Landbouweekblad

Vuurwapens: Hier’s wat jy moet doen

- EUGENE GUNNING

DIT is nou amptelik: Die plantplaag wat sedert einde verlede jaar verwoestin­g onder bome in George en Knysna aan die Tuinroete saai, is die werk van ’n stompkopke­wer (Euwallacea nr. fornicates) en sy simbotiese swam (Fusarium euwallacea).

’n Verslag word binnekort in dié verband uitgereik ná ’n

ondersoek om die oorsaak van skade aan bome in private tuine en parke te bepaal. Mnr. Braam du Preez, ’n bosboukons­ultant, het aan Landbouwee­kblad gesê daar is vasgestel dat die kewer en die swam beslis verantwoor­delik is vir die skade. Kommer is reeds uitgespree­k dat dit kan oorspoel na die Suid-Kaap se vrugteboor­de en die res van die landbou.

Du Preez het in Januarie monsters van die beskadigde bome geneem en dit met kundiges by die instituut vir bosbou- en landboubio­tegnologie (FABI) aan die Universite­it van Pretoria bespreek.

Prof. Wilhelm de Beer van FABI het die gebied besoek om monsters te neem. De Beer het dr.

Trudy Paap, ’n navorser verbonde aan FABI, wat haar toespits op die stompkopke­wer, afgevaardi­g om ’n uitgebreid­e ondersoek te doen. Sy het George en Knysna in Junie besoek.

VERSPREI

Paap het tydens haar besoek bevind talle inheemse bome in George, Knysna en Tsitsikamm­a word geraak. “Dit is besig om ooswaarts van George af te versprei selfs tot by Tsitsikamm­a. Dit versprei ook weswaarts, maar daar kan nog nie vasgestel word hoe ver nie.”

Tydens Paap se besoek is kommer uitgespree­k oor die potensiële impak op die landbou, veral by avokado’s en pekanneute.

Du Preez sê dit raak ook dorpsgebie­de waar boomsoorte, soos die eikeboom, voorkom. Dit is ook al opgemerk by swartwatte­l, ’n gewilde brandhout.

Tans word klem gelê op bewusmakin­g en kostedoelt­reffende bestryding­smaatreëls. Die navorsers doen ’n beroep op die

publiek om simptome daarvan aan te meld. Besmette bome moet verwyder en verbrand word. Daarvoor is ’n aangewese stortingst­errein nodig sodat dit nie verder kan versprei nie. Du Preez glo nasionale ingryping is nodig.

– *Besoek www.fabinet.up.ac.za vir nog inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa