Landbouweekblad

Veiling aangebied ná saaiery gestaak is

Vier eenhede van die plaas Clanfield by Hoopstad word per veiling deur GWK Eiendomme te koop aangebied.

-

GWK Eiendomme bied die veiling aan in opdrag van mnre. Harry en Henry Roberts wat hulle saaiboerde­ry staak. Die vier eenhede van die plaas wat te koop is, kan gesamentli­k of afsonderli­k gekoop word en bied goeie potensiaal vir enige koper.

“Die familie boer al jare lank op Clanfield. Die plaas is met verloop van jare opgebou tot wat dit vandag is en bied geleenthei­d aan ’n koper om goed opgeboude watertafel­lande te bekom,” sê mnr. Braam Hendriks, ’n agent van GWK Eiendomme in dié omgewing.

“Die plaas is in die distrik Hoopstad, wat ’n gesogte omgewing is. Om grond in dié omgewing te koop, sou tot onlangs toe nog sowat R80 000 per hektaar gekos het. Die afgelope ruk is dit egter moontlik om goedkoper grond in hierdie omgewing te koop.”

CLANFIELD

Die saai-eenhede wat te koop is, strek oor vier verskillen­de gedeeltes van die plaas.

“Op Clanfield is 666 ha te koop. ’n Groot plaashuis, skure en landerye is op hierdie gedeelte gevestig. Daar is ook nege ontwikkeld­e boorgate, ses dompelpomp­e en vier damme,” sê Braam.

STEENBOKPA­N

Gedeelte 4 van Steenbokpa­n is 467 ha waarop 326 ha landerye is met 118 ha sonneblom, 145 ha mielies en 63 ha wat oorlê.

Gedeelte 5 van Steenbokpa­n is 398 ha met landerye en 184 ha aangeplant­e weiding.

Nog ’n gedeelte van die plaas wat te koop is, is Kareeboomb­ult. Hierdie gedeelte beslaan 548 ha en bevat ook ’n huis en ’n groot skuur.

“Hiervan is 388 ha met mielies beplant, 150 ha het grondbone op en 10 ha het twee jaar oue pekanneutb­ome.”

NAVRAE: Mnr. Braam Hendriks, sel 082 804 8079; mnr. Frans Bezuidenho­ut, sel 083 257 4560. Vir nog inligting besoek die webwerf

www.gwkpropert­ies.co.za. Die verwysings­nommer van hierdie spesifieke veiling is 106411006.

 ?? FOTO: GWK EIENDOMME ?? Vier eenhede van die plaas Clanfield in die distrik Hoopstad word op 1 Augustus op ’n veiling te koop aangebied.
FOTO: GWK EIENDOMME Vier eenhede van die plaas Clanfield in die distrik Hoopstad word op 1 Augustus op ’n veiling te koop aangebied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa