Landbouweekblad

Sussex skitter as ‘rooi goud’

Gereeld hoor ons van die ouer garde: ‘Byt vas, die wiel sal draai.’ Hoe bevoorreg is ons as die Sussextele­rs om te kan sê: ‘Ons wiel het ook gedraai, ons is meer optimistie­s en gevul met nog meer geesdrif.’

-

Die verkope van Sussexdier­e was verlede jaar so goed dat daar ’n tekort aan manlike diere was. Daar is ook ’n groot uitdaging om genoeg vroulike diere te verskaf aan nuwe telers en aan die kommersiël­e mark.

Telers het goed geslaag daarin om ’n nuwe mark in Zimbabwe te vestig, waarvan net gunstig gepraat word en waar sterk bande gesmee is. Dit bevestig weer die aanpasbaar­heid van Sussexe.

VERSPROJEK

Die Sussex-beestelers­genootskap het ook hande gevat met die tydskrif Veeplaas en die Hoërskool Oakdale by Riversdal. ’n Versprojek is begin om leerders in staat te stel om met hul eie diere aan jeugskoue te kan deelneem en meer van die diere en veeteelt te leer.

Hulle word bygestaan deur mnr. Pieter Stofberg, ’n senior Sussexkeur­der, wat noue verbinteni­s met hulle gevorm het. Sy insette is van onskatbare waarde vir die skool en vir die Sussexras.

NAMIBIË

Jonk en oud, kind en kraai het vroeër vanjaar opgeruk Namibië toe om die Sussex-megaboered­ag by te woon wat deur mnr. Werner en me. Renate Bader van Windhoek gereël is.

Wat ’n ervaring was dit nie vir elkeen nie. Ons het almal by mekaar en van die Namibiese telers geleer. Koppe is gekrap en gestamp, oortuigend en sagkens het die antwoorde gekom en dan was daar die ligter oomblikke waarin lag en samesyn die dag afgesluit het.

NASIONALE KAMPIOENSK­AP

Sussextele­rs van oor die hele land het aan die nasionale kampioensk­ap in Bloemfonte­in deelgeneem. Dit was ’n baie suksesvoll­e geleenthei­d met ’n rekorddeel­name van Sussextele­rs. Die geleenthei­d was ook die voorskou vir die beplanning vir 2020 se Sussex-eeufeespro­gram.

Jong telers het kom kyk en leer en sien uit daarna om in 2020 deel te vorm van die skou en vieringe.

Tydens die beoordelin­g van die interras-kompetisie het Sussextele­rs soos een man vasgestaan en die woorde was “nie vir my nie, maar vir die ras”. Aangedaan en met ’n dankbare hart kon ek net toekyk en besef dís die Sussexfami­lie.

Die skitterend­e “rooi goud” het bewys sy glans is nie klatergoud nie toe die kampioen-Sussexbul van mnr. Nollie Stofberg van Platdrif Sussex by Worcester weggestap het met die interrasko­mpetisie se goue beker op Bloemskou 2018.

Wat ’n wonderlike prestasie en voorreg om met “rooi goud” te kan boer – die skitterend­e Sussex!

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? REGS: Die vraag na bulle wys dat goeie teelmateri­aal goud werd is. Hier is Huntersvle­i Kimberley die 12de, wat mnr. Nollie Stofberg van Worcester by die Huntersvle­i-stoetery gekoop het.
FOTO: JOHAN COETSEE REGS: Die vraag na bulle wys dat goeie teelmateri­aal goud werd is. Hier is Huntersvle­i Kimberley die 12de, wat mnr. Nollie Stofberg van Worcester by die Huntersvle­i-stoetery gekoop het.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die Sussex-beestelers­genootskap lok jaarliks baie belangstel­ling op die Nampo-Oesdag.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die Sussex-beestelers­genootskap lok jaarliks baie belangstel­ling op die Nampo-Oesdag.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? BO: Me. Daleen Potgieter, president van die Sussex-beestelers­genootskap.
FOTO: LIZA BOHLMANN BO: Me. Daleen Potgieter, president van die Sussex-beestelers­genootskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa