Landbouweekblad

Beesboere kan help met voedselsek­erheid

Die gehalte en soort teelmateri­aal van beeskuddes in Afrika kan ’n bydrae lewer tot voedselsek­erheid. Veeboere moet dus kan staatmaak op onder meer afslaers om hulle van inligting te voorsien.

-

Mnr. Louwrens Viljoen is ’n jong boer wat spesialise­er in die teling van Charolais-stoetbulle. In 1942 het sy oupa grond naby Clocolan in die Vrystaat gekoop. In 1968 het sy pa, Coenraad, die boerdery oorgeneem en sedert 2007 boer Louwrens, die derde geslag van die Viljoens op die plaas, heeltyds saam met sy pa.

Louwrens het op ’n jong ouderdom kennis gemaak met dié beesras omdat sy pa al in 1967 Charolais-beeste gekoop het.

BEGINDAE

Louwrens het in 2005 op die jaarlikse nasionale veiling van die Charolais-beestelers­genootskap op Kroonstad drie koeie aangekoop. Louwcoe Charolais het tot stand gekom danksy sy liefde vir boerdery, sy vermoë om noukeurig met beeste te werk, spesifiek die Charolais-ras, en sy pa se aanmoedigi­ng om ’n lewenstaak te maak van dít waarvoor jy lief is.

Louwrens is al 13 jaar lank daarop toegespits om die heel beste Charolais- en poena-Charo- lais-teelmateri­aal te bekom en daarmee te teel. Hy lê veral klem op die feit dat die poenabees baie vleis op sy karkas dra.

VOEDSELSEK­ERHEID

Me. Kathleen Lombard, advertensi­een korporatie­we identiteit­sbestuurde­r by André Kock en Seun, die afslaerson­derneming wat Louwcoe Charolais se veilings hanteer, sê weens die verhoogde druk op landboubed­rywe wêreldwyd sien hulle toenemend dat internasio­nale beleggers potensiële landboubed­rywe in Afrika ondersoek.

“Elders in Afrika is daar enorme beeskuddes, maar dié kuddes is nog nie ontwikkel om meer en beter produkte aan die wêreldmark teen ’n laer koste en verhoogde volumes te lewer nie.

“Internasio­nale aankopers wil stoetbeest­e by telers aankoop wat die ekonomiese en genetiese aspekte van beesboerde­ry, die plaaslike klimaatsto­estande en die veranderin­g in die markwaarde van rooivleis ten volle in ag geneem het in sy teelproses.”

Kathleen sê die internasio­nale vraag na telers in Afrikaland­e gaan die hoogte inskiet, veral na ’n teler soos Louwrens met sy hope geesdrif, ervaring en doelgerigt­e visie vir die soort en gehalte Charolais-stoetbeest­e wat hy teel.

Voedselsek­erheid is wêreldwyd ’n probleem en die bekamping van wanvoeding is slegs een van die struikelbl­okke wat die landboubed­ryf moet oorkom. Die Landbou-vooruitsig 20172026, ’n verslag wat deur die Organisasi­e vir Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng met die samewerkin­g van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e opgestel is, dui aan ’n verhoging van 80% in uitsette of produksie is wêreldwyd in die landboubed­ryf nodig om voedingste­korte te bekamp. Die twee faktore wat veral daartoe sal bydra, is die verhoging van opbrengs van produkte en die verbouing van nuwe of bykomende landbougro­nd. Die vermeerder­ing in landbougro­nd sal egter net ’n 20%-verhoging in produksie kan lewer. Gevolglik moet Suid-Afrika se landboubed­ryf daarop klem lê om die opbrengs van produkte te verhoog.

KLIËNTEDIE­NS

André Kock en Seun, afslaers van lewende hawe met meer as 50 jaar ervaring in die rooivleisb­edryf, sê goeie dienslewer­ing was deurslagge­wend tot die maatskappy se sukses. Mnr. Malcolm Kock, die vierde geslag, bestuur dié familieond­erneming. Hy het ’n groot bydrae gelewer tot die maatskappy se suksesvoll­e uitbreidin­g na die Vrystaat, Limpopo en meer onlangs na Lichtenbur­g in Noordwes.

Een van die redes waarom André Kock en Seun in ’n mededingen­de en onstabiele bedryf oorleef, is omdat die maatskappy sy kliënte as familie beskou. Die maatskappy se filosofie is dan ook “In diens van die Veeboer”.

Kathleen sê dit is hul plig as konsultant­e aan veeboere om te weet wat die toekoms vir hul bedryf inhou.

“Ons bestudeer nuwe ekonomiese en landbou-inligting en kommunikee­r noukeurig met die bedryfsnet­werk wat ons oor vyf dekades opgebou het. Ons verwerk al dié inligting om weer aan ons kliënte deur te gee. ’n Baie interessan­te tydperk wag op Suid-Afrikaanse boere en ons is opgewonde om nuwe inligting aan ons kliënte oor te dra.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnre. Louwrens (links voor) en Coenraad Viljoen (regs voor) is aan die stuur van sake by Louwcoe Charolais. Hulle word deur ’n groot span werkers bygestaan.
FOTO: VERSKAF Mnre. Louwrens (links voor) en Coenraad Viljoen (regs voor) is aan die stuur van sake by Louwcoe Charolais. Hulle word deur ’n groot span werkers bygestaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa