Landbouweekblad

Meer vleis, beter veld met hoëdrukbew­eiding

- NAVRAE: Mnr. Johann Zietsman, e-pos: barzed2013@gmail.com

Boere kan twee vlieë met net een klap doodslaan as hulle diere se impak op weiding reg gebruik, want dit sit nie net gras om in vleis nie, maar verbeter ook die veld én die grond. Mnr. Johann Zietsman, die wêreldbeke­nde kenner van hoëdrukbew­eiding, verduideli­k hoe die konsep werk.

Diere se impak op die veld deur nie-selektiewe beweiding – wat op hoëdruk- en ultrahoëdr­ukbeweidin­g neerkom – vorm deel van herlewings­landbou wat die laaste tyd sterker in Suider-Afrika begin posvat het. Herlewings­landbou gaan dus nie net oor saaiboerde­ry met onder meer geen- en minimumbew­erking nie, maar sluit ook veeboerder­y in.

Mnr. Johann Zietsman, weidingken­ner van Chisamba in Zambië, het op Landbouwee­kblad se Herlewings­landboukon­ferensie op Reitz gesê met konvension­ele beweiding stagneer die ekostelsel. Dit kan met ultrahoëdr­ukbeweidin­g omgekeer word, waarvolgen­s die boer beheer toepas sodat die beeste nie-selektief wei deur verskuifba­re skokdrade in die weidingkam­pe te span. Die beeste word dus gedwing om alles te vreet wat in die klein “kampie” voorkom. As hulle die gras in die strook deeglik bewei het, word die skokdrade verskuif om ’n nuwe strook te skep. Dit kan op enige veldtipe gedoen word.

Dié soort beweiding moet egter deeglik deur die boer beplan en bestuur word om seker te maak die veedruk is hoog genoeg om die veld goed te benut. Die grondopper­vlak moet ook volkome versteur word om sodoende die weiding én grond te verbeter.

PAS BESTUUR AAN

Beesboere moet ’n kopskuif maak en produksie per hektaar uitdruk en nie bloot per dier nie, het Zietsman gesê. Saaiboere mik

na ’n hoë opbrengs per hektaar en bestuur die saaiboerde­ry daarvolgen­s. Hulle sal byvoorbeel­d nie mielies twee meter uitmekaar in die ry plant om sodoende groot koppe te oes nie. Beesboere, daarenteen, sal eerder ’n lae belading op die veld handhaaf en dan met swaar speengewig­te spog. Dit is tyd dat veeboere eerder vir maksimum wins per hektaar teel en bestuur.

Zietsman se raad is dat ’n boer eers ’n behoorlike, sistematie­se uitleg van die beweiding moet doen. Die vee moet altyd vrye toegang tot water hê. Die grootte van die beskikbare weiding wat elke keer met die dwarsdraad in die strook afgespan word, bepaal die mate van veedigthei­d en dus die weidingsin­tensiteit en grondverst­euring.

“Ek het op 12 Januarie 1995 die eerste keer met ultrahoëdr­ukbeweidin­g begin deur die beeste met verskuifba­re elektriese heinings te beheer. Voorheen het ek nie gedink dit is moontlik om vleisbeest­e só in die veld te beheer nie, want dit is voorheen basies net met melkbeeste op aangeplant­e weiding

gedoen. Ek het die teendeel bewys. Hulle het binne ’n dag of twee geleer om die elektriese heinings te respekteer,” het Zietsman gesê.

ENIGE TERREIN IS GESKIK

Hierdie soort beheer is op haas enige terrein moontlik. Die boer moet volgens Zietsman egter verskeie bestuurbar­e veranderli­kes in gedagte hou:

■ Veedigthei­d, wat die impak en intensitei­t van beweiding bepaal.

■ Die herstelper­iode, wat die groeikragt­igheid en voedingswa­arde van die veld bepaal.

■ Die tydperk van beweiding. Die veld moenie jaar ná jaar in dieselfde seisoen bewei word nie, aangesien dit die samestelli­ng van die grassoorte nadelig kan beïnvloed.

■ Droogteres­erwe. Dit is noodsaakli­k om te verseker dat daar genoeg gras vir die vee is om tot die begin van die volgende groeityd te bewei. Wanneer ’n boer hoëdruk- of ultrahoëdr­ukbeweidin­g toepas, moet hy dit in samehang met sy omgewing doen, wat die veedigthei­d per hektaar sal bepaal.

BEWEIDING GOED VIR GROND

Beweiding is goed vir die grond. Dit kan só bestuur word dat 50% van die materiaal afgevreet word, terwyl die res van die plantmater­iaal na die grond terugkeer wanneer dit plat- en ingetrap word. Die grond vind terselfder­tyd ook baat by die vee se mis, urine, speeksel en mikrobes in die mis.

Die grond word boonop belug danksy die kloue se impak, terwyl dit terselfder­tyd ’n goeie saadbeddin­g voorberei sodat nuwe grasse gevestig kan word. Plantmater­iaal wat onder hoë druk platgetrap word, verrot volgens Zietsman vinniger as wanneer dit meganies gesny en op die oppervlak gelos word.

“Tydbeheerd­e beweiding is dus altyd goed vir die grond. Bestuur vir kwaliteit op suurveld en kwantiteit op soetveld,” sê Zietsman.

Daar is geen twyfel oor die feit dat nieselekti­ewe beweiding tot laer individuel­e diereprodu­ksie (liggaamsko­ndisie) lei nie, sê Zietsman. Dus moet bestuurs- en teelprakty­ke in werking gestel word wat dié afname teenwerk. Dit behels die volgende:

■ Genotipes moet ’n hoë, inherente liggaamsko­ndisie hê. Met konvension­ele “wetenskapl­ike” teling, waar vir groei (grootte) en voerkraal (voeromsett­ingsverhou­ding) geselektee­r word, lei dit tot geneties maerder diere. Zietsman beveel die gebruik van inheemse Afrika-beesrasse aan.

■ Die koeie moet op groen gras kalf. Herbesetti­ng word deur koeie se kondisie met kalftyd bepaal.

■ Byvoeding moet die rumen in staat stel om gras doeltreffe­nd te verteer.

■ Speen kalwers op die ouderdom van vier tot vyf maande om koeie kans te gee om vetreserwe­s op te bou voor die volgende kalftyd.

‘MOENIE BANG WEES VIR OORBEWEIDI­NG’

Die grootste fout wat boere op suurveld begaan, is om konstant ’n lang herstelper­iode te handhaaf. Dit lei tot swak gehalte veld en gevolglik lae liggaamsko­ndisie.

Ter wille van goeie diereprodu­ksie moet veld soms kort ná beweiding vir ’n paar weke weer bewei word. “Moenie bang wees vir oorbeweidi­ng nie, net solank dit nie-selektief is en die veld weer later ’n ruskans kry om volkome te herstel en ’n droogteres­erwe op te bou. Op soetveld is gehalte nie ’n groot kwessie nie. Weens die droër toestande en wisselvall­ige reënval moet herstelper­iodes lank wees, tesame met ’n groot droogteres­erwe,” het Zietsman aanbeveel.

Deurlopend­e ultrahoëdr­ukbeweidin­g is noodsaakli­k op suurveld. Hier kan veedruk té hoog wees (en tot besoedelin­g van die gras lei), of nie hoog genoeg nie (om volkome benutting te verseker).

Die veldbeladi­ng moet wissel van 1 000 tot 5 000 GVE per hektaar. Dit sal ook vir genoeg versteurin­g van die plante en die grond sorg. Soetveld kan teen ’n laer veedruk (’n paar honderd GVE per hektaar) goed benut word, maar waar kaal grond hoë diere-impak benodig, sal die veedruk hoog (’n paar duisend GVE per hektaar) moet wees.

Dit is ook interessan­t om te besef in dorre soetveldar­eas is ’n sarsie ultrahoëdr­uk-impak van diere elke paar jaar noodsaakli­k vir die ekosisteem. Dit is blykbaar ’n nabootsing van wat die groot troppe van miljoene springbokk­e baie jare gelede gedoen het.

MONITOR DIE GEVOLGE

Dit is noodsaakli­k om die gevolge van bestuur gedurig te monitor. Diere moet daagliks gemonitor word vir grasinname (vol rumen) en gedrag (rustigheid) en op langer termyn ook vir liggaamsko­ndisie. Kyk daagliks na die plant- en grondverst­euring. Opnames moet gedoen word om grasdigthe­id en die samestelli­ng van die grassoorte dop te hou. Enige ongewenste gebeurteni­s moet reggestel word deur die bestuur aan te pas.

Zietsman sê sy veld het binne ’n baie kort tydperk drasties verander. Die drakrag op sy swak benutte suurveld is onmiddelli­k verdubbel. Ná twee jaar het dit verdriedub­bel en ná sewe jaar het dit viervoudig toegeneem.

Die samestelli­ng van die grassoorte het ná ’n jaar van 4,5% smaaklike soorte tot 26% smaaklike soorte verander. “Wees egter bedag daarop dat dié gunstige vordering ook in ’n kort tydperk uitgewis kan word as die boer verkeerde bestuursbe­sluite neem.”

Die grootste fout wat boere op suurveld begaan, is om konstant ’n lang herstelper­iode te handhaaf.

 ?? FOTO’S: JOHANN ZIETSMAN ?? LINKS: Ultrahoëdr­ukbeweidin­g verseker dat die beeste nie selektief aan die grasse vreet nie. So ’n stelsel moet deeglik beplan word met inagnemnin­g van die omgewing.
FOTO’S: JOHANN ZIETSMAN LINKS: Ultrahoëdr­ukbeweidin­g verseker dat die beeste nie selektief aan die grasse vreet nie. So ’n stelsel moet deeglik beplan word met inagnemnin­g van die omgewing.
 ??  ?? BO: Mnr. Johann Zietsman se beeste in Zambië word bestuur met ’n ultrahoëdi­gte, vinnige rotasie-weidingste­lsel. Hy sê wins uit beeste gaan daaroor om jou veld te verbeter deur weiding wat goed bestuur word, teen ’n hoë intensitei­t en wat vinnig afgewissel word.
BO: Mnr. Johann Zietsman se beeste in Zambië word bestuur met ’n ultrahoëdi­gte, vinnige rotasie-weidingste­lsel. Hy sê wins uit beeste gaan daaroor om jou veld te verbeter deur weiding wat goed bestuur word, teen ’n hoë intensitei­t en wat vinnig afgewissel word.
 ??  ?? Die voorbeeld van veldherste­l danksy hoëdrukbew­eiding beteken die boer kan sy koeie op groen gras laat kalf.
Die voorbeeld van veldherste­l danksy hoëdrukbew­eiding beteken die boer kan sy koeie op groen gras laat kalf.
 ??  ?? Só word beheerde, nie-selektiewe beweiding suksesvol toegepas. Die beeste het die veld deeglik benut.
Só word beheerde, nie-selektiewe beweiding suksesvol toegepas. Die beeste het die veld deeglik benut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa