Landbouweekblad

Klop hiér aan vir puik diens

Die beste diere verdien die beste veilings. Hetsy GWK Veilings hom dus besig hou met stoetvee, wild, veilingsaa­nbiedings, vee, administra­sie of kliëntedie­ns, gehalte is altyd die wagwoord.

- NAVRAE: Webwerf: www.gwk. co.za; tel. 053 298 8200.

Wanneer kliënte die GWK-handelsmer­k sien, weet hulle dadelik waarvoor die maatskappy staan, sê mnr. Willie Meyer, hoof van GWK Veilings.

“Ons het ’n gemotiveer­de span mense wat saam ons doelwit najaag om GWK Veilings te vestig as die voorkeuron­derneming vir veilingskl­iënte,” sê hy.

Die dienste wat GWK aan sy kliënte bied, sluit in stoetveeve­ilings, landwye kommersiël­e veilings, wildveilin­gs, algehele uitverkopi­ngs, en staakboerd­ery-, losgoed- en eiendomsve­ilings. Die span behartig ook skakeldien­stransaksi­es waar verhandeli­ngs van die plaas af gedoen word.

Omdat GWK Veilings deel van die GWK Groep is, sê Willie kan die maatskappy selfs meer ondersteun­ing aan kliënte bied, soos die slag van vee by verskeie GWK-abattoirs.

“GWK verskaf ook finansieri­ng en versekerin­g. Hierdie omvattende diens beteken ’n gehaltedie­ns vir gehaltedie­re word deur ’n gehaltespa­n moontlik gemaak,” sê hy.

Gevolglik brei GWK Veilings se span spesialist­e deurlopend uit om die diens waarvoor hulle bekend is aan meer kliënte te kan lewer. Met kantore in die Vrystaat, Noord-Kaap en OosKaap word veilings reg oor Suid-Afrika gehou. Die resultate wat op hierdie veilings behaal word, versterk die naam en reputasie wat GWK Veilings opgebou het.

 ?? FOTO’S: GWK ?? Met kantore in Kimberley en Kuruman (noordelike streek), Senekal (oostelike streek) en Humansdorp (suidelike streek) verskuif GWK Veilings die grense van die verhandeli­ng van lewende hawe en wild. Die maatskappy streef voortduren­d daarna om die kopersmark vir veeproduse­nte te vergroot.
FOTO’S: GWK Met kantore in Kimberley en Kuruman (noordelike streek), Senekal (oostelike streek) en Humansdorp (suidelike streek) verskuif GWK Veilings die grense van die verhandeli­ng van lewende hawe en wild. Die maatskappy streef voortduren­d daarna om die kopersmark vir veeproduse­nte te vergroot.
 ??  ?? GWK bied weekliks veilings aan. ’n Omvattende diens word ook met stoet- en wildveilin­gs aangebied, onder meer logistiek, administra­sie, finansies, versekerin­g, media en bemarking.
GWK bied weekliks veilings aan. ’n Omvattende diens word ook met stoet- en wildveilin­gs aangebied, onder meer logistiek, administra­sie, finansies, versekerin­g, media en bemarking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa