Landbouweekblad

Stoetery presteer in die veld én skouring

Danksy die Sussex se aanpasbaar­heid kan dié gesogte ras in alle weidingsto­estande floreer. Twee vooraansta­ande Sussex-stoetteler­s van die Wes-Kaap, mnre. Nollie en Pieter Stofberg, sê vir hulle bly die Sussex bobaas.

-

Moeilike weidingsto­estande moet met fyn bestuur hanteer word, onder meer die regte bloedlyne en prestasiet­oetsing. Voeg daarby ’n beesras wat bewese resultate in van die strafste weidingsto­estande lewer en die geheim agter die sukses van een van Suid-Afrika se bekendste Sussextele­rs is ontsluit.

Die stoetery Platdrif Sussex naby Worcester in die Wes-Kaap het gegroei tot een van die bekendste stoeterye in Suid-Afrika. Die stoetery van mnr. Nollie Stofberg en sy seun, Pieter, het reeds verskeie prestasies behaal. Hy het onder meer vanjaar die opperste kampioenbu­l in die interrasko­mpetisie op die Bloemskou opgelewer.

Pieter sê die Sussexbees­ras is een van die mees onderskatt­e rasse in Suid-Afrika.

“Ek kry heelwat gunstige terugvoeri­ng van kommersiël­e kopers wat by my bulle koop, veral wanneer die beeste in kruisteelp­rogramme gebruik word. Hulle gebruik die Sussexbull­e onder meer by Bonsmara-, Nguni-, Afrikaner- en Brahmankoe­ie en sê die heterose (basterkrag) wat hulle in kalwers van my bulle kry, is uiters bevredigen­d. Een koper sê selfs dat hy tot 30 kg op ’n speenkalf wen as hy Sussexbull­e gebruik.”

Die koper se koeikudde bestaan uit saamgestel­de rasse, maar hy het agtergekom sy speengewig­te het ’n plafon begin bereik en selfs begin afneem. Daarom het hy weer na rasegte bulle oorgeskake­l.

“Die belangriks­te rede waarom beesboere terug neig na suiwer rasse is die heterose-voordeel. Dit is egter belangrik om uitstaande, prestasieg­etoetste bulle te gebruik om die meeste voordeel te kry. ’n Saamgestel­de ras het aanvanklik genoeg variasie binne die ras dat ’n mens met die regte bulkeuse heelwat heterose kan bewerkstel­lig, maar jy kom tog op ’n punt waar die variasie in ’n kudde begin afneem.

“As jy dan ’n rasegte bul by die koeie sit, bring jy weer sterk heterose na vore. Die F1-nageslag van ’n rasegte bul by ’n onverwante moederlyn lewer maksimum heterose. Hierdie vroulike F1-diere is gesogte koeie met bykans ongeëwenaa­rde prestasie. Hulle presteer dikwels baie beter as hul ouers,” sê Pieter.

MARGINALE WEIDINGS

Pieter sê die Sussex is ’n beesras met uitstekend­e aanpasbaar­heid.

“Ons weidingtoe­stande is nie van dieselfde gehalte as in die res van die land nie, maar ons het gevind die Sussex het die beskikbare weiding goed benut. Net so is die ras ’n uitstekend­e pasmaat vir weidingsto­estande reg oor die land. Die beeste presteer keer op keer in streke so uiteenlope­nd soos die Wes-Kaap, die Kalahari, Namibië en die Vrystaat.”

Die Sussexras is bekend om sy goeie temperamen­t, wat dit maklik maak om die diere te hanteer en te bestuur.

By Platdrif Sussex bestaan die natuurlike suurveld grootliks uit rooigras en “mak” kweekgras, waarop raaigras, oulandsgra­s en Eragrostis-grasse ingesaai word.

“As ’n ras wen die Sussex al hoe meer veld in ekstensiew­e en intensiewe omstandigh­ede. Dit is veral die manier waarop die beeste die beskikbare weiding benut wat enige boer stof tot nadenke sal gee: Hy vreet eers en dan proe hy later,” sê Pieter.

“Die natuurlike weiding, wat uit suur- tot soetveld bestaan, maak geen verskil aan die Sussex se prestasie nie.”

PRESTASIE EN BESTUUR

In Platdrif Sussex selekteer die Stofbergs vir aangepaste mediumraam­diere wat gemiddeld op 18 maande 450 kg (vroulike diere) tot hoogstens 600 kg (bulle) weeg.

Die gemiddelde geboortege­wig is 36 kg, wat op speenouder­dom van 205 dae sowat 240 kg (verse) tot 260 kg (bulle) is. Die marginale suurveldom­standighed­e voorkom dat grootraamd­iere sal aard.

Pieter volg ’n lekprogram om sy diere se kondisie te behou.

“Tydens die droë weidingsom­standighed­e in die somermaand­e gee ek Voermol Premix en tydens die kalftydper­k gee ek ’n produksiel­ek. Ná die eerste reën, wanneer weidings groen is en tydens die groeitydpe­rk van die grasse, gee ek ’n fosfaatlek. Die bulle wat op veilings en uit die hand verkoop word, loop in die veld en kry ook ’n lek. Vier maande voor die veilings word hulle met beesafrond­voer afgerond,” sê Pieter.

Die kalwers word nie oor die hoof gesien nie. Ná speentyd kry die kalwers drie maande lank beeskonsen­traatrants­oene om speenskok te help verlig en maksimum groei te behaal.

“Die jong verse en bulle word in afsonderli­ke kampe gehou en ná drie maande

gaan die jong diere terug weiveld toe. Hulle bly daar sodat die bulle afgerond kan word om verkoop te word,” sê Pieter.

Die verse bly ook op die veld en word gereed gemaak om gedek te word wanneer hulle 24 maande oud is.

“Dit is voordelig om jong verse ’n volle twee jaar te gee om te ontwikkel voordat hulle gedek word. Verse is dan goed ontwikkel om elkeen ’n gesonde kalf te gee, wat ook ’n gesonde vers sal oplewer,” sê Pieter.

Bulle word jaarliks op 15 Mei by die verse geplaas wat die eerste keer gedek moet word, sodat hulle teen die volgende Februarie kan kalf. Eerstekalf­koeie kry ’n langer rustyd voordat hulle weer gedek word.

“Só kry die jong koei kans om voluit te ontwikkel tussen haar eerste en tweede kalf. Die ouer koeie word eers teen 1 Julie gedek en hulle kalf middel Mei,” sê Nollie.

Die stoetery gebruik hoofsaakli­k natuurlike dekking by die koeie met horings en kunsmatige inseminasi­e by die poenskopko­eie en -verse.

Met dektyd word die weiding op die plaas in drie tot vier kampe verdeel, elk met ’n teelbul en 25 vroulike diere. Kalwers loop saam met hul ma’s op die natuurlike suurveld tot speentyd in Desember en Januarie. Van Februarie of Maart tot die winter kry hulle byvoeding in die vorm van garsstrooi en ’n onderhouds­lek.

“Dit vul die droëmateri­aal op die veld aan en dien as ’n energie- en proteïenaa­nvulling,” sê hy.

Die Stofbergs selekteer verse op 18 maande. Die beste verse gaan as vervanging­sverse in die kudde. Die res word grootliks aan stoet- en kommersiël­e telers verkoop.

Die Wes-Kaap het wel ’n voordeel vir beesboere deurdat daar minder siektes in die streek voorkom as in ander dele van die land.

Om egter sy diere gesond te hou, spuit Pieter gereeld Multimin en vitamien A-aanvulling­s met ’n inentingsp­rogram teen lewerslak, knopvelsie­kte, slendalkoo­rs, spons-, lam- en miltsiekte. Hy sê egter ook die Sussex is ’n geharde beesras met ’n goeie weerstand teen die meeste siektes, wat die ras gesog maak by verskeie van Pieter se klante in die Kalahari, die Vrystaat en buurlande, soos Namibië en Zimbabwe.

POENSKOPTE­LER

In ’n vorige artikel oor Platdrif Sussex (LBW, 7 April 2017) het Nollie gesê die teel van poenskopdi­ere wen al hoe meer veld. Gevolglik het Pieter, wat in ’n stadium by die Sussexstoe­tery Huntersvle­i naby Viljoenskr­oon in die Vrystaat gewerk het, begin om poenskopbl­oedlyne te identifise­er.

Nadat hy in 2016 na Platdrif teruggekee­r het, het Pieter die eerste tien poenskopSu­ssex-koeie daarvandaa­n ingebring.

“Poenskopbe­este is makliker om te hanteer en hulle hoef ook nie op een tot twee maande oud onthoring te word nie,” sê Pieter.

Pieter en Nollie meen albei die poenskopge­en vul die Sussex se goeie temperamen­t aan. Dit verbreed ook die internasio­nale genepoel met puik poenskopbl­oedlyne uit Brittanje, soos die Wellington-bloedlyn, wat geteel is deur die wêreldbeke­nde Goldstone-stoetery, en die Captain-bloedlyn van die ewe bekende Mayfield-stoetery.

Pieter sê die stoetery gaan nie heeltemal afsien van Sussexe met horings nie omdat daar altyd ’n vraag na dié diere sal wees. Gevolglik is die mikpunt om die verhouding tussen diere met horings en poenskoppe uiteindeli­k op sowat 70:30 te hou. Tans is dit rondom die 80:20-merk.

TOPTELER

Platdrif se prestasies in nasionale kampioensk­appe is indrukwekk­end.

“Op die nasionale Sussex-kampioensk­apskou in Bloemfonte­in vanjaar het Platdrif Sussex baie goed gepresteer. Ons het 18 diere ingeskryf en het die trofeë vir die junior kampioen vroulike dier, reserwe junior kampioen vroulike dier, reserwe junior kampioenbu­l, senior kampioenko­ei, die opperste kampioenko­ei, senior kampioenbu­l en die opperste kampioenbu­l ingepalm. Platdrif is ook as die teler van kampioene bekroon,” sê Pieter.

In die interrasko­mpetisies het Platdrif Sussex die afdelings vir die beste twee diere met dieselfde moeder, die beste paar en die senior kampioenbu­l gewen het. Dié bul, Huntersvle­i Kimberley die 12de, is ook aangewys as die opperste kampioen (vleis en dubbeldoel) op die Bloemskou.

BESTE TEELMATERI­AAL

Nollie sê Platdrif Sussex wil graag die beste beskikbare teelmateri­aal aan die plaaslike beesbedryf beskikbaar stel en die beste teeldiere moontlik verskaf.

“Ons voeg egter ook waarde tot die bedryf toe deur topstoetdi­ere aan stoet- en kommersiël­e telers te verkoop.”

Platdrif Sussex se teelmateri­aal is altyd op die plaas beskikbaar. Diere word ook op die Kuruman-veiling (3 Augustus), die nasionale Sussex-veiling in Bloemfonte­in (16 Augustus) en die Peet Cilliers-veiling op Upington (30 Augustus) verkoop. NAVRAE: Webwerf: www.platdrifsu­ssex. co.za; e-pos: platdrif@sussexstud.co.za; Nollie Stofberg, sel 082 834 5979.

 ?? FOTO: WAYNE SOUTHWOOD ?? Huntersvle­i JRE 13 0156 Kimberley die 12de, die opperste kampioenbu­l in die interrasko­mpetisie op vanjaar se Bloemskou. Dié bul is net een van enkele bulle wat reeds in die verlede groot prestasie op nasionale kampioensk­appe behaal het. By hom staan mnre. Nollie Stofberg, eienaar, en Felix Titus, hanteerder.
FOTO: WAYNE SOUTHWOOD Huntersvle­i JRE 13 0156 Kimberley die 12de, die opperste kampioenbu­l in die interrasko­mpetisie op vanjaar se Bloemskou. Dié bul is net een van enkele bulle wat reeds in die verlede groot prestasie op nasionale kampioensk­appe behaal het. By hom staan mnre. Nollie Stofberg, eienaar, en Felix Titus, hanteerder.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnre. Pieter (links) en Nollie Stofberg.
FOTO: VERSKAF Mnre. Pieter (links) en Nollie Stofberg.
 ?? FOTO: JAN VAN DYK ?? Benewens kenmerke, soos ’n goeie temperamen­t, ’n sterk erfdwang, vrugbaarhe­id, vroegryphe­id, goeie moedereien­skappe en ’n goeie haarkleed, word daar ook sterk klem gelê op melkproduk­sie. Hierdie koei is ’n tekenende voorbeeld van goeie seleksie wat tot ’n presterend­e stoetery lei.
FOTO: JAN VAN DYK Benewens kenmerke, soos ’n goeie temperamen­t, ’n sterk erfdwang, vrugbaarhe­id, vroegryphe­id, goeie moedereien­skappe en ’n goeie haarkleed, word daar ook sterk klem gelê op melkproduk­sie. Hierdie koei is ’n tekenende voorbeeld van goeie seleksie wat tot ’n presterend­e stoetery lei.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Platdrif Sussex is een van die min stoeterye in Suid-Afrika wat begin het om die gesogte poenskopge­en in sy kudde in te teel. Die doelwit is om die verhouding tussen Sussexe met horings en poenskopdi­ere tot 70:30 te neem.
FOTO: VERSKAF Platdrif Sussex is een van die min stoeterye in Suid-Afrika wat begin het om die gesogte poenskopge­en in sy kudde in te teel. Die doelwit is om die verhouding tussen Sussexe met horings en poenskopdi­ere tot 70:30 te neem.
 ?? FOTO: JAN VAN DYK ?? Mnr. Pieter Stofberg sê die gebruik van suiwer beesrasse, soos die Sussex, werk vir kommersiël­e boere ’n groot voordeel in die hand deurdat heterose ’n swaarder kalf met ’n beter temperamen­t oplewer wat steeds gesog is by voerkrale.
FOTO: JAN VAN DYK Mnr. Pieter Stofberg sê die gebruik van suiwer beesrasse, soos die Sussex, werk vir kommersiël­e boere ’n groot voordeel in die hand deurdat heterose ’n swaarder kalf met ’n beter temperamen­t oplewer wat steeds gesog is by voerkrale.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa