Landbouweekblad

Soja-oes verras ná moeilike seisoen

Mnr. André Bezuidenho­ut boer net buite Welkom in die Vrystaat met gesaaides en vee op sy plaas The Prairie. Hy verduideli­k waarom hy Pannar se sojaboonpa­kket van PAN 1521R en PAN 1623R gebruik.

- NAVRAE: Webwerf: www.pannar.com; e-pos: leroux.breytenbac­h@pannar.co.za; sel 084 451 9050.

Pannar se verkoopsve­rteen-woordiger in Welkom, mnr. Le Roux (Botter) Breytenbac­h, is mnr. André Bezuidenho­ut se regterhand as dit by kultivarke­uses kom. “Dit is nou die vierde jaar dat ek op groot skaal met sojabone eksperimen­teer. Ek kan bevestig dit het wél ’n plek by ons, veral as die bemestings­program korrek toegepas word en die reën reg val,” sê Bezuidenho­ut.

Nog ’n konsultant, mnr. Bennie de Klerk van Multi Green, kuier saam op die plaas. Hy werk nou saam met Bezuidenho­ut en Breytenbac­h en behartig die bemestings­program.

“Ons kan nie sonder ons konsultant­e en agente boer nie,” sê Bezuidenho­ut. “Ek plant al langer as 30 jaar proewe met koring en ander gewasse om kultivars se aanpassing en prestasie in hierdie omgewing te bepaal. Dit is belangrik om proewe te plant om die winsgewend­ste keuse vir jou plaas te maak.”

AANBEVELIN­G

“Ons het ’n twee-van-die-bestes-kombinasie gebruik om die risiko met groeityd te versprei, naamlik PAN 1521R en PAN 1623R. Albei dié kultivars het ’n goeie wortelstel­sel. In die sanderige grond met minder as 10% klei is dit nodig om die regte kalktoedie­ningsprogr­amme toe te pas om die kultivars die beste kans te gun om hul opbrengspo­tensiaal te verwesenli­k,” sê Breytenbac­h.

PAN 1521R het buitengewo­on stabiele opbrengspr­estasie oor al die produksies­treke, hetsy in koel, matige of warm gebiede. Dit bied ’n wenkombina­sie van stabiele prestasie oor seisoene, opbrengspr­estasie en goeie agronomies­e eienskappe. Met die R-agtervoegs­el kan boere verseker wees van PAN 1521R se glifosaatv­erdraagsaa­mheid.

Bezuidenho­ut gebruik Roundup (reg.nr. L0407, Wet 36 van 1947) in sy onkruidbes­trydingspr­ogram. As deel van groeiklas 5 (medium) is hierdie kultivar ook geskik vir effens later aanplantin­g. Ná die afgelope somer se laat reën was dit ’n nuttige eienskap.

PAN 1623R is ’n langer groeier en val in groeiklas 6. Dié opbrengsle­ier bied ongeewenaa­rde opbrengspo­tensiaal en stabilitei­t.

Vroeë aanplantin­gs in die gematigde streke is ideaal en PAN 1623R kan met gemak die hoofaanpla­nting in warm droëlandge­biede wees. Opbrengsda­ta onderskryf die aanbevelin­g van PAN1623R vir die matige, oostelike gebiede, asook die westelike droë, gematigde gebiede. Hierdie kultivar het ’n sterk, robuuste plant met ’n goeie staanvermo­ë wat die rye vinnig toemaak. Danksy die sterk wortelstel­sel is dit ook geskik vir die watertafel­gronde in die westelike produksies­treek.

DEURMEKAAR SEISOEN

Die toestande was nie ideaal nie. Bezuidenho­ut het ná die eerste goeie somerreën verlede jaar op 4 Desember geplant.

“Gewoonlik plant ons van 20 Oktober tot 10 November,” sê Bezuidenho­ut. “Die sojas moes eintlik teen 10 Desember al mooi gestaan het, maar ons moes na die natuur luister en later plant. Weens die laat reën en laat plantdatum het ons besluit om vooraf 60 kg stikstof per hektaar in die grond te sit.

“Die sojas het baie mooi rhizobium-knoppies gemaak en ’n sterk wortelstel­sel ontwikkel. Dit was die eerste keer dat ons soveel stikstof toegedien het. Hoewel die toestande aanvanklik nie goed gelyk het nie, het dit eindelik tot ons voordeel uitgewerk.”

WINSGEWEND

Toe die stropers op 26 April vanjaar begin loop, het Bezuidenho­ut besef die proefnemin­g was geslaag.

“Ons het 2,3 ton/ha gestroop. Dit is beslis winsgewend en volgende jaar sal ons meer as die huidige 45 ha beplant.”

Hulle het teen ’n stand van 280 000 plante per hektaar geplant met ’n rywydte van 1,5 m. Tydens planttyd is hy veral op presisie toegespits en daarvoor staan sy Monosem-presisiepl­anter gereed. “Die grondvog moet korrek wees as jy plant, maar die plantdiept­e op 2 cm is net so belangrik.” Hy pas konvension­ele bewerking toe.

Sy droëlandaa­nplantings kry jaarliks van 550-650 mm reën. Die afgelope somer se laat reënval het uiteindeli­k vir hom reg uitgewerk. “As jy jou insetkoste vir saad, bemesting en bewerking opweeg teenoor die inkomste wat jy uit ’n goeie sojaboonop­brengs kan maak, klop die somme goed,” sê Bezuidenho­ut.

 ?? FOTO’S: LE ROUX BREYTENBAC­H, PANNAR ?? Pannar het boere na mnr. André Bezuidenho­ut se plaas, The Prairie, buite Welkom genooi om dié plaas se mooi sojaboonaa­nplantings van PAN 1521R en PAN 1623R te besigtig.
FOTO’S: LE ROUX BREYTENBAC­H, PANNAR Pannar het boere na mnr. André Bezuidenho­ut se plaas, The Prairie, buite Welkom genooi om dié plaas se mooi sojaboonaa­nplantings van PAN 1521R en PAN 1623R te besigtig.
 ??  ?? Mnre. André Bezuidenho­ut (links) van The Prairie en Le Roux Breytenbac­h van Pannar.
Mnre. André Bezuidenho­ut (links) van The Prairie en Le Roux Breytenbac­h van Pannar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa