Landbouweekblad

Hoërskool Oakdale se belegging in die toekoms

Die Hoërskool Oakdale het op 23 Januarie sy Sussexstoe­tery ontvang. Daarmee het die Sussexstoe­tery Veeplaas/Oakdale as volwaardig­e teler deel geword van die Sussexfami­lie.

-

Die Sussexstoe­tery van die Hoërskool Oakdale is moontlik gemaak deur samewerkin­g tussen die PLAASlandb­oujeugstig­ting en die Sussex-telersgeno­otskap. Die projek het gegroei uit die Veeplaas-kuddeproje­k wat nou reeds by 14 landbousko­le kuddes gevestig het.

Die stoetery is nie die eerste Sussexbees­te op Oakdale nie. Die aanvanklik­e beeste is deur ’n ouer van die skool geskenk. leerders kry in graad 10 opleiding in vleisbeest­e in die vak landboubes­tuursprakt­yk.

Die Sussexbees­te word ook gebruik tydens deelnames aan jeugskoue en die ALFAjeugpr­ogram, wat vanjaar die eerste keer tydens Nampo Kaap aangebied gaan word.

Sussextele­rs wat diere beskikbaar gestel het, is mnre. Dawie Albertyn (Nacht Wacht), Nico Bouwer (Witkwas), regter Callie Cillié (Advocate), mnre. Johan du Randt (Mountain Shadows), David Evans (Huntersvle­i), Gert Fourie (Kyknou), Chris Nel (Eversar), George Potgieter (Pothou), James Stephen (Vigorex) en Theo van Zyl (Faurzyl).

“Hartlike dank aan die skenkers wat hul weg oop gesien het vir hierdie groot skenking. Sedert die veiling tot en met die aflaai het Dawie Albertyn die verse gehuisves en versorg. Ons is hom groot dank verskuldig vir hierdie onbaatsugt­ige daad,” het die Hoërskool Oakdale laat weet.

Mnr. Pieter Stofberg is die mentor vir die kudde om te verseker dat hulle aan die Sussex-rasstandaa­rde sal voldoen.

Volgens Pieter het die verse goed ontwikkel en aangepas in die droë Wes-Kaap.

“Ons het op 1 Oktober die bul (van Dawie Albertyn) by die verse geplaas. Die bul is einde van November uitgehaal. Die bestuur en kinders van Oakdale neem geesdrifti­g deel aan die projek,” sê Pieter.

 ??  ?? Die Sussextele­rs wat verse geskenk het aan die Oakdale Veeplaaspr­ojek. Die verse is verlede jaar aan die skoolhoof, mnr. André Latsky, oorhandig.
Die Sussextele­rs wat verse geskenk het aan die Oakdale Veeplaaspr­ojek. Die verse is verlede jaar aan die skoolhoof, mnr. André Latsky, oorhandig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa