Landbouweekblad

Brandstofp­rys: Beskerm jou besigheid só

- — ALANI JANEKE

DIE handelsoor­log wat pres. Donald Trump van Amerika met China verklaar het, is een van die groot faktore wat bydra tot die huidige rekordhoë brandstofp­ryse in Suid-Afrika.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê tot in dié stadium was die rand een van die grootste verloorder­s wat ontwikkele­nde lande se geldeenhed­e in dié oorlog betref. Die rand se verswakkin­g teenoor die dollar die afgelope paar maande, asook die styging in die internasio­nale olieprys, het sedert Mei vanjaar ’n styging van R1,70/ℓ in die land se dieselprys­e tot gevolg gehad.

Brandstofp­ryse het in April vanjaar ook aansienlik gestyg weens die verhoging van die brandstofh­effing. Die prys van diesel het in April met 65c/ℓ gestyg. In Mei, Junie en Julie het dieselprys­stygings van onderskeid­elik 59c/ℓ, 85c/ℓ en 26c/ℓ gevolg. “Dit beteken dat die prys van diesel sedert April vanjaar met R2,35/ℓ gestyg het, dus ’n 20%-styging binne vier maande,” sê Maree.

R1 MILJARD PER SENT

Volgens Maree styg insetkoste vir die landbou met R1 miljard per jaar vir elke 1c-styging in die dieselprys. Dié prysstygin­gs van die afgelope vier maande verteenwoo­rdig dus ’n R235 mil- jard-verhoging in insetkoste op ’n jaargronds­lag.

“As ’n mens die dieselprys­e van Julie verlede jaar met dié in die ooreenstem­mende tyd vanjaar vergelyk, het dit met 31,6% gestyg, terwyl verbruiker­sinflasie maar op 4,5% staan,” sê Maree.

Soos wat sake tans daar uitsien, verwag ekonome dat brandstofp­ryse nie nog aansienlik gaan styg nie. Dit is egter moeilik om vooruit te beplan met die rand wat wisselvall­ig bly.

Maree sê met die internasio­nale olieprys wat tans op vlakke van $76 (sowat R1 040) en $77 (sowat R1 055) per vat staan, kan die olieprys moontlik teen einde vanjaar op sowat $70 (sowat R960) per vat stabilisee­r.

Die uitwerking van die plaaslike politieke en ekonomiese omgewing op die rand moet egter nie uit die oog verloor word nie. Maree sê soos wat die land die verkiesing aanstaande jaar nader, kan plaaslike faktore ook ’n impak op die wisselkoer­s en gevolglik brandstofp­ryse hê.

WAT KAN JY DOEN?

Maree se raad aan boere wat baie afhanklik van diesel is vir hul doen en late op die plaas, is om hul opsies om hulle teen stygende dieselprys­e te verskans so deeglik moontlik te ondersoek. “Daar is moontlikhe­de, maar dit gaan fyn beplanning verg.”

Volgens Maree word gereeld gesê boere moet beter en meer spaar. “Ons weet egter dat boere oor die algemeen reeds op alles probeer bespaar, en hulle doen dit regtig goed. Om op dié front meer te bespaar gaan werk met ’n skerp potlood en raad van kundiges verg.”

‘Dit beteken dat die prys van diesel sedert April vanjaar met R2,35/ℓ gestyg het, dus ’n 20%-styging binne vier maande.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa