Landbouweekblad

VYEBOERE OPTIMISTIE­S ONDANKS DROOGTE

- — FREDALETTE UYS

Ondanks die droogte wat steeds in die grootste deel van die vyeproduks­iegebied in die Wes-Kaap geheers het, is boere optimistie­s oor die afgelope seisoen.

Volgens mnr. Willem van der Merwe van die Dasklip-boerdery naby Portervill­e, was die afgelope seisoen ’n probleem weens die droogte, maar is hy steeds optimistie­s danksy goeie opbrengste en goeie uitvoerpry­se.

Hy sê dit wil egter voorkom asof Portervill­e in die toekoms gunstig vir produksie kan wees vanweë die warm, droë klimaat, hoewel die bome steeds water nodig het. Hy voer die meeste van sy vye uit, met die kultivar Ronde de Bordeaux, wat hoofsaakli­k vir die Nederlands­e mark bestem is, en die kultivar Bourjassot­te Noire (Evita/Parisian) wat vir die Ooste en Brittanje bestem is.

Volgens mnr. Jan Eksteen van die Uitkijk-boerdery naby die Paarl, het hy ook die afgelope seisoen as gunstig ervaar. Hy sê weens die droë winters die afgelope tyd was ’n hoër soutkonsen­trasie in die boorde ’n probleem wat oeste kon benadeel, maar dat hy sy besproeiin­gspraktyke verander het en die regte middels kon toedien.

Hy sê die sterker rand in die somer het wel ’n effek op die uitvoerpry­se gehad. Die pryse is egter redelik stabiel, aangesien Europese en Britse kopers die Suid-Afrikaanse produk begin leer ken het. Hy lewer ook vye aan die plaaslike kleinhande­lmark en sê die vraag na vars vye groei jaarliks.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa