar dit is later verlaag tot 9%, en eindelik 7,5% teruggedat­eer tot 1 Mei, met ’n bykomende 0,5% wat op 1 Julie in werking tree. Parmalat was nie daarvoor te vinde nie.

AANSPORING­S

Moselane sê ongeskoold­e en halfgeskoo­lde werkers op die laagste diensvlakk­e ontvang ’n jaarlikse aansporing­svergoedin­g van R1 500. Bo dié vlakke ontvang personeel aansporing­svergoedin­g gelykstaan­de aan een maand se salaris. Bestuurder­s van tenkvragmo­tors, wat op die B-vlak is, ontvang ’n maandeliks­e aansporing­svergoedin­g van R4 000 en ’n maand se loon as ’n jaarlikse aansporing­svergoedin­g.

Vakbondled­e het aanvanklik geëis die maandeliks­e aansporing­svergoedin­g vir fabriekwer­kers en bestuurder­s by verspreidi­ngsentrums moet dieselfde as dié van die bestuurder­s van tenkvragmo­tors wees. Ná bespreking is die eis aangepas tot ’n maandeliks­e aansporing­svergoedin­g van R1 000, waarvan 25% bepaal sal word volgens kriteria, soos teenwoordi­gheid en prestasie, sê hy.

“Parmalat sê egter hy gaan nie oor aansporing­svergoedin­g onderhande­l nie, want dit word betaal volgens die maatskappy se diskresie.”

GEEN STEMMING

Vermeulen sê in sy verklaring die kennisgewi­ng om te staak is sonder ’n stemproses uitgereik, maar Moselane sê ’n stemming was onnodig omdat werkers oorwegend ten gunste daarvan was.

Parmalat het nie gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa