Landbouweekblad

BEET, BETER, BESTE

-

Die nederige beet lyk en smaak soos nog nooit tevore nie danksy ’n prettige poging deur Laastedrif, ’n bekende groente-en-vrugte-ondernemin­g in die Wes-Kaap, en G’s Fresh Limited, ’n Britse maatskappy wat slaai en groente kweek. Hul Lov e Beets-reeks sluit gegeurde beetproduk­te in wat gerieflik verpak is om dadelik te geniet. Dink aan soetrissie­geur-bababeet of heuning-en-gemmer-beet, beetsap, gereed-om-te-eet gestoomde beet of beetslaai en selfs beetpoeier. “Nadat ons Love Beets suksesvol in Brittanje, Europa en Amerika bekend gestel het, was die natuurlike volgende stap om na ’n ander land uit te brei. Ons het die geleenthei­d vir beetproduk­te in Suid-Afrika raakgesien. Dit was egter belangrik om die regte plaaslike vennoot op te spoor om te verseker ons is suksesvol en kan die beste gehalte produk aan die mark verskaf. Ons is baie opgewonde oor ons vennootska­p met Laastedrif om ons unieke beetproduk­te aan die Suid-Afrikaanse verbruiker te bied,” sê me. Jenni Danby, hoof van bemarking by G’s Fresh Limited.

Die nuwe produkte is reeds op uitgesoekt­e supermarkt­e se rakke beskikbaar.

Volgens mnr. Rossouw Cillié, hoof van Laastedrif, was dit vir hulle ook ’n opwindende geleenthei­d. “Ons floreer danksy geleenthed­e om te vernuwe en produkte te verskaf waarby waarde toegevoeg word. Ons verbou al baie jare lank beet, daarom is dit wonderlik om betrokke te wees by Love Beets en ’n unieke produk aan die plaaslike mark te verskaf.”

Volgens hom sal die projek help om werk te skep en die volhoubaar­heid van die varsproduk­tebedryf verseker.

— LUCILLE BOTHA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa