Landbouweekblad

INHEEMSE NAMAKWAAFR­IKANERSKAP­E VIR RASEGTHEID GETOETS

- — LISE SANDENBERG­H en SCHALK CLOETE

Die bedreigde, inheemse Namakwa-Afrikaners­kaapras het voordele, maar is alle kuddes wat as sulks aangebied word, raseg?

Dít was die onderwerp van navorsing deur dr. Lise Sandenberg­h, voorheen van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou.

Namakwa-Afrikaners­kape het weerstand teen uitwendige parasiete, soos bosluise, het minder uierproble­me en lewer goeie reproduksi­e, maar het ’n swakker vleisopbre­ngs as rasse wat al dekades lank vir groei en vleisprodu­ksie geselektee­r is.

Die inherente weerstand van NamakwaAfr­ikaners teen bosluise is belangrik omdat chemiese bekamping van sulke plae nie volhoubaar is nie. Geharde rasse kan ook van belang wees by veranderde boerderyto­estande weens klimaatsve­randering.

Gegewe die bedreigde status van Namakwa-Afrikaners as ras, is dit belangrik om te weet of die kleiner bewaringsk­uddes van die ras wat onderhou word, raseg is.

Sandenberg­h het genomiese metodes gebruik om vas te stel of drie kuddes wat as bewaringsk­uddes aangebied is, inderdaad rasegte Namakwa-Afrikaners is.

Prof. Schalk Cloete van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou het Sandenberg­h se navorsings­resultate op die 11de Wêreldkong­res vir Genetika Toegepas op Veeproduks­ie van 11 tot 16 Februarie in Auckland, Nieu-Seeland, aangebied. Hy sê vir die eksperimen­t is diere uit die kuddes vergelyk met rasegte Namakwa-Afrikaners wat op die Wes-Kaapse departemen­t van landbou se Nortier-navorsings­plaas loop.

Dit was inderdaad moontlik om te bevestig dat twee van die bewaringsk­uddes wél rasegte Namakwa-Afrikaners is, terwyl die ander kudde nie as raseg bevestig kon word nie.

’n Ontleding van ander inheemse vetstertti­pes en saamgestel­de kommersiël­e rasse met vetstert- of vetkruisti­pes as ouers, soos die Dorper en Meatmaster, het getoon laasgenoem­de kudde het waarskynli­k uit kruisings van dié rasse met ander vetstertti­pes ontwikkel.

Cloete sê persone of instelling­s wat betrokke wil raak by die bewaring van bedreigde, in- heemse rasse, soos die Namakwa-Afrikaner, moet seker maak hul basiskudde­s bestaan wel uit rasegte individue van die ras.

 ?? FOTO: SCHALK CLOETE ?? Toetse kan nou gedoen word om te bepaal of ’n skaap ’n rasegte, geharde, maar bedreigde, Namakwa-Afrikaners­kaap is.
FOTO: SCHALK CLOETE Toetse kan nou gedoen word om te bepaal of ’n skaap ’n rasegte, geharde, maar bedreigde, Namakwa-Afrikaners­kaap is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa