Landbouweekblad

‘Boere betaal vir gehalte’

Die vraag na en aanbod van vee is bepalende faktore tot die pryse wat diere op veilings behaal. Kundiges in die bedryf gee hier hul mening.

- NAVRAE: GWK, tel. 053 298 8200; BKB, tel. 041 503 3111.

Die goeie genetiese eienskappe van diere wat waarde tot jou kudde kan toevoeg, is die grootste enkele rede tot goeie pryse op ’n veiling, veral op stoetveili­ngs, sê mnr. Willie Meyer, hoof van veilings en eiendomme by GWK.

Die pryse van diere wissel van veiling tot veiling, maar Willie sê die gehalte van ’n afgeronde dier het beslis ’n invloed op die prys.

“As die dier boonop goeie groei-eienskappe toon, sal dit ’n goeie prys behaal, want dié eienskap sal altyd in aanvraag wees. Wanneer die aanbod van spesifieke diere laag is, sal dit ook die prys gunstig beïnvloed.”

OOIE DUURDER

Willie sê hulle het in die eerste helfte van die jaar opgemerk dat kopers bereid is om goeie pryse op stoet- en aanteelvei­lings te be- taal vir diere van goeie gehalte.

“Boere ontvang goeie pryse vir diere, maar veral die pryse van ooie het skerp geklim. Stoorlamme­rs verhandel teen rekordprys­e en dit kan regstreeks gekoppel word aan die lae aanbod. Die verwagting is dat die slagprys oor die volgende paar weke kan toeneem,” sê Willie.

“Pryse word verder gesteun deur die goeie pryse wat vir wol behaal word.”

Willie sê daar is ’n groter aanvraag na stoorlamme­rs.

“Die vraag na wol-tipe stoorlamme­rs is veral baie hoog danksy die lae aanbod van dié spesifieke diere.”

Mnr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder van lewende hawe, eiendomme en afslaersdi­enste by BKB, sê die neiging wat hulle die afgelope ses maande op stoetveeve­ilings opgemerk het, is dat die kommersiël­e gedeelte van stoetveeve­ilings groter word.

“Waar die stoetteler in die verlede hoofsaakli­k stoetramme en ’n paar vroulike diere aangebied het, bied hy nou baie meer boervee, soos dragtige ooie en lammers, aan. Dié lammers word gekoop deur abattoirs, voerkrale en boere wat ekstra weiding, voer en mielies het. In enkele gevalle is tot 6 000 stuks vee só aangebied.”

BKB sien ook dat nie-stoetboere in die sentrale streek, wat tradisione­el hul aanteelvee uit die hand verkoop het, nou eerder die veilingste­lsel gebruik.

“Groot getalle word aangebied, wat dit makliker vir kopers maak,” sê Cobus.

SPEENKALFP­RYS AF

Veeboere beleef ’n goeie tydperk wat pryse betref, sê Willie.

“Die speenkalfp­rys het egter effens gedaal. Dit is verstaanba­ar weens veral die Oos-Kaapse speentyd. Ons sien egter uit na ’n goeie jaar vir alle veeboere.”

Die afgelope paar jaar se droogte het beslis ’n rol gespeel in die aanbod van diere, en dit het gelei tot hoër pryse, sê Willie.

“Weens die droogte moes heelparty boere van diere ontslae raak, hetsy deur verkope of deur die diere te slag. Gevolglik is die heropbou van kuddes nou ’n groot voorrangsa­ak vir boere.

“Voerkrale ervaar groot probleme met die verhouding van aankooppry­se teenoor slagpry- se. Die verhoogde bedryfskos­te met veral brandstofp­ryse wat onlangs die hoogte ingeskiet het, asook voerkoste veroorsaak verder noemenswaa­rdige druk.”

Die vraag na ligte speenkalwe­rs bly hoog, want die prys is aan die dier se gewig gekoppel.

“Ligte kalwers het in die eerste helfte van die jaar goeie pryse behaal. Die swaarder kalwers het moeiliker verhandel weens die prysdiffer­ensiaal. Die vraag na koeie met kalwers en bulle van goeie gehalte bly hoog en hulle behaal goeie pryse op veilings.”

GEVOLGTREK­KING

Cobus sê die hoë pryse wat boere die afgelope 18 maande op veilings vir diere behaal het, gaan waarskynli­k met 15-20% daal. Verskeie faktore kan egter steeds goeie pryse ondersteun, soos die uitwerking van die droogte.

“Die droogte wat Suid-Afrika tot onlangs in die noorde geteister het, en in dele van die Karoo en Wes-Kaap voortduur, het steeds ’n beperkende invloed op die aanbod van vee in dié gebiede,” sê hy.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die veebedryf behaal goeie pryse op veilings. Hoewel die droogte ’n rol speel, is boere bereid om aankope te maak omdat talle boere besig is om hul kuddes op te bou.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die veebedryf behaal goeie pryse op veilings. Hoewel die droogte ’n rol speel, is boere bereid om aankope te maak omdat talle boere besig is om hul kuddes op te bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa