Landbouweekblad

KAAPSE VEEKUNDIGE­S BRING WAARDE UIT NIEU-SEELAND

-

Drie veekundige­s van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, prof. Schalk Cloete en drr. Anel Engelbrech­t en Jasper Cloete, wat die Wêreldkong­res vir Genetika Toegepas op Veeproduks­ie in Nieu-Seeland bygewoon het, kon al die nuutste navorsing oor diereteelt en teeltvorde­ring by plaasdiere terugbring.

Die kongres word elke vier jaar aangebied. Dit is vir die 11de keer van 11 tot 16 Februarie aangebied en is deur sowat 1 400 afgevaardi­gdes uit 70 lande bygewoon. Bykans 900 wetenskapl­ike bydraes is aangebied.

Vir die 36 wetenskapl­ikes en studente van Suid-Afrika wat die kongres bygewoon het, was dit ’n goeie kans om menings uit te ruil met oorsese kollegas en moontlikhe­de vir toekomstig­e samewerkin­g te ondersoek.

Bywoning van die kongres het daartoe gelei dat verskeie stappe gedoen is om die navorsings­program van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou te versterk deur aandag te gee aan die volgende aspekte: ■ Die verbeterin­g van veedoeltre­ffendheid; ■ Die gebruik van aangepaste rasse, bloedlyne en individue indien die klimaat wesenlik sou verander; ■ Die verbeterin­g van die eetgehalte

van skaapvleis; ■ Die aanpassing van seleksiedo­elwitte om vir maatskapli­ke aspekte en etiese produksiep­raktyke voorsienin­g te maak; ■ Die daarstelli­ng van ’n ekonomiese

seleksie-indeks by volstruise; en ■ Die ontwikkeli­ng van ’n genomiese verwysings­bevolking by skape saam met Australies­e kollegas.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dié groep van 36 wetenskapl­ikes en studente van Suid-Afrika het in Februarie die vierjaarli­kse Wêreldkong­res vir Genetika Toegepas op Veeproduks­ie in Nieu-Seeland bygewoon.
FOTO: VERSKAF Dié groep van 36 wetenskapl­ikes en studente van Suid-Afrika het in Februarie die vierjaarli­kse Wêreldkong­res vir Genetika Toegepas op Veeproduks­ie in Nieu-Seeland bygewoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa