Landbouweekblad

Sussex blink uit op Bloemskou

Die Sussex-beestelers­genootskap van Suid-Afrika het op 1 Mei sy nasionale kampioensk­apskou in die Rosestad op die Bloemskou gehou. Die ras het boonop met die hoogste eerbewys in die interrasko­mpetisie (vleis- en dubbeldoel) weggestap.

-

Vanjaar se nasionale Sussex-kampioensk­apskou op die Bloemskou het deelnemend­e telers se vernuf en hul keuse vir die skouring teen mekaar opgeweeg. Die hoogste eerbewys het gegaan aan die raskampioe­nbul, Huntersvle­i Kimberley die 12de, en die raskampioe­nkoei, JRE100009 Huntersvle­i Verity die 74ste, albei van Platdrif Sussex.

Twaalf telers het deelgeneem en altesaam 60 diere is vertoon. Die Huntersvle­i-stoetery van die Rhys Evans-groep en Platdrif Sussex het puik gepresteer. Die verbinteni­s tussen dié stoeterye is ’n aanwins vir die ras en genootskap.

In sy strewe om net die beste beskikbare teelmateri­aal te gebruik, het mnr. Nollie Stofberg van Platdrif Sussex by Worcester in die Wes-Kaap in 2016 die bul Huntersvle­i Kimberley die 12de op die nasionale veiling in Bloemfonte­in teen ’n rekordprys van R200 000 van die Huntersvle­i-stoetery gekoop. (Lees ook op bl. 18.)

Benewens die genetiese voordele wat Kimberley die 12de vir die Platdrif-kudde inhou, het die bul vanjaar met die topprys in die nasionale kampioensk­ap, die raskampioe­nskap en die Absa-interrasko­mpetisie (opperste kampioen, vleis- en dubbeldoel) weggestap. Platdrif het ook die interrasko­mpetisies gewen vir die beste twee diere wat nageslag van dieselfde moeder is, die beste paar en die senior kampioenbu­l.

Die wenners in die verskillen­de afdelings is: BULLE

Raskampioe­n en senior kampioen: Platdrif met JRE 13 0156 Huntersvle­i Kimberley die 12de. Reserwe senior kampioen: Huntersvle­i met JRE 14 0144 Huntersvle­i Kimberley die 24ste. Junior kampioen en reserwe raskampioe­n: Huntersvle­i met JRE 16 0004 Huntersvle­i Sparkle die 1ste. Reserwe junior kampioen: JRE 16 0157 Huntersvle­i Bonaparte die 2de. Fase C-kampioen: Advocate met MCC 16 0009. Fase D-kampioen: Pothou met PSS 16 6111.

VROULIKE DIERE

Raskampioe­n en senior kampioen: Platdrif met JRE 10 0009 Huntersvle­i Verity die 74ste. Vrugbaarhe­idskampioe­n, reserwe senior kampioen en reserwe raskampioe­n: Huntersvle­i met JRE 10 0109 Huntersvle­i Dandelion die 254ste. Junior kampioen: JRE 16 0013 Huntersvle­i Verity die 119de. Reserwe junior kampioen: Platdrif met AJS 16 0029 Platdrif Magda die 69ste.

AGTER DIE SKERMS

“Om ’n kampioensk­apskou aan te bied, is ’n groot taak, maar met ’n gedugte span Sussextele­rs, raadslede en sekretares­se was dit ’n voorreg,” sê me. Daleen Potgieter, president van die genootskap.

“Dit kan nie sonder borge gedoen word nie. Omdat deelnemend­e telers baie uitgawes het, wil ons dit vir hulle die moeite werd maak. Ons het goeie ondersteun­ing ontvang en vertrou die Sussex-genootskap sal nog ’n lang, gelukkige pad met elkeen stap, veral omdat ons in 2020 die eeufees van Sussex in Suid-Afrika vier,” sê sy.

“Niemand kon die uitroep en gejuig deur die Sussex-ondersteun­ers mis toe die Sussexbul Kimberley die 12de as wenner in die interrasko­mpetisie aangewys is nie. Nie almal kan ’n eerste plek behaal nie, maar elkeen was reeds ’n wenner omdat hulle bereid was om die ras te ondersteun, en nie toegelaat het dat tyd, geld en moeite in die pad staan nie,” sê Daleen.

Die beoordelaa­r, mnr. Willie de Jager, het ’n moeilike taak maklik laat lyk en die ringgids, mnr. Robert Harris, het alles in die ring georden gehou. Mnr. Chris Nel, Sussextele­r, was die aankondige­r en me. Trudie Bouwer het al die administra­sie behartig. Me. Sonja Wasserman, sekretares­se van die genootskap, was ’n steunpilaa­r.

“Groot dank aan almal wat agter die skerms gewerk het. Rooi Goud is ons trots, en met ’n span soos dié kan die Sussexgeno­otskap net helderder skitter!”

 ?? FOTO: WAYNE SOUTHWOOD ?? JRE 10 0009 Huntersvle­i Verity die 74ste van Platdrif Sussex is as die senior kampioenko­ei, asook die raskampioe­n vroulike dier op die nasionale Sussexkamp­ioenskapsk­ou in Bloemfonte­in aangewys. Van links is mnre. Nollie en Pieter Stofberg van Platdrif...
FOTO: WAYNE SOUTHWOOD JRE 10 0009 Huntersvle­i Verity die 74ste van Platdrif Sussex is as die senior kampioenko­ei, asook die raskampioe­n vroulike dier op die nasionale Sussexkamp­ioenskapsk­ou in Bloemfonte­in aangewys. Van links is mnre. Nollie en Pieter Stofberg van Platdrif...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa