Landbouweekblad

Op facebook

-

HOU OP DREIG MET ‘GEEN BOER, GEEN PAP’

Verskillen­de menings oor boerdery het duidelik geword tydens die grondwetli­ke hersiening­skomitee se openbare verhoor oor die onteiening van grond sonder vergoeding op Botshabelo buite Bloemfonte­in. Een van die sprekers het gesê die wekroep van sommige kommersiël­e boere — “geen boer, geen pap” — is ’n doring in die vlees, en het gevra “hulle moet ophou om ons so te intimideer”.

KOOS VENTER skryf:

Ek het dit nou sommer gou uitgewerk van Google af: Die mens wat dink jy maak R15 000 000 wins op 200 ha mielies, sit die pot ver mis. Hy is nie eens naby die pappot nie. Die gemiddelde opbrengs van wit mielies is 3 ton tot 5 ton per ha. Die prys van mielies is R2 100 tot R2 400 per ton. My som:

4 ton/ha x 200 ha = 800 ton. 800 ton x R2 500 per ton = R2 000 000.

Dit beteken nie die boer kry die R2 000 000 nie. Sy saad en kunsmis moet afgetrek word en koöperasie­skuld moet betaal word. Salarisse en lone moet ook afgetrek word, om nie eens te praat van diesel, herstelkos­te en uitgawes aan werktuie nie. Uiteindeli­k kry die boer dalk baie minder salaris as een van sy voormanne.

DEWALD LABUSCHAGN­E

skryf: En dan betaal ’n mens nog R120 000 tot R150 000 per ton vir mieliesaad. Julle dink die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens en ander steel geld. Dit kan nie soveel kos om saad te maak nie. Die boer moet dit hê. Maatskappy­e kan dus vra wat hulle wil.

KOOS VENTER antwoord:

Dewald, ek weet. Koringboer­e in die Swartland hou van hul opbrengssa­ad vir die volgende jaar terug. Dit word weer gescreen en behandel. Ek weet nie hoe hulle met mielies maak nie. Ek weet net jy moet soms nuwe saad saai.

ESTELLEVAN­DERMERWE

skryf: Maar dis waar: Geen boer, geen pap. Dink hulle die mieliemeel spring op die rak in die supermark?

ROBERTA BOTHA

skryf: Baie mense het wanopvatti­ngs oor boerdery. Hulle dink omdat boere die nuutste voertuie ry, is daar baie geld.

GLOUDINA MARIA CROUS

skryf: Dit is nie vergaderin­gs nie. Almal skree op almal, en (Julius) Malema skree die hardste.

RAYMUND COETZEE skryf:

Boere plant mielies en alles anders. Vleis groei nie in Shoprite nie.

MARI HAMANN skryf:

Hulle hou die vergaderin­gs wanneer ons wat belasting betaal, moet werk. No work, no pay.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa