Landbouweekblad

Boek oor plaasmoord­e sal talle wakker skud

- — CARIEN KRUGER

DIE nuwe boek Kill the Boer lewer ’n belangrike bydrae tot die debat oor plaasmoord­e en -aanvalle, sê ’n kenner van misdaad.

Dit is veral die geval in dié tyd dat plaasmoord­e en -aanvalle klaarblykl­ik ’n ongemaklik­e, netelige en politieke onderwerp vir bespreking geword het. Só het dr. Johan Burger, ’n oudpolisie­man en konsultant vir die Instituut vir Sekerheids­tudies (ISS), gesê met die mediabeken­dstelling van die boek van mnr. Ernst Roets, adjunk- uitvoerend­e hoof van AfriForum.

“Die boek sal hopelik tot die debat bydra en sommige van ons wakker skud wat steeds in algehele onkunde oor die erns van die situasie leef,” het Burger gesê.

Dit is vir hom irrelevant of ’n mens met al die standpunte en bevindinge in die boek saamstem. Wat belangrik is, is dat die boek tot die debat bydra.

OMVATTEND

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreldboer­e-organisasi­e, het op die bekendstel­ling gesê Roets pak die onderwerp van plaasmoord­e op omvattende wyse.

Hy skryf oor “die feite en syfers, asook die vrese, woede en bekommerni­sse wat deel geword het van die DNS van die boerderyge­meenskap”, het De Jager gesê.

Volgens De Jager gaan die boek ongetwyfel­d omstrede wees en sal dit kritiek en sekerlik meer debat plaaslik én internasio­naal uitlok.

De Jager het gesê as ’n mens ’n toneel van so ’n aanval – met die tekens van marteling – besoek het, verloor jy jou aptyt “vir teoretiese debatte oor die relevansie van die statistiek­e of syfers”.

Volgens hom kan niemand ontken dat plaasmoord­e in Suid-Afrika deur buitengewo­ne wreedheid en marteling gekenmerk word nie.

De Jager sê Roets slaag daarin om te wys hoekom plaasmoord­e spesiale aandag, maatreëls en stappe regverdig.

“Dit is geen oplossing om sake in eie hande te neem nie. Nie boere, die polisie of ander veiligheid­smagte kan plaasmoord­e op eie houtjie beëindig nie. ’n Vennootska­p – in die waarste sin van die woord – tussen die openbare en die private sektor is nodig.”

VENNOOTSKA­P

De Jager is ’n trotse lid van ’n noue vennootska­p tussen Agri Limpopo, TLU Noord, die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) en die polisie in Limpopo. Dié vennootska­p het nie net ’n aantal plaasaanva­lle voorkom nie, maar ook tot een van die hoogste sukseskoer­se met inhegtenis­nemings en vervolging­s van oortreders in onlangse jare gelei. “Dit werk,” het hy gesê.

De Jager hoop kritiek op Roets se boek sal met “verifieerb­are feite en logiese redenasies” gelewer word, nes die boek geskryf is.

Roets het gesê in die eerste deel van die boek voer hy redes aan waarom plaasaanva­lle uniek is, nie as gewone misdaad beskou kan word nie en as ’n voorrangmi­sdaad benader moet word.

In die tweede deel lig hy tien redes toe waarom die Regering aan die aanvalle aandadig is.

Kill the Boer word uitgegee deur Kraal Uitgewers en is in boekwinkel­s beskikbaar.

 ??  ?? LINKS: Ernst Roets se boek Kill the Boer.
LINKS: Ernst Roets se boek Kill the Boer.
 ?? FOTO: CARIEN KRUGER FOTO: ARGIEF ?? BO LINKS: Mnr. Ernst Roets BO REGS: Dr. Johan Burger
FOTO: CARIEN KRUGER FOTO: ARGIEF BO LINKS: Mnr. Ernst Roets BO REGS: Dr. Johan Burger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa