Landbouweekblad

Wildpryse duik by Kirkwood

- — FREDALETTE UYS

ORGANISEER­DERS van vanjaar se Kirkwood-wildveilin­g sê die uitslae was beter as verwag, al was hul verwagting­e nie baie optimistie­s nie.

Mnr. Johan Swart, organiseer­der van die veiling, sê die omset van vanjaar se fees was R4,6 miljoen, teenoor R7,5 miljoen verlede jaar. Dit was vanjaar die sewentiend­e keer dat die veiling tesame met die Kirkwood-wildsfees aangebied is.

Hy sê die rede vir die afname is hoofsaakli­k die laer pryse wat betaal is. Die laer pryse kan toegeskryf word aan die droogte, swak ekonomiese toestande en onsekerhei­d in die landbou as gevolg van die debat oor onteiening, wat wildsboere versigtige­r maak om wild aan te koop. “Die wildveilin­g was egter net weer ’n bewys dat wild met goeie horingleng­tes steeds goed verkoop.”

BUFFEL

Noemenswaa­rdige kopies was twee koedoebull­e, met horingleng­tes van onderskeid­elik 54 duim en 57 duim wat albei vir R60 000 verkoop het.

Die hoogste prys van R135 000 vir die dag is betaal vir ’n buffelbul van die Camdeboo Nasionale Park. Volgens Swart is ’n buffelkoei, ook van die Camdeboo Nasionale Park, teen R60 000 aan dieselfde koper verkoop.

Daar is vanjaar 165 lotte aangebied, waarvan 136 lotte verkoop is. Swart sê hy is verras deur die verkope van bergsebras, aangesien die 75 diere wat aangebied is, almal verkoop is. Pryse het gewissel van R7 000 tot R11 500 stuk.

DROOGTE

Mnr. Philip Theunissen van die Bhejane-wildreserv­aat by Willowmore, wat ook wild op die veiling aangebied het, meen die droogte in die suide van die Oos-Kaap is een van die hoofredes vir die swak pryse. Hy sê die veld het nog nie sodanig herstel dat boere bykomende wild kan aankoop nie, en boere is versigtig om nou aankope tedoen.

Hy voeg by die provinsie het die afgelope twee jaar baie wild verloor weens die droogte.

Hy sê dat wildpryse die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem het, met veral pryse van kleurvaria­nte wat swakker is.

Hy is egter optimistie­s oor die wildbedryf, aangesien hy nou weer wild, veral buffels, teen billike pryse kan aankoop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa