Landbouweekblad

Sukses met kruisteel danksy fyn seleksie

Vir ’n boerderyma­atskappy in die Vrystaat wat uit drie afsonderli­ke eenhede bestaan, is die Sussexbees, met sy bewese geskiedeni­s van uitstekend­e voeromsett­ing en groeisyfer­s, die ideale pasmaat.

-

Telwiedre Voere is al jare lank ’n bekende gesig in die omgewing van Heilbron. Mnr. Ters Pretorius bestuur ’n maatskappy wat, benewens die verskaffin­g van voer, aan die volle rooivleisw­aardeketti­ng deelneem met die uitgroei en aanpassing van kalwers, ’n koeiboerde­ry en ’n voerkraal.

Ná die voltooiing van sy studie aan die Sentrale Universite­it van Tegnologie in die Vrystaat het Ters hom in 1996 by die boerdery aangesluit. Die omgewing van Heilbron word gekenmerk deur gemengde boerderyee­nhede wat bestaan uit ’n kombinasie van saai en beesboerde­rye.

Op die plaas Bloemhof is dit ook die ge val – Ters bestuur ’n kommersiël­e beesboerde­ry, asook ’n saaiboerde­ry met sojabone, suikerbone en mielies in ’n wisselbous­telsel.

“Die gedeelte waarop ons boer, lê oos van Heilbron en bestaan uit sanderige grond. Dit bied voordele bo die swaarder kleigrond wat algemener in Heilbron voorkom omdat ons aangeplant­e weidings vinniger reageer op reën as wat die geval op swaarder grond sou wees,” sê Ters.

Naas ’n voermeule is die boerdery in drie eenhede verdeel: ’n Koeikudde met sowat 350 koeie, kalwers wat op aangeplant­e weidings en oesreste uitgegroei en aangepas word, en ’n voerkraal met staanplek vir sowat 400 diere.

Ters koop ook kalwers in om in sy voerkraal af te rond.

KRUISINGS EN SELEKSIE

“Ons koeikudde bestaan hoofsaakli­k uit Bonsmaras, maar ek kry baie goeie kruisings met die Sussexbull­e wat ek by hulle gebruik. Die Sussexbull­e maak van ’n derde tot die helfte van die bulle uit wat ek by die koeie gebruik. Ek gebruik hulle ook net by spesifieke moederlyne om die beste resultate te verkry,”sê Ters.

Goeie groei en voeromsett­ingsyfers is noodsaakli­k.

“Danksy die Sussexras se wetenskapl­ike produksies­yfers en BLUPwaarde­s, saam met die bulle se voeromsett­ingsyfers, kan ek die beste diere selekteer.”

Die koeikudde handhaaf ’n besettings­yfer van 88% tot 98%. Dit hang af of die eerstekalf­koeie se persentasi­e ook bygereken word.

Naas die syfers maak Ters ook staat op visuele seleksie om die beste Sussexbull­e vir sy kudde te selekteer.

“Omdat ek deel is van die waardekett­ing, is groeisyfer­s en diere se voeromsett­ingsverhou­ding baie belangrik, maar jy kan nie net op grond daarvan selekteer nie. Ek soek byvoorbeel­d na diere wat goeie groeivermo­ë, diepte en breedte het, want dié eienskappe is gekorrelee­r met ’n goeie

voeromsett­ing en groei. Vroulike diere moet ook oor goeie moedereien­skappe beskik en gevolglik is die tussenkalf­periode baie belangrik,” sê Ters.

Die Sussex is vir hom ’n groot gunsteling omdat die ras, soos Ters dit stel, “wetenskap” agter hom het.

“Daar word akkuraat rekord gehou van elke bul se teelwaarde­s waarvolgen­s jy kan selekteer en spesifieke diere kan uitkies. Daarna kan jy self gaan kyk hoe die bulle lyk en hulle dan selekteer.”

Ters verkies om bulle by telers te koop wat weer op hul beurt betrokke is by die voergedeel­te van sy maatskappy.

“Dié simbioties­e verhouding is oor jare heen opgebou. Ek weet die Sussextele­rs gaan die beste gehalte van my af kry en op hul beurt lewer hierdie telers van die beste teelmateri­aal wat beskikbaar is.”

Dit kos Ters gewoonlik twee jaar om die regte bulle vir sy kudde te selekteer. Hy beoordeel elke bul eers afsonderli­k volgens sy teelwaarde­s en ná twee jaar, wanneer hulle uitgegroei en gereed is vir seleksie, word die bulle by spesifieke telers uitgesoek.

“’n Mens moet oordeelkun­dig werk om te verseker jy selekteer die beste teelmateri­aal vir jou spesifieke koeikudde. Jy kan nie net op ’n veiling besluit op ’n bul met die regte syfers en hoop vir die beste nie.”

VAN SPEEN TOT VOERKRAAL

Ters bedryf ’n somer en ’n winterdekt­yd.

“Kalwers word voortduren­d gespeen en uitgegroei en in die voerkraal geplaas. Ons het dus meer as een dektyd nodig gehad.”

Die Sussex se groeivermo­ë pas goed in by sy produksies­telsel, wat dié ras se genetiese voordele in die kruisteelp­rogram be nut. Ters speen sy kalwers sowat ’n maand tot ses weke vroeër as wat gewoonlik die standaardp­raktyk by die meeste speenkalfp­rodusente is.

“Ek speen nie swaar nie omdat ek aan die groter waardekett­ing deelneem en my koeie spaar. Omdat ek die kalwers 40 kg ligter speen, help dit die koei ook om die volgende kalf beter groot te maak.”

Die kalwers word in die somer uitgegroei op bemeste, aangeplant­e oulandsgra­s. In die winter word die beeste vir van 75 tot 80 dae afgerond op aangeplant­e groenvoer op lande waar wisselbou toegepas word.

“Ons gee ook in die winter en somer ’n energielek uit ons eie reeks. In die winter, wanneer die diere op groenweidi­ng wei, gee ons vir hulle ’n Telwiedreg­roenvoerle­k. In die somer gee ons ’n Mispah Super 18% proteïenle­k. Wanneer die kalwers hul teikengewi­g van 280300 kg behaal het, gaan hulle voerkraal toe.”

KUDDEGESON­DHEID

Soos die standaardp­raktyk met voerkrale vereis, is Ters in gereelde kontak met Heilbron se plaaslike veearts, dr. Piet van Zyl, om te verseker sy kudde se gesondheid word gehandhaaf.

“Hy bly op die hoogte van die heersende siekteomst­andighede. As daar spesifieke siektevero­orsakende organismes in die omgewing voorkom, kweek hy die nodige entstof wat ons sal gebruik. Ek volg nie ’n standaardi­nentingspr­ogram nie omdat die omstandigh­ede elke jaar kan verander. Gevolglik konsulteer ons vier keer per jaar met ons veearts om te verseker dat ons wel ons gesondheid­standaarde binne die beesboerde­ry handhaaf,” sê Ters.

IDEALE PASMAAT

“Die Sussex is ’n uitstekend­e beesras om mee te kruisteel. Die beeste gee goeie groei en voeromsett­ing, maar die ras se temperamen­t is vir ons net so belangrik. Ons werk elke dag met ons kalwers en dan wil jy nie met wilde kalwers sukkel nie. Die Sussexkrui­sings se temperamen­t is uitstekend en dit is baie maklik om hulle te hanteer.”

Die ras bied ook goeie breedte, veral as die Sussex met ander beesrasse vergelyk word. Die beeste is medium tot vroegryp diere wat goed inpas by Ters se uitgroeien voerkraals­telsel. Hoewel hy steeds die Bonsmara as sy moederlyn behou, hou hy besonderse F1Sussexko­eie terug.

Die Sussex se groeivermo­ë is ook indrukwekk­end. “Die kalwers presteer goed in ons voerkraal. Ná 100 tot 110 dae in die voerkraal lewer hulle karkasse van 290330 kg met ’n uitslagper­sentasie van 5961. Ons bereken ons uitslagper­sentasie deur nie die leë pense eers weg te neem en dan te weeg nie, maar die dier te weeg soos hy voor die eerste voeding is.”

Ters sê ’n volhoubare beesboerde­ry moet net soos die ras aanpasbaar bly. “Jy moet jou bestuurspr­aktyke aanpas by die hulpbronne wat tot jou beskikking is. Kyk na wat die reënval en die omgewing jou bied, en pas jou bestuursty­l daarby aan.

“Vir ons, wat met drie afsonderli­ke boerderyve­rtakkings boer, is dit ook belangrik dat elke afdeling in harmonie met mekaar kan saamwerk. Só skep jy ’n boerdery wat uiteindeli­k volhoubaar sal wees.”

NAVRAE: Webwerf: www.telwiedre.co.za; e-pos: ters@telwiedre.co.za; Ters Pretorius, sel 083 442 0695.

 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Deur sy Sussexbull­e met Bonsmarako­eie te kruis, verkry Ters die ideale speenkalf wat ná aanpassing uitstekend in sy voerkraal presteer. Hierdie kruiskalwe­rs groei teen ’n goeie tempo en lewer karkasse van 290330 kg ná 100-110 dae in die voerkraal.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Deur sy Sussexbull­e met Bonsmarako­eie te kruis, verkry Ters die ideale speenkalf wat ná aanpassing uitstekend in sy voerkraal presteer. Hierdie kruiskalwe­rs groei teen ’n goeie tempo en lewer karkasse van 290330 kg ná 100-110 dae in die voerkraal.
 ?? FOTO: ANDRÉ PRETORIUS ?? Mnr. Ters en me. Celicia Pretorius op hul plaas Bloemhof in die omgewing van Heilbron.
FOTO: ANDRÉ PRETORIUS Mnr. Ters en me. Celicia Pretorius op hul plaas Bloemhof in die omgewing van Heilbron.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa