Landbouweekblad

NOORD-KAAP BEWAAR AFRIKANERS­KAPE

- — AMELIA GENIS

Die Noord-Kaapse departemen­t van landbou onderhou twee bewaringsk­uddes van die bedreigde, inheemse Namakwa-Afrikaners­kaapras op navorsings­plase by Upington en Carnarvon.

Dié geharde skaapras kan in die toekoms van belang wees by veranderde boerderyto­estande weens klimaatsve­randering.

Namakwa-Afrikaners­kape het weerstand teen uitwendige parasiete, soos bosluise, toon minder uierproble­me en het ’n goeie reproduksi­evermoë. Aangesien Namakwa-Afrikaners se vleisopbre­ngs swakker is as rasse wat al dekades vir groei en vleisprodu­ksie geselektee­r is, word die ras nie op groot skaal in boerderye gebruik nie, sê prof. Schalk Cloete van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou.

“Hulle is maerder, wat voordelig kan wees as dit die oogmerk is om maer en gesonder vleis te lewer, maar hulle het ’n klomp gelokalise­erde vet in die stert waarvoor ’n boer nie noodwendig betaal word nie.”

Volgens dr. Gretha Snyman van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye op Grootfonte­in het Namakwa-Afrikaners­kape swart koppe en ’n langer stert, terwyl Ronderib-Afrikaners van die blinkhaar- of steekhaart­ipe kan wees. Hul lywe is wit en hul sterte is korter en dikker.

Sy sê die departemen­t het ook ’n embriobank met sowat 300 embrio’s. Die Noord-Kaapse departemen­t van landbou verkoop elke jaar oortollige diere aan belangstel­lende boere.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa