Landbouweekblad

Dik groentesop met frikkadell­e

-

Dik, vullende groente- of tamatiesop met klein, kaserige frikkadell­etjies wat in die geurige vloeistof gaar prut, is ’n eg Italiaanse ete. Tog benodig jy net doodgewone spenskasbe­standdele. Stel dit gerus op die proef. Dit is ’n soort sop wat sy man as volledige ete kan staan. Jy hoef niks hierby te bedien nie.

Sop

15 ml olyfolie 1 groot ui, fyn gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 4 wortels, geskraap en in blokkies gesny 2 stele seldery, fyn gekap 2 liter vleisaftre­ksel 80 ml tamatiepas­ta 2 blikke (410 g elk) tamatiepur­ee Sout, peper en suiker na smaak 60 ml fyngekapte, vars pietersiel­ie

Frikkadell­e

500 g maer beesmaalvl­eis Halwe ui, fyn gerasper 2 knoffelhui­sies, baie fyn gekap 125 ml vars broodkrumm­els 125 ml fyngeraspe­rde parmesaank­aas Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 groot eierwit, liggies geklits

Verhit die olie in ’n groot soppot en braai die ui, knoffel, wortels en seldery stadig daarin tot sag. Voeg die aftreksel, tamatiepas­ta en tamatiepur­ee by en verhit tot kookpunt. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker. Voeg die pietersiel­ie by. Prut liggies vir ongeveer 10 minute.

Terwyl die sop prut, meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e baie goed saam. Vorm klein frikkadell­etjies en laat sak dit versigtig in die kokende sop. (Die sop moet net liggies prut. As dit te vinnig kook, sal die frikkadell­etjies uitmekaar val.) Prut die sop met die frikkadell­e liggies vir ongeveer 15 minute, of tot die frikkadell­etjies gaar is. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa