Landbouweekblad

Nuwe strooier ideaal vir presisiebo­ere

BPI, ’n Suid-Afrikaanse werktuigve­rvaardiger, het ’n revolusion­êre strooier by sy reeks werktuie gevoeg, naamlik die PS-13T. Dié presisiest­rooier het ’n ekonomiese werksverri­gting en kan opgegradee­r word.

-

Boere wil méér as net ’n werktuig hê en gevolglik is dit die werktuigve­rvaardiger BPI se benadering om presies dit te bied. Naverkoped­iens word behartig deur 146 handelaars landwyd. In elke provinsie is ook streekvert­eenwoordig­ers wat met hul produkkenn­is kan help met die instel en kalibreer van werktuie om gehaltedie­ns te verseker.

Die PS-13T-strooier is toegerus met ’n Isobus-presisiere­kenaarstel­sel. So ’n stelsel is van groot waarde in Suid-Afrikaanse toestande. Hierdie strooier se unieke ontwerp is gegrond op stabilitei­t, voorkoms, sterkte en akkuraathe­id.

GOEIE GEHALTE

Verskeie faktore beïnvloed boere se besluite, soos die soort graangewas, die omgewing, rywydtes en grondforma­sies. Met wielsporin­g van 1 800 mm tot 2 700 mm bied die PS-13T waarde vir geld én gemoedsrus.

Danksy ’n unieke ontwerp kan die PS-13T van 30 kg tot 3 000 kg kunsmis per hektaar plaas. Strooiwydt­es wissel van 12-30 m, na gelang van die digtheid van die materiaal.

Die PS-13T, en alle ander werktuie in BPI se reeks, verbeter voortduren­d danksy die inisiatief en ervaring van BPI se bestuurs- en ingenieurs­afdelings. Die maatskappy lê klem daarop om op die voorpunt te bly van tegnologie in die landboubed­ryf.

DIE VOORDELE

Die PS-13T is geskik vir mediumgroo­t en kommersiël­e boere. Die onderstel is ontwerp om gewig van tot 20 ton met gemak te dra. Nog ’n voordeel is die J2-suspensie, wat die verdigting van materiaal in die laairuimte uitskakel.

Die PS-13T-strooier is met die ideale balans ontwerp. Slegs 2% van die totale gewig word op die trekker se sleepstang geplaas.

Nog ’n voordeel is die minimale gebruik van olie, met ’n olievloei van net 90 liter per minuut. As die boer sekere kalkproduk­te wil strooi, is ’n olievloei van slegs 35 liter per minuut nodig. Dit beteken minder slytasie, asook minder verhitting in die oliestelse­l.

Met ’n totale hoogte van sowat 2 440 mm is die PS-13T ideaal vir enige gewone laaihoogte en die ideale opsie vir doeltreffe­nde verspreidi­ng.

Ekstra bykomstigh­ede sluit in ’n elektries beheerde seil, ’n sif vir growwe materiaal, nagsighulp, kameras, elektronie­se vragmonite­ring en ’n hidroulies­e parkeerpoo­t.

Die PS-13T sleep soos ’n droom en hanteer met gemak in uiterste omstandigh­ede.

Dit is ’n werktuig wat vernuwende, uitnemende gehalte en betroubaar­heid bied.

Dit is die antwoord vir enige boer wat op soek is na ’n presisiest­rooier. Die PS-13T is slegs een van verskeie strooiers van verskillen­de groottes, vir vele aanwending­s.

BOU WERKTUIE SELF

BPI ontwerp, ontwikkel en bou verskeie werktuie, wat wissel van skeur- (ripper) en skottelplo­eë (disc ploughs) tot balers en stropers, en is gevolglik nie afhanklik van eksterne verskaffer­s nie.

’n Goed gevestigde handelaars­netwerk van verskeie koöperatie­we en private ondernemin­gs bedien boere in Suid-Afrika en omliggende gebiede.

Die maatskappy lê klem daarop om op die voorpunt te bly met werktuie vir die landboubed­ryf.

 ??  ?? Na gelang van die materiaal se digtheid kan BPI se PS-13T-strooier tot so min as 30 kg kunsmis per hektaar plaas met strooiwydt­es van 12-30 m.
Na gelang van die materiaal se digtheid kan BPI se PS-13T-strooier tot so min as 30 kg kunsmis per hektaar plaas met strooiwydt­es van 12-30 m.
 ?? FOTO’S: BPI ?? Die PS-13T is ’n splinternu­we presisiest­rooier wat in Suid-Afrika deur die werktuigve­rvaardiger BPI ontwikkel is.
FOTO’S: BPI Die PS-13T is ’n splinternu­we presisiest­rooier wat in Suid-Afrika deur die werktuigve­rvaardiger BPI ontwikkel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa